ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Januarie 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy komkommertyd

DIE NUWE JAAR wink vir ons, en dis vir my ’n uitdaging om positief te wees. Soveel koerantopskrifte, Twittervoere en radio- en TV-gespekke jaag my bloeddruk daagliks op. Hulle weergawes van die sake van die dag wêreldwyd, hoewel feitelik korrek, is eenvoudig skrikaanjaend, vir my en seker elke regdenkende mens daar buite! Ons artikel oor positiewe denke en die uitwerking daarvan op jou lewe maak daarom aanspraak op meer as net my oppervlakkige aandag. Ek onthou weer iets wat ek ’n rukkie gelede raakgelees het op ’n baie interessante blog wat ek volg, Brain Pickings van Maria Popova. Dit het gegaan oor gemoedsrus en wat my veral getref het, is dat ons nooit daaraan dink dat elke tydvak sy eie bekommernisse het nie. Ons vergeet van die vrese, die plae en siektes…

2 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNON-geskenkpak ter waarde van R5 950. Wanneer dit by skoonheid kom, is HANNON ’n vertroude naam. Sy reeks gehalteprodukte strek van grimering en skoonheidsmiddels tot haarprodukte en vele meer. Kyk by hannon.co.za vir meer inligting. ONSTUITBARE ELSJE Die artikel oor Elsje Neethling (rooi rose, November 2017) het heelwat reaksie van ons lesers ontlok: • Wat ’n voorbeeld is jy nie! Jy straal, ondanks alles waardeur jy al is! Jy is ’n amazing vrou. Sandra Liebenberg. • Sjoe wat ’n inspirasie. Ek het jou boek al twee keer gelees en elke keer met soveel trane. Sterkte, jy is regtig ’n ystervrou. Marianne Visser. • “Ek kies vreugde.” Elsje, ek ken jou nie, maar tog ken ek jou deur al die artikels wat ek al oor…

1 min.
wenbrief

DIE HOKSLAANHOU Die gevoel wat jy kry wanneer dinge verkeerd gaan sodra jy dink jy is te cool om te fouteer, het Audrey Blignault jare gelede as “Die Hokslaanhou” beskryf. Iets gebeur wat jou op jou plek sit. Soos by my dogter onlangs. Kom ek wys jou hoe maak ek kaassous, spog ek. Ag nee wat Ma, kyk daar in die kas is ... (daardie vrou) se mengsels. Dêmmit. O, en die kombuiskaste het dan nie handvatsels nie? Nee Ma, jy druk net met jou vinger en daar gaan dit oop. Gonna. My moed sak al dieper, want ek kan in daardie huis nie kook nie. Nie soet pampoen of geelrys en rosyne of heerlike, vetterige braaihoender nie. Nee, my dogter se gesig trek op ’n plooi wat vir ’n before…

1 min.
ons love januarie

DIE WONDERLIKE GEUR VAN ’N SOMERDAG LANCÔME SE JONGSTE: LA VIE EST BELLE L’ÉCLAT EDP (R1 499 VIR 50 ML). KLINK ’N GLASIE OP DIE NUWE JAAR MET DIE WARE JAKOB. BOLLINGER ROSÉ 2006 (R1 500 BY UITGESOEKTE DRANKWINKELS).…

2 min.
lesers-forum sluit aan en wen!

Colette Nel (41), projekkoördineerder, Sasolburg As jy elke dag met dankbaarheid tegemoet gaan, sal elke jaar jou beste jaar wees. Wees dankbaar vir wat jy het, want daar is mense wat niks het nie. Tel jou seëninge, nie jou sorge nie. Dan sal daar nie gevolge wees nie, maar resultate. Sanri van der Walt (34), finansiële bestuurder, Randburg Meer tyd inruim vir my gesin en dinge wat my gelukkig maak. Ek moet beter prioritiseer, tydsbestuur toepas en meer nee sê vir dinge wat my tyd mors, nie waarde toevoeg tot my lewe nie en mense wat my misbruik. Beatrice Terblanche (71), afgetree/skilder L’Agulhas Elke jaar is my beste jaar. Ek word elke jaar geseën met goeie gesondheid, ’n baie gelukkige huwelik en pragtige kinders, skoonkinders en kleinkinders. Ek wens net ons kinders…

1 min.
rooirose.co.za

WEN Pamperlang Omskep jou huis in ’n spa en pamperlang jou lyf van kroontjie tot toontjie met luukse produkte. Ons bederf een gelukkige leser met ’n LCN-geskenkpak van R5 365! Romantiese WEGBREEK Begin die nuwe jaar op ’n spesiale noot met ’n romantiese wegbreek na die Silver Forest-boetiekhotel in die Paarl. Twee gelukkige lesers kan in die nuwe jaar dié luukse hotel en spa eerstehands ervaar. Nuwejaars-PLANNE Ons het seker gemaak jy het stapels interessante idees sodat jy 2018 met lewensvreugde en baie pret kan binnegaan - van ’n piekniek onder die sterre tot interessante skemerkelkies om die Oujaar mee af te sluit. Kyk weer! Vandeesmaand se voorbladvrou, Christia Visser, is beeldskoon, maar het jy al gesien hoe dié mooie mens voor die kamera kan smeul? Kyk na ons agterdie-skerms video. En natuurlik is daar ekstra foto’s wat…