ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Julie 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy

AS ’N MENS ’N GESPREK MOET AANVOOR , veral as jy in vreemde geselskap is, is die weer altyd ’n goeie plek om te begin. Maar in tye soos nou raak dit ’n teer puntjie ... Indertyd toe ek ’n klompie jare in Engeland deurgebring het, het dit vir my gelyk asof daar maar deurentyd êrens reën neersif, jou sambreel moet altyd byderhand wees. Ná die hoeveelste week van toegetrekte lug en nat weer wat alles klam en muwwerig laat voel, het my bewolkte gemoed my laat wankel en my Afrikabloed begin dun word. Die herinnering aan die son en die hoop op ’n bietjie helder lug is al wat my soms daar kon deurtrek. Maar wat ons nou hier in ons land ervaar, is die ander kant van volop water.…

4 min.
gesels saam

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNONgeskenkpak ter waarde van R5 587. Met gehalteprodukte vir jou lyf, hare en gesig sal HANNON jou van kop tot toon pamperlang. Die grimering in dié reeks is perfek vir dag of aand. Sy reeks velprodukte is geskik vir enige veltipe en die HANNON-haarprodukte sorg vir gesonde, blink hare wat jy maklik kan stileer. Meer inligting by www.hannon.co.za PRAAT DAAROOR Ek het onlangs die groot stap gedoen en my en my man se infertiliteit op sosiale media bekend gemaak. Ons wil nie hê mense moet ons enigsins jammer kry nie, ons wil net ’n stem wees vir paartjies wat nie die moed het om dit te doen nie. Jou vriendin of kollega wat langs jou sit, gaan dalk deur iets soortgelyks maar vanweë die…

2 min.
lesersforum

Die drie lesers wat hul menings met ons gedeel het, wen ’n Carrarohorlosieboks ter waarde van R1 650. Is jy kreatief? Wat doen jy met jou talent? Wat inspireer jou om iets nuuts te skep? Nandi Olivier (45), projek- administratiewe bestuurder, Potchefstroom. Ja, ek is kreatief en hou daarvan om skeppend te wees, veral as ek ’n moeilike week by die werk gehad het. Dit is bevrydend en ek kan die resultate onmiddellik sien. Anke Wilhelm (34), lektor in organiese chemie, Bloemfontein. Ja, ek is skeppend. Kolwyntjies is my ding. Ek het pas vir my skoonsussie haar troukoek en bypassende kolwyntjies gemaak - rooifluweel met roomkaasversiering. Ek hou daarvan om myself uit te daag en om met nuwe versiertegnieke te eksperimenteer en ook om met kleure te speel. Esme Hanekom (43), administratiewe klerk, Piketberg.…

1 min.
rooirose.co.za

WEN Gemak en styl Meng styl met gemak en glip ’n paar Levi’s® Turin-skoene aan. Sewe gelukkige lesers kan elkeen ’n paar Levi’s® van R799,95 wen. Wen ’n droër Beskerm jou klere hierdie winter én spaar krag! Wen ’n Spindeldroër (6,5 kg) plus ’n luukse winterkombers van The Linen Drawer. WinterKOS Winterkos beteken ook kos wat die hart warm laat voel, soos sop, bredies, warmpoedings en warmsjokolade! Kry al ons heerlike resepte op een plek. rooi rose-WINKEL As jy van aanlyninkopies hou, sal jy die ‘rooi rose’-winkel baie geniet. Daar is produkte vir jou klerekas, huis, grimeersakkie en vele meer. Koop ook eksklusiewe #rooirose75- produkte van Rialheim, Jenna Clifford, oh-lief en ander. Agter die SKERMS Kyk na ons agterdie- skerms-video en -foto’s van Tracey Lange se fotosessie in Kaapstad. Ons verklap ook meer oor haar pragtige styl! MODE & skoonheid Bly in…

4 min.
swart op wit

OP ’N WARM SOMERSDAG in die vroeë sewentigerjare, het ons gesin saam met vriende van my ouers en hul kinders langs ’n pragtige bergstroompie in Bainskloof gaan piekniek hou. Ons jongspan nog kleuters; ek skat dit was in die jaar voor ek skool toe gegaan het. Ek was die oudste enetjie onder die kinders en het myself as hul dapper leier beskou. Ek het die klippaadjie na die piekniekplek eerste betree en vooruit gestap, soos dit ’n onverskrokke aanvoerder betaam. Agter my aan het die ander kindertjies jillend saam gehuppel, gevolg deur die grootmense met koelbokse, sonsambrele, handdoeke en sonblok. Toe ek oor die kruin van die paadjie stap, verskyn daar voor my ’n glashelder rotspoel - ons swemplek vir die dag. Jy kon tot op die bodem sien. Die water…

8 min.
stralend vrolik

Sommige mense kry ’n fris lepeltjie carpe diem (gryp die dag) met hul moedersmelk in. As jy vir Tracey Lange ’n vroegoggendprogram op die radio gee, raak dit kort voor lank méér as haar brood en botter. Dit word haar kos. Soggens as baie van ons nog klippe soek om die son mee te bestook, het sy meestal lank reeds die nuwe dag tegemoetgeloop. Ek is ’n gebore vroegoggendmens. Daar is niks soos die klank van voëls in die vroegoggendstilte nie.” n Mens sou kon sê sy lyk verdag baie na ’n Kaapse kanarie wat soggens die dag geelkeel op ’n telefoondraad begroet. Op en wakker. Vroeg uit en op die lug. Vir oefening, en ook net omdat dit vir haar so lekker is, stap sy daagliks van haar blyplek in die Tuine na…