ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Julie 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy leef en laat leef

DIE WINTER het hom aangemeld en ons bibber behoorlik. Maar dis mos nou maar die gang van die seisoene. Of so het ons nog tot onlangs gedink. Die Kapenaars weet alte goed en tot almal se leed dat daar ’n paar reënseisoene kan verbygaan sonder dat daar damreën uitsak. Ons weet ook al lankal dat die woestyne teen ’n stadige-maar-seker pas die aarde om ons bekruip om eens groen en vrugbare aarde in ’n droë stofwêreld te omskep. Ons het al male sonder tal skokkende beelde op televisie gesien wat ons aanmaan dat ons selfsugtige, moderne lewenswyse besig is om die see en die diepste inwoners daarvan onomkeerbaar te verander. Seeskilpaaie, jellievisse en ander skaars seediere se lewe word daagliks meer bedreig, hul liggame raak in meters vislyn verstrengel. Die allergrootse…

2 min.
gesels saam   skryf & wen

CLARE WIESEWENTZEL “Dit was vir my ’n voorreg om deur die liewe en talentvolle Leana Clunies-Ross afgeneem te word vir die ikoniese rooi rose - my heel eerste glanstydskrifvoorblad. Om my hondjie, Kimbey (wat nou al 14 jaar oud is en op wie ek dolverlief is), daar te sien opdaag vir haar eie voorbladdebuut was ’n oomblik wat ek nie sommer sal vergeet nie! Dit was ’n baie spesiale dag.” GESEËND Dis sesuur. Ek drink my eerste koffie van die dag. Eet een van gisteraand se piesangplaatkoekies. En dink ... Nee, ek maak nie reg vir werk nie. Ek beplan nie my werksdag nie. Nee, ek drink môrestondkoffie en vul rooi rose se blokraai in. Geseënd! Voor my uittrede - nie aftrede nie - het ek soggens uit die bed gespring, nie my koffie geproe…

1 min.
wenbrief

ANDER TYE Die waterkrisis in baie dele van ons land, asook die hoë elektrisiteitspryse laat my dink aan my kinderdae op my tuisdorp. Waterkrane en elektrisiteit was vir ons iets vreemds. Die maan en sterre was saans ons straatligte, en binne was dit olielampe en kerse. Ons kinders het net voor skemer by die fonteintjie in die woud of by die waterstroom in die kloof gaan water haal. Dit was ons werk en dit was vir ons lekker om dit te doen. Ons het denne-bolle opgetel om die koolstoof aan die gang te kry en hout in die bos gaan haal. Dokters was skaars en ons het kruie in die berg gepluk vir allerhande siektes. Alles was miskien primitief, maar ons was gesond en gelukkig, en al het ons nie soveel…

1 min.
rooirose.co.za

Behandeling Drie gelukkige ‘rooi rose’- lesers kan ’n mikronaaldbehandeling ter waarde van R1 650 van The Laser Beautique wen. DEKOR Ruk jou huis hierdie koue seisoen reg met die warm winterwenke op ons dekorblad. Agter die SKERMS Loer agter die skerms na Clare, ons elegante voorbladvrou, se fotosessie in Kaapstad met haar hondjie, Kimbey. ‘rooi rose’- WINKEL Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals? Gaan maak ’n draai by ‘rooi rose’ se aanlynwinkel: rooirosewinkel.co.za FACEBOOK • TWITTER • PINTEREST • NUUSBRIEF • INSTAGRAM…

1 min.
ons life in julie

Met ’n roos Gee jou kaste ’n elegante nuwe voorkoms met hierdie roosvormige handvatsels (R90 elk) van Handles Inc.…

2 min.
lesers forum sluit aan en wen!

Nicolene Erasmus (54), arbeidsregfasiliteerder, Pretoria Koesterkos is lekker dik boontjiesop, geurige bredies en louwarm, tuisgebakte brood met baie botter. En melkkos met kaneelsuiker vir nagereg. My kombuis is die koesterplek. As die kinders kom kuier, steek my man die kaggel aan, ons maak boontjiesop en kuier tot laataand. Aletta Granger (34), rekenmeester, Kimberley My koesterkos is beslis sop, my ma se sop om presies te wees. Daar is niks lekkerder as om ’n bakkie warm sop en vars brood saam met my geliefdes te eet nie. Ek probeer gereeld vir my hartsmense sê dat ek hulle waardeer en ongelooflik liefhet. My woorde pas by my dade. Lisa Human (45), bestuurder, Kaapstad Bredies en sop! Dit bly maar ’n wenner, want daar is soveel verskillende resepte vir albei en ek is mal daaroor…