ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Junie 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy

VADERSDAG IS VANJAAR ongemaklik naby die dag waarop my kinders se pa hulle finaal gegroet het. En vir my het dit die gedagte onderstreep dat, hoe ons ook al ons siening van ’n gesin moes omvorm om by ons snelveranderende werklikheid aan te pas, daar altyd ’n vader-en-moeder behoefte by ons as mens is. Dis natuurlik nie bloot vasgevang in die wese van die mense nie, maar dis eienskappe waarna ’n kind smag en wat hy mis as hy dit ontbeer. Wanneer hy dit in woorde kan uitdruk, kom dit daarop neer dat ons almal ’n toevlug en ’n veilige paar sterk arms in ons lewe nodig het, asook ’n ruimte waar ons behoort, waar ons altyd tuisvoel, waar ons sonder voorbehoud en voorwaardes liefde ontvang. Kinders gedy as albei daardie…

3 min.
gesels saam

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n Celltone-geskenkpak ter waarde van R6 000. Die vel verloor deur die jare sy elastisiteit wat lateraan plooie en selfs donker vlekke veroorsaak. Maar dit is bewys dat Celltone Gel ná slegs 14 dae se gebruik die voorkoms van vlekke kan verbeter en ná 28 dae plooie kan verminder. Die doeltreffendheid van dié produk lê in ’n ekstrak van slak-jel wat ’n belangrike komponent in Celltoneprodukte is. Danksy dié wondermiddel het die tekens van veroudering nie ’n kans nie! Meer inligting by www.celltone.co.za. #rooirose75 Veels geluk, ‘rooi rose’! Uit alle uithoeke van die wêreld het die gelukwensinge met ‘rooi rose’ se 75 ste verjaardag ingestroom... • Sjoe, kan nie glo hierdie fyn besnaarde vriendin is 75 nie! Nou die dag nog het ons jou gelukgewens…

2 min.
lesersforum

Die drie lesers wat hul menings met ons gedeel het, wen ’n RVB Skinlabgeskenkpak ter waarde van R1 625 Dink jy dis soms nodig om die reëls te oortree? Het jy dit al gedoen? Retha Booyens (25), Potchefstroom, dieetkundige Ek het al verskeie kere die reëls oortree, sommige daarvan het goed geëindig, ander rampspoedig. Ek is van kleins af geleer dat ek enigiets kan doen as ek bereid is om die gevolge daarvan te dra. Dit het my ’n sin van verantwoordelikheid en oorsaak-gevolg geleer en ek is nie spyt daaroor nie. Annarine Goldie (18), Stellenbosch, skolier Ja, dit is nodig en ek het al die reëls oortree. Daar is ’n aanhaling wat lui: “Well behaved women rarely make history.” Soms is dit nodig om grense te verskuif sodat jy die beste moontlike…

1 min.
rooirose.co.za

Vadersdaggeskenkgids Gee dié Vadersdag vir jou pa ’n geskenk wat hy altyd sal onthou. Hier is geskenkidees vir elke soort pa. WegBREEK Wen ’n onvergeetlike wegbreek ter waarde van R4 700 na die Excelsior-herehuis in die Robertson-wynvallei. Berei jou voor op panoramiese uitsigte, wynproesessies en ander avonture op dié twee-nag-wegbreek. Wonderbag Wen ’n Jenny Gifford Wonderbag van R2 000 waarin jy jou wintergeregte teen ’n fraksie van die gewone elektrisiteitverbruik kan voorberei en warm hou. Donnalee ROBERTS Ons het vir Donnalee 41 vinnige vrae by Milk Bar in Rosebank, Johannesburg, gevra. Kyk na die video en hoor wat sê sy van Ivan Botha. Agter die SKERMS Kom kuier agter die skerms by die Amalia Uys-fotosessie in Kaapstad. Ons wys foto’s PLUS ’n video! rooi rose-WINKEL Het jy al ons aanlynwinkel besoek? Hier is van modeen skoonheidsprodukte tot iets vir die huis.…

4 min.
swart op wit n piekfyn vrydag

Op die betrokke Vrydagaand wat vir die dans uitgesit is, was ek reeds bespreek vir ’n mini-fees EK WAS NOG NOOIT een van daardie pa’s wat die skool se drumpel deurtrap nie. Ek dien nie in komitees nie, en ek is nie ’n projekleier of ’n inisieerder van insamelingsveldtogte nie. ’n Besoek aan die hoof se kantoor maak my nog net so kriewelrig soos toe ek op skool was. Tog, ter wille van my kinders, het ek deur die jare vele gratis optredes by gesellighede en kermisse gedoen om die geldkoffers te probeer vul en in die skool se jongste behoefte te help voorsien. Meestal is dit ’n vervullende ervaring. Soms, egter, kan dit ’n ondankbare taak wees, met raserige, ongeërgde gehoorlede wat nie ’n saak met my liedjies het nie. Die ergste…

7 min.
blinkoog oor die toekoms

WWW.THESTACK.CO.ZA Waarmee hou jy jou tans besig?” begin ek tastend my weg oopvoel na die mens voor my. Amalia Uys loer met groot blinkbruin oë na my oor haar warm sjokoladedrankie en lag onnutsig. “Niks!” Maar eintlik skep sy net ’n slag asem, sê sy. Haar stem is sterk en warm, haar woorde geartikuleerd soos dit ’n aktrise betaam. “Ek het maar verlede week teruggevlieg uit Johannesburg waar ek weer ’n maand lank opnames vir Binnelanders gedoen het. En die afgelope internasionale advertensieseisoen was besiger en lekkerder as ooit. Omdat Kaapstad so ’n besonderse bestemming is en dit vir die internasionale advertensiemaatskappye soveel goedkoper is om hier te skiet, sak hulle deesdae in die somermaande op ons toe.” Sy kruis haar bene in die nousluitende langbroek met die gate op die knieë. Alles…