ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Junie 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy pa’s en ander helde

DIS VADERSDAG. Dis tye soos nou wanneer ’n mens die belangrikheid van ’n goeie pa besef. My kinders het pas hul pa se sterfdag verlede jaar herdenk, en die pyn en verlange lê bitter vlak. Hulle sou niks meer wou hê as om hom nog ’n laaste keer te kon terughê sodat hy hulle kon vashou en met hulle gesels soos altyd nie, hy was hulle held van kleintyd af. Ek weet dat die verlange nooit wegraak nie, daar is nou nog tye wanneer ek my pa só mis, al is hy al meer as twee dekades nie meer met ons nie. “Vaderlandsliefde!” was die ergste skelwoord wat hy geken het, meestal gerig op mede-padgebruikers wat nie by die reëls gehou het nie. Niks leliks oor iemand het ooit oor sy lippe…

2 min.
gesels saam skryf & wen

PRINSES CHARLÈNE VAN MONACO “Die rooi rose-span was uiters professioneel. Hulle het baie moeite gedoen om dit ’n suksesvolle dag te maak. Ek het die fotosessie en mense baie geniet. Baie dankie vir ’n wonderlike dag.” ROOI ROSE EN FLUWEELKOEK Sjoe, wat ’n pragtige voorblad verwelkom my toe ek my nuwe April-rooi rose van die rak af haal. Die herfskleure oorweldig my en ek haal sommer nog vyf af. Dié gaan ek soos altyd vir my vriendinne in die township neem, en ons gaan rooibostee en rooi fluweelkoek geniet en om ons gunsteling-tydskrif kloek. Vir ons is rooi rose ’n eg Suid-Afrikaanse tydskrif met goeie waardes. Jy is my bossie rooi rose wat enige plek ophelder. Jy is my mentor, my dieetkundige, my sielkundige, en my persoonlike mode-assistent. Jy is vir my ’n…

1 min.
wenbrief

ODE AAN ’N BLOU BANK Liewe blou bank, ná tien jaar drink ek vir eers die laaste keer my oggendkoffie vanuit jou sagte kussings en vir die laaste keer kyk ek deur die glas na die prentjie voor my, songeel bietous, die stukkie gras waar mamma tarentaal en fisant jaarliks hul trots kom wys het, die waterbak waar honderde voëltjies hulle kom verkwik het, vanoggend se pienk-grys lug wat gisteroggend see-blou was en eergister besaai was met deurskynende wit vlieswolkies ... dit alles kon ek ervaar vanuit jou blou kussings. Dankie, liewe blou bank, dat ek op jou kon lees, (Robin Sharma se The Secret Letters of the Monk Who Sold His Ferrari sal my altyd aan jou laat dink, want ek het byna die hele boek op jou gelees). Dankie dat…

1 min.
rooirose.co.za

SLIM bottels Jy kan een van twintig baie nuttige Steely-bottels wen. Dié bottels hou jou vloeistof koud vir 24-uur, óf warm vir twaalf. Die bottels het ’n dubbele laag vlekvrye staal, asook ’n ekstra laag koper wat keer dat die buitekant van die Steely-bottel nie kondenseer nie. Vir meer inligting: www.steely.co.za of e-pos info@steely.co.za Beeld van ’n VROU Inspireer sterk vroue jou? Kry jou gunsteling- “Beeld van ’n Vrou”-artikels uit die argief op ons webwerf. Handwerk Van komberse en kouse tot teelappies en truie, ons het hope patrone uit ons argief wat jou en jou gesin hierdie winter warm sal hou. Vadersdag Bederf jou pa met ’n skoonheidsgeskenk wat sy voorkoms sal afrond Agter die skerms Die beeldskone Prinses Charlène van Monaco het met die voorbladfotosessie ons harte gesteel. Kyk na die agter-die-skerms foto’s en ’n video om te…

1 min.
ons life in junie

2 min.
lesersforum sluit aan en wen!

Nicole Scheepers (22), onderwysstudent, Boksburg Pappa is my held! Dankie vir al Pappa se liefde en ondersteuning, veral gedurende my vier jaar op die PUK! Ek en my pa is nog altyd baie na aan mekaar, al kan ons soms lekker koppe stamp. Hy werk sy vingers stompies om vir my en my sussie ’n goeie toekoms te verseker. Mariska Venter (42), onderwyseres, Durbanville My pa is ’n ongelooflike man, hy het my soveel geleer, maar veral liefde, deursettingsvermoë en dat die klein goedjies in die lewe belangrik is. Hy het my van die begin af liefgehad en beskerm. Bo alles was my pa altyd so trots op my, dis ’n gevoel wat my elke dag vlerke gee! Sanet Baramasco (43), bemarking en debiteure, Meyersdal My stiefpa is verlede jaar oorlede. Hy…