ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Maart 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy bewus on bewus

MAART IS VIR MY so ’n tusseninmaand, so sonder fut en woema. Maar dis dalk maar net ek wat so voel? Sonder veel fanfare en aankondiging, ná die goeie wegspring, word ons skielik deur die werklikheid van die sleurpad van nog ’n moeilike jaar gekonfronteer. Ons sien die jaar voor ons, en dit lyk of daar ’n paar draaie voorlê, maar van slaggate en moeilike bergpasse weet ons nog nie. Skielik is ons midde-in finansiële eise en kwellinge, lelike knoeiery in ons land en die wêreld, voorblaaie vol slegte nuus; nare werklikhede tref jou die een na die ander soos mailto:opeen-rooirose@caxton.co.za opeenvolgende branders in die gesig. In ons artikel oor hoe om die onmoontlike moontlik te maak, wys neurowetenskaplike Colleen Lightbody ons daarop dat elke dag uit 86 400 sekondes bestaan. Ons…

2 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n Celltone-geskenkpak ter waarde van R6 000. Celltone is ’n unieke velsorgreeks wat uit ’n kombinasie van natuurlike bestanddele en slakjelekstrak bestaan. Die reeks bevat ’n gesigsorgroetine van ses stappe, weefselolie en die wonderlike Celltone-jel. Celltone het ook onlangs nuwe produkte bekend gestel: ’n Xtra Hydrating-behandeling, Spot Control en hul sonsorgreeks wat wondere vir jou vel kan doen. celltone.co.za DIE LEWE IS NIE VIR SISSIES NIE “Ag nee wat,” sê ek vir my man, dis nou genoeg ! Kyk hoe het die diamantduifie sy wyfie in nog ’n nag van passie verinnewoes! “ Sy probeer nie eens wegskram toe ek haar uit die hokkie haal nie - doodmoeg, geteer en geveer! Die jongste eiertjie lê stukkend op die vloer. Drie dae lank het ons hulle van bed…

2 min.
wenbrief

TROTS AFRIKAANS Dit het alles begin met ’n sakeartikel wat ek vir ’n kliënt moes vertaal. Die heel eerste keer uit Engels in Afrikaans. En het ek nie lekker gelag vir my onbehendigheid met my moedertaal nie. Links en regs het woorde soos “filiale” en “houermaatskappye” my gepootjie. Google Translate was van min hulp en ek moes maar terugkeer na my tweetalige woorde-boek van twintig jaar gelede. En toe gebeur dit wragtig weer. Ek lê in die hospitaalbed en probeer die vrees weglees met die rooi rose wat ek as geskenk by Kamers gekry het. Op die tweede blad reeds struikel ek oor ’n woord soos “wensemmer” maar ek het vasgebyt en die tydskrif reël vir reël verslind; elke woord soos ’n stokkielekker in my mond om en om gedraai en…

2 min.
lesersforum sluit aan by ons lesersforum en wen!

Wat laat jou goed voel oor jouself ? Wat is jou beste eienskappe en wat waardeer jou vriende van jou? Susan Swart (55), fasiliteitsbestuurder, Randburg Ek voel goed oor myself wanneer ek doelwitte stel en dit bereik. My beste eienskap is beplanning en deursettingsvermoë, en vriende waardeer dat ek hulle onthou en deur moeilike tye by hulle staan. Bianca Coetzer (36), senior staatsrekenmeester, Graaff-Reinet Wanneer ek iemand my vriendskap bied, dan is ek 100% opreg. Ek is daar vir my gesin en stel hulle eerste. My vriende weet dat ek daar is indien hulle hulp of ’n oor nodig het. Leonie Mynhardt (45), senior data-analis, Centurion Wanneer ek goed versorg is. My beste eienskap is my toegewydheid, goeie organisasie en netheid. Ek dink my vriende waardeer my lojaliteit en dat ek moeite doen…

1 min.
rooirose . co . za

WEN WEN wyn Danksy Four Cousins se reeks Skinny-wyne kan jy kuier en kook sonder om jou liefde vir goeie wyn opsy te skuif. Tien ‘rooi rose’-lesers kan elk ’n kis Four Cousins Skinny-wyn wen VIR JOU slimfoon Gammatek se jongste toevoegings tot die Body Glove-reeks is die perfekte bykomstighede vir jou slimfoon. 28 ‘rooi rose’- lesers kan elk Body Gloveprodukte wen (pryse wissel tussen R299 en R499). Ons wou weet VERSIER JY JOU HUIS ELKE JAAR MET KERSVERSIERINGS? JA 65% NEE 35% OEFEN JY MET ’N HORLOSIE? NEE 54% JA 39% SOMS 7% HET JY AL AAN JOU VOLGENDE VAKANSIE BEGIN BEPLAN? JA 46% NEE 40% NOG NIE, MAAR EK GAAN BINNEKORT 14% BEPLAN JY OM VANJAAR AAN ’N GROOT WEDLOOP SOOS DIE YSTERMAN OF COMRADES DEEL TE NEEM? NEE 86% JA, 14% Nuus in jou MANDJIE Teken in op ons GRATIS nuusbrief en ontvang weekliks nuus oor bekendes, skoonheid,…

4 min.
swart op wit opstaan is beter as afval

EEN AAND, BAIE JARE gelede, het ek en my gesin by ’n gawe oom en tannie op ’n dorpie aan die oewer van ’n groot rivier tuisgegaan. Dit was hul aftreeplekkie; ’n lekker ruim ou woning met groot vertrekke, en ’n aparte vleuel waar ons in privaatheid kon oornag. Beelde van bedwelmd wakker word in ’n ondergrondse kelder het onwillekeurig by my opgedoem Nadat ons teen die namiddag vriendelik ontvang is in die lowerryke voortuin, is ons na ons kwartiere begelei. Toe ons oor die drumpel stap, het twee dinge ons onmiddellik opgeval. Eerstens is ons oorrompel deur die, ehm, wilde aroma van ’n afval wat in die huis aan’t prut was. Enigeen wat afval ken, sal weet wat ek bedoel. Dit ruik nie juis na blomme of koffie of kaneelkoekies nie.…