ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Maart 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy wat is waar

ONS LEEF in ’n tyd van post-waarheid, lees ek, en my hart krimp ineen, want dis ’n verskriklike feit. Wat kan ’n mens nog werklik glo in vandag se tye? Elkeen van ons kom daagliks aanlyn af op inligting wat ons weer aanstuur en met almal deel. Hoe groot is ons aandeel dan in die verspreiding van sogenaamde “vals nuus”? Al loop die leuen ook so snel, die waarheid agterhaal hom wel! Dis iets wat ek onthou van laerskooltyd af, toe ons spreekwoorde geleer is, en eintlik nog altyd geglo het! Maar dit was voor die tyd van sosiale media, voor die tyd van stories met stertjies, soos wat ek mettertyd in my grootwordjare ontdek het. Vreemd hoe ’n mens soms eerder die aangedikte weergawe van iets wil glo as dit…

2 min.
gesels saam

’N OULAP SE ROOI My tante Tiekie het ná ’n liefdesteleurstelling nooit getrou nie. Sy het skoolgehou, gelees, baie gereis en seevakansies by familie deurgebring. Ek onthou die figuurtjie in haar DKW-motortjie, verdwerg deur van hoenders tot glasflesse vol ingelegde groenvye. En dan haar stapels dik boeke. Ek het gewens ek was al so slim soos sy. En ek het besef my Hendrik Hoffman- en Saartjie-boeke is maar net die begin. Weens die veltoestand vitiligo het sy nooit in die son gekom nie en van vroeg tot laat gelê en lees. Voor ete sou sy haar verskyning maak vir ’n glas rooiwyn, sommer in een van haar Japanse kimono’s. Laatmiddag was staptyd. Ons kinders het graag vir haar ontbyt kamer toe geneem en is altyd met lekkers beloon: blinkgoue sjokoladegeld. En daarmee saam…

1 min.
wenbrief

IN DIE KOL Daar is ’n paar goed wat my aan my ouma en oupa se huis laat dink: klassieke musiek, ’n mooi tuin, kaaskoek en ’n stapel rooi rose-tydskrifte. As koshuiskind op Kovsies het ek dikwels naweke by my ouma-hulle gaan kuier - so kon ek ook seker maak dat ek onthou hoe gekookte kos smaak. My studentebegroting het nie tydskrifaankope toegelaat nie en ek het altyd daarna uitgesien om in my studiebreuke met my neus in ’n rooi rose te sit. So kon ek ’n oorsig kry oor die jongste modes, saam met Margaret en Hollywood-sterre koffie drink en Suid-Afrikaners se inspirerende stories lees. Net voor my tweedejaar-eindeksamen in Oktober 2015, was ek weer by hulle. In daardie stadium van my arbeidsterapiekursus het ons na ’n navorsingsonderwerp gesoek. Ons navorsingsmodule…

1 min.
rooirose.co.za

WEN ’n VARS somerklerekas Bêre jou klere op die regte manier met Personal Touch. Die materiaalversagmiddel sal help om jou somerklerekas langer vars te hou. Ons gee vyf Personal Touch-geskenkpakke ter waarde van R1 100 weg. Wen grimering van R1 000 Skep ’n mooi voorkoms met CATRICEgrimering. Die verskeidenheid kleure en teksture stel jou in staat om nuwe tegnieke te probeer. Ons bederf tien lesers met CATRICE-geskenkpakke van R1 000 elk. Kantoor by die HUIS Ontwerperstuiskantore is nie noodwendig prakties nie. Ons deel dekorwenke vir die perfekte tuiskantoor! Agter die SKERMS Kyk wat het alles agter die skerms gebeur tydens die sprankelende Leah se voorbladfotosessie by die Mulberry & Prince-restaurant in Kaapstad. Onderhoud met Julia Roberts Kyk na Margaret Gardiner se video-onderhoud met Julia Roberts oor die fliek ‘Wonder’. Lees ook die ‘Margaret uit Hollywood’-artikel op bl. 18. Boer soek ’n VROU Ons…

1 min.
ons in love maart

Witchery se herfsreeks is pasgemaak vir die jongste ten-dens: ’n seisoenlose styl, oftewel mode-items wat jy heel jaar kan dra en wat reg is vir enige besige vrou se 24/7-leefstyl Skep jou eie horlosieversameling wat jou in staat stel om elke dag ’n horlosie te kies wat by jou uitrusting pas, soos hierdie nuwe Swarovski Cosmic Rock-horlosie. Prys op aanvraag. Franse styl Die ontwerpersnaam in naelpolitoer, Kure Bazaar Paris (R350), is nou ook plaaslik by Maison Mara beskikbaar. KERSIEVORMIGE KONTAKLENSHOUERS (R199,95) PYLONES. DIE SERP IS PERFEK VIR DAARDIE TUSSENINDAE (R225) OLD KHAKI. JY KAN NET JOU BESTE BEENTJIE VOORSIT AS JY DIE BESTE SKOEN GEKIES HET. DIÉ TED BAKERSKOENE (R2 600) BEHOORT DIE PAAL TE HAAL, OF HOE? Bronskleurige bord in ’n mooie blomvorm (R139,99) Mr Price Home. Jota-Kena is ’n Suid-Afrikaanse modehuis wat bekend is vir sy…

2 min.
lesers-forum sluit aan en wen!

Sulette Lamprecht (20), onderwysstudent, Secunda My petrolverbruik of kos, dit sal die aarde sowel as my figuur net goed doen! Ek sal aan verskillende maniere dink om kos wat in my yskas is te gebruik eerder as om nuwes te gaan koop. Birgit Wilhelm (60), tuisteskepper, Odendaalsrus Uiteet. Dis ’n groot uitgawe en eintlik maar ’n luuksheid. ’n Mens kan altyd jou klerekas vernuwe deur items ’n bietjie te meng, of dalk slegs ’n goedkoop bykomstigheid te koop om ’n ou kledingstuk op te kikker. Leonie Mynhardt (46), IT-spesialis, Centurion Ek sal van DStv afsien. Ek probeer om soveel moontlik te gebruik wat ek reeds het en nie onnodige goed te koop nie. Ek vervang slegs wat uitgedien is. Ek het agtergekom dat ek met baie minder besittings kan klaarkom as wat…