ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Mei 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy totlof van ’n ma

MOEDERSDAG herinner ons jaarliks daaraan dat ons ons geboorte te danke het aan ’n vrou in wie se liggaam ons vir om en by veertig weke geïnkubeer is, wie se bloed ons ontwikkelende liggaam direk moes voed, wat ons letterlik gedra het en gebaar het. Dis universeel ... Maar vir sovele is die vrou wat hulle grootgemaak het, aan wie se knie hulle die belangrikste kuns van menswees geleer het, nie die een uit wie se liggaam hulle in die wêreld gebring is nie. Moederskap is dus ’n gelade term, en beteken nie vir almal presies dieselfde nie. Nie alle vroue se liggame of omstandighede is bevorderlik vir swangerskap en geboorte nie. Van die beste ma’s wat ooit geleef het, het nooit hul eie kinders in die wêreld gebring nie.…

2 min.
gesels saam skryf & wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n Celltone-geskenkpak ter waarde van R6 000. Die vel verloor deur die jare sy elastisiteit wat lateraan plooie en selfs donker vlekke veroorsaak. Tog is dit bewys dat Celltone Gel ná slegs 14 dae se gebruik die voorkoms van vlekke kan verbeter en ná 28 dae plooie kan verminder. Die doeltreffendheid van dié produk lê in ’n ekstrak van slak-jel wat ’n belangrike komponent in Celltoneprodukte is. Danksy dié wondermiddel het die tekens van veroudering nie ’n kans nie! Meer inligting by www.celltone.co.za. PRAAT DAAROOR Ek het gister die groot stap gedoen en my en my man se infertiliteit op sosiale media bekend gemaak. Nie omdat ons wil hê mense moet ons jam-mer kry nie, maar omdat ons ’n stem wil wees vir paartjies wat…

2 min.
wenbrief

DEUG BLY STAAN Nou die dag beland ek agter ’n medesuster op die roltrap – net laag genoeg om haar van ’n ongewone hoek af te beskou. Ek kyk reg in die gebarste, vuil hakke vas. Van skone skrik kyk ek liefs boontoe – net om in ’n onvleiende broekielyn vas te kyk wat te diep in die vetjies insny. Dit is verreweg die onvleiendste posisie waarin ’n mens jou kan bevind, dink ek, en kry die suster innig jammer. Wie het nou kon dink dat ’n roltrap ’n mens só kan ontbloot. Alle waardigheid is daarmee heen. Maar wag, daar is natuurlik die haarkapper ook. Sit jy jou so reg van voor af in die spieël en bekyk, tree die werklikheid in. Maak nie saak hoe jy sit nie, die maagrolletjies is…

2 min.
lesersforum sluit aan by ons lesersforum en wen!

Sonder watter item in jou winterklerekas of grimeersakkie kan jy nie klaarkom nie? Elsa van Niekerk (50), boekhouer, Malelane My gunstelingitem is ’n paar grys stewels wat ek drie jaar gelede gekoop het. Hulle is supergemaklik en omdat grys my gunstelingkleur vir die winter is, pas die stewels by feitlik alles in my kas. Elzana Brand (45), hoofadministratiewe klerk, Stellenbosch Ongetwyfeld my skinny jeans. Ek lewe daarin en sou verlore gewees het daarsonder. Dit is warm en gemaklik en ek kan dit na informele en selfs meer formele geleenthede dra. Anien Botha (28), bemarker, Kaapstad Die leerstewels wat ek laas jaar by Country Road gekoop het. Hulle pas by alles en is van ’n goeie gehalte, so ek weet ek sal hulle jare lank kan dra. Sluit aan by ons Lesersforum en wen! Ons…

1 min.
rooirose . co . za

WEN GLADPRODUKTE Moedersdag is die perfekte dag om vir Ma te wys hoe baie jy haar waardeer. Vyf gelukkige lesers kan elk ’n GLAD-geskenkpak van R1 000 WEN! Wedgewood Sulke soetgoed is die ideale geskenk vir daardie vrou wat jy “Ma” noem! 12 ‘rooi rose’-lesers kan elk ’n Wedgewood-geskenkpak van R450 WEN. Ons wou weet WAT DINK JY VAN ONS HEEL EERSTE VOORBLAD? DIT WAS PRAGTIG 56% EK HOU MEER VAN HOE DIT DEUR DIE JARE VERANDER HET 44% HOE ONTSPAN JY? MET ’N WARM KOPPIE KOFFIE EN ’N LEKKER BOEK 36% EK LEES MY GUNSTELINGTYDSKRIF, ROOI ROSE! 17% FLIEK EN SPRINGMIELIES 17% EK LÊ IN ’N WARM BAD MET SKUIMBORRELS 16% OEFENING LAAT MY ONTSPAN 14% Moedersdag Bederf jou ma met ’n baie spesiale koek-en-tee. Hier is heerlike resepte en idees. Annemieke MENTZ Volg jy die avonture van Annemieke Mentz wat elke maand in…

4 min.
die waterkrisis

‘Regtig?! Hoe de hel kan dit NOU skielik begin reën?!’ DIT IS ’N MAANDAGOGGEND in die vroegherfs. Ek het pas my sitplek op die vliegtuig ingeneem vir ’n terugvlug vanaf Johannesburg na Kaapstad. Ek is poegaai ná vier optredes in ’n ry, en die slapeloosheid wat alewig daarmee gepaardgaan. Kort voor ons opstyg, biep my selfoon in my sak. Dis die rooi rose - redaksie. Hulle wag vir my rubriek; die tydskrif is op pad drukkers toe. Ag nee, dag ek, al weer laat? Ek was seker ek het darem nog so ’n dag of drie voor inhandiging. Gelukkig het ek die storie reeds in my kop (vir die rubriek, nie die verskoning nie), en ek gee die versekering dat ek dit vroegoggend sal instuur. Daar gaan my welverdiende slaap op tuiskoms,…