ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose November 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
groter en beter ...

ONVERWAGS tref die artikel oor die wedywering wat deesdae hoogty vier my ’n bietjie te persoonlik. Ek lees nog oor ander se grootdoenerige uithangery, toe besef ek ons speel maar almal daardie gevaarlike speletjie. En in vandag se al moeiliker finansiële tye, kan dit ons maklik in groot moeilikheid kry. Want deesdae voel dit mos vir ons asof dit bitter belangrik is om die regte motor te hê, in die regte buurt te woon en op die regte plekke vakansie te hou, en dit boonop aanlyn te vertoon, anders is jy ’n mislukking! En wie wil nou nie wys wat in hom of haar steek nie, en dat jy iets beter of mooier kan doen as die ander wat saamkuier? Die vlammetjie van die kompetisiegees word maklik aangesteek maar minder maklik…

4 min.
skryf &wen

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNONgeskenkpak ter waarde van R5 587. Met gehalteprodukte vir jou lyf, hare en gesig sal HANNON jou van kop tot toon pamperlang. Die grimering in dié reeks is perfek vir dag of aand. Sy reeks velprodukte is geskik vir enige veltipe en die HANNON-haarprodukte sorg vir gesonde, blink hare wat jy maklik kan stileer. Meer inligting by www.hannon.co.za BAIE DANKIE Rooi rose beteken gewoonlik liefde. Wel, rooi rose, my groot liefde is horlosies. En boaan my lysie was nog altyd ’n Michel Herbelin-horlosie, maar dit is maar opdraand om by die boonste een uit te kom. Maar danksy jul kompetisie het julle daardie droom bewaarheid. Ek is so in my skik, en ek dra elke dag die fyn en vroulike horlosie. Dit gee my…

2 min.
sluit aan by ons lesersforum en wen!

Wat maak die somer vir jou lekker? Wat maak ons somers uniek? Sluit aan by ons Lesersforum en wen! Ons stuur elke maand sowat vyf vrae uit waarop ons terugvoer van ons Lesersforum vra. Uit die antwoorde wat ons kry, kies ons drie lesers wat vir die betrokke maand saamwerk. Gaan na rooirose.co.za en klik op die “Lesersforum”- blokkie om aan te sluit. Of e-pos jou besonderhede - naam, adres, dagtelefoonnommer, e-posadres, ouderdom, beroep, jou ID-nommer, asook ’n kop-en-skouersfoto na nicolek@caxton. co.za Dié keer wen Jacky Horn ’n 007 for Women-fyngeur (75 ml; R745) een vir haar en ’n pasella-bottel vir ’n vriendin! 007 for Women is die eweknie van die drie 007-mansgeure en is geïnspireer deur die ikoniese vrouekarakters wat in Bond se verleidelike en gewaagde wêreld hul vrou staan. Die…

1 min.
hierdie maand op ons webwerf

Tussen ons Raad oor ouerskap, verhoudings en sielkunde, wenke om stres teen te werk en sukses in jou loopbaan te behaal ... ons maak seker daar is weekliks inspirerende artikels wat jou in elke emosionele aspek van jou lewe sal help. WEN Flink op die VOETE Met die modieuse ADELE-toerygskoen (R699) van Levi’s® gaan jy mooi en flink op die voete wees. Agt lesers kan elk ’n paar van dié skoene pasella kry. WYN Slaan kilojoules ’n kishou met Four Cousins se Skinny-wyn. Hierdie somer gee ons vyf kiste van dié wyn weg! ‘Mooimaak’ met Clare Wiese-Wentzel Dié mooimaakprogram op kykNET (DStv, kanaal 144) is elke Donderdag om 17:30 propvol inspirerende stories. Besoek ons webblad en sosiale media vir meer inligting en volg ook die hutsmerk #mooimaak. Agter die SKERMS Ons vra 41 vrae aan die pragtige Hanna Grobler! Kyk…

1 min.
ons ♡ in novfmber

Guzzle & Wolf Gourmet Popcorn maak fynproewerspringmielies. Met geure soos klapper-en-chiasaad, roosmaryn-enparmesaan, feta-enswartpeper, Griekse jogurt en Marmite gaan jy sukkel om op ’n gunsteling te besluit. Van R15 - R30 by Spar of uitgesoekte deli’s. Helderkleurig Folli Follie se Style Code-leerhandsakke (R6 490) sal jou alledaagse uitrustings ’n hupstootjie gee. Slim! FOSSIL SE NUWE HYBRID SMARTWATCH (R4 599) LYK SOOS ’N GEWONE HORLOSIE MAAR HET AL DIE FUNKSIES VAN ’N SLIMHORLOSIE – JY KRY ONDER MEER KENNISGEWINGS VAN JOU FOON AF EN JY KAN JOU OEFENAKTIWITEITE EN SLAAPPATRONE MONITOR. GIORGIO ARMANI SKY DI GIOIA EDP WORD BESKRYF AS ‘’N UITDRUKKING VAN VREUGDE’. DIS ’N VRUGTIGE BLOMGEUR WAT NOTE VAN PIENK PIOENROOS, LIETSJIE, SEDER EN ROOS INSLUIT Inglot se Eco Flexi Palette (R279) is ’n praktiese, eko-vriendelike grimeerpalet wat in ’n bamboeshouer verpak is. Dis klein genoeg…

4 min.
reisnotas en blou eiers

EK EN NICK het die Saterdagoggend effe later weggekom uit Swakopmund as wat ons beplan het, maar dit was nie ’n krisis nie. Ons het ruim voorsiening gemaak vir bykomende tyd. Ons tasse en my kitaar was reeds gelaai, en die verversings vir die pad het op die agtersitplek gewag. Ná ’n paar laaste idiot checks om seker te maak dat ons niks vergeet het nie, het ons die strandhuis gesluit, die pragtige kusdorpie uitgery en ons kragtige Duitse vuurwa se neus in die rigting van ons bestemming gedruk. In die verte het die oulike “kunsdorpie” Omaruru waar ek die aand moet optree, op ons lê en wag. Toe ek ’n kind was, was ’n road trip ’n baie spesiale geleentheid. Verreweg die meeste daarvan is onderneem wanneer ons een of…