ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose Oktober 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy dis beslis tyd

HIERDIE KEER begroet ek die mooiste, mooiste maand met sekere voorbehoude. Ek beleef weer die vars oggende en heerlike vroegsomerdae, maar dit voel amper asof die winter ons vanjaar oorgeslaan het, behalwe vir ’n paar besonder koue dae. Boonop is ons hoop op behoorlike reën nog beskaam, en veral sommige provinsies bly maar swaarkry onder die droogte. Daar is darem ander seëninge ook aan hierdie tyd verbonde. Ek moet sê vir my het ons jaarlikse week naby die wildtuin vanjaar net betyds gekom om die aanslag van die stres van die stadslewe wat ons lei te besweer. Om saam met familie die natuur op sy eerlikste en gulhartigste te geniet is elke jaar ’n ongelooflike geskenk. Dit stel my in staat om die afdraande van die jaar ’n bietjie makliker aan te…

4 min.
skryf & wen

LIEFLIK! Ek was jare terug ’n kosredakteur by rooi rose en ek onthou hoe ons almal in die destydse redakteur, René Barnard, se kantoor gesit het en die voorblaaie van al die tydskrifte bespreek het. Ek wil julle net gelukwens met die Charlize Theronvoorblad (rooi rose, September). Dit is stunning! Ek het die tydskrif gevat sonder om iets op die voorblad te lees! Millie Hoffman DIE VERLANGE EN DIE LIEFDE Daar is niks wat so deksels seermaak soos die liefde nie. Ek sit skaamteloos en huil met wydoop sluise. Ons kind vlieg vanaand terug Frankryk toe, ná ’n paar hemelse weke saam met hom. Hy is suksesvol in wat hy doen, hy is gesond en hy is gelukkig. Hy is baie bevoorreg met die geleenthede wat hy kry, dinge wat hy ervaar en ondervinding wat…

2 min.
sluit aan by ons lesersforum en wen!

Wat is jou gunstelingseisoen? Wat doen jy om dit te vier? Bewerly Britz Die lente, want die weer is lekker en jy kan tyd in die natuur deurbring. Ons jongklomp vier die lente deur te braai en in die swembad te baljaar. Charlotte Manuel Winter is die beste seisoen wat daar kan wees. Lekker dik aangetrek, snoesig onder die duvet met geurige warm koffie, Milo en ’n lekker boek of tydskrif. Igna du Plessis Ek is mal oor die somer. Dit gee my energie en dis ’n bonus dat ek nie moet opstaan terwyl dit nog donker is nie. Die dae is langer en soms swem die kinders nog tot byna slaaptyd - somer bring so ’n sorgvrye gevoel. Ek bespreek ’n lekker pedikuur om my mooi somersandale met trots te kan dra. Sluit aan by ons Lesersforum…

1 min.
hierdie maand op ons webwerf

WEN ‘MOOIMAAK’ met Clare Wiese-Wentzel ‘rooi rose’ is die mediavennoot vir kykNET se splinternuwe mooimaakprogram wat op 5 Oktober begin. Besoek gerus ons webblad en sosiale media-blaaie vir inligting oor dié opwindende reeks en volg die hutsmerk #mooimaak. Klink ’n GLASIE! Vier die lente met Van Loveren se spoggerige Papillon- vonkelwyn. Vyf lesers kan vandeesmaand drie kiste van dié gewilde vonkelwyn wen. Bederf jou VOETE Sit jou beste voetjie voor met Jeep® se stylvolle espadrilles. Wen een van tien pare Jeep® Libraespadrilles van R600 elk! ROOI ROSE’- nuusbriewe Teken in op ons ALGEMENE, KOOK- of LESERSFORUMnuusbrief en kry weekliks nuus in jou e-mandjie. Agter die skerms Kyk hoe mooi lyk ons voorbladvrou, Desiré Gardner, met haar kort hare! Jy kan al die pret en harde werk van ons fotosessie op ons webblad meemaak. FACEBOOK • TWITTER • PINTEREST • NUUSBRIEF •…

4 min.
waar is daisy?

MEER AS TWINTIG JAAR gelede het ek my een aand byna simpel gelag vir ’n insetsel op Casper de Vries se televisieprogram. Dit was in die ‘Gek-skiedenis’-gedeelte, waar ’n kammaonderhoudvoerder met ’n geskiedkundige gesels. Die “ateljeegas” was die moordenares Daisy de Melker, aan wie die vraag gestel is waarom sy haar twee mans en haar seun vergiftig het. Haar antwoord was ’n bondige: “f****n plumbers!” Dit was skreeusnaaks, nie net omdat dit onverwags was nie (en verdigsel, boonop – sy het dit gedoen om die mans se lewensversekeringspolisse te laat uitbetaal), maar omdat soveel mense kon aanklank vind by die implikasie van haar uitspraak. Feitlik almal van ons wat al met bouwerk van enige aard – loodgietery inkluis – te make gehad het, weet van die frustrasies wat daarmee gepaardgaan. Die magtelose…

1 min.
dis nuut en nou

Gestroop AGTERGROND Die styl word nou gesien as kontemporêr, maar die ontwerpneiging is al duisende jare met ons en minimalisme, soos ons dit ken, bestaan reeds sedert die eerste dekades van die twintigste eeu. Hierdie soort eenvoud en abstraksie, asook ontwerpe wat tot die essensiële vorm en kleur gestroop is, is ook kenmerkend van vroeëre kunsbewegings soos De Stijl. Die argitek Ludwig Mies van der Rohe met sy kenmerkende gebruik van staal en oop ruimtes, was een van die grootste pioniers van minimalisme. “EK WAS NOG KLEIN TOE MY PA MET VIER KINDERS EN NIE VEEL EKSTRA SENTE NIE, ’N PLAN MOES MAAK OM MEUBELS TE PRAKSEER. HY HET INGESPRING EN MET ’N KLOMPIE DENNEHOUTKISTE VIR ONS ’N STEL BANKE EN GEMAKSTOELE GEMAAK. (DIE ‘BOKSSTOEL’ HET ONS DIT GENOEM). DIE HERINNERINGE AAN DAARDIE…