ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose September 2017

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy

DIS WEER SEPTEMBER en die winter het ons vanjaar byna ongesiens verbygegaan. Is dit weens aardverwarming, of is dit maar net siklies van aard? Dis moeilik om te sê, want dis steeds bitter droog op sommige plekke en ons sal moet bly planne maak om water beter te benut. As ek kyk na ons munisipale rekening en die finansiële nagevolge van ’n doodgewone besoek aan die supermark, pak ’n onrustigheid my beet. Hoe hou ’n mens vandag kop bo water? Ons Afrikaanse mense is mos bekend daarvoor dat ons kan planmaak as dit moeilik gaan. Maar dit voel vir my deesdae asof mense voel hul hande is afgekap en die ramptrein spoed voort op sy onkeerbare pad van erg, na erger, tot ergste ... In ons elkedagse doen en late kruip daar…

3 min.
gesels saam

Die skrywer van vandeesmaand se wenbrief ontvang ’n HANNONgeskenkpak ter waarde van R5 587. Met gehalteprodukte vir jou lyf, hare en gesig sal HANNON jou van kop tot toon pamperlang. Die grimering in dié reeks is perfek vir dag of aand. Sy reeks velprodukte is geskik vir enige veltipe en die HANNON-haarprodukte sorg vir gesonde, blink hare wat jy maklik kan stileer. Meer inligting by www.hannon.co.za ’N BOEK VOL RAAD Ek moes julle net vertel dat rooi rose nie net baie nuttige inligting oor modes, dekor en skoonheidsprodukte bevat nie, maar vir seker ook van waarde is as dit by verhoudings kom. Ek en my kêrel was verlede maand drie maande saam en hy het voorgestel dat ons ons herdenking met ’n naweek in die Kaap gaan vier. Dit het nie net ’n lekker…

1 min.
wenbrief

JY IS DIT WAARDIG As ek op Dwarskersbos is, is daar altyd dinge wat ek om heeltemal onbepaalbare redes nodig het. Soos om met opstaantyd koffie te maak, die voordeur oop te sluit en na die koue, blou lug te staar, die niet in. Dan oor die pad na Bettie en Pik se kafee te stap om ’n koerant te gaan koop. En soms ook iets heeltemal oorbodig. Asof dit ’n behoefte is. Soos ’n tydskrif. Volg jy my nog? By dié soort behoeftes geld besparingsoorwegings mos nie noodwendig nie. Buitendien, as ’n mens spaar, sny jy immers altyd op die dinge wat nie regtig vir jou saak maak nie! Ek het my altyd so verluister aan my ma wat vermakerig kon sê: “O, ek is so bly ek het niks nodig…

2 min.
lesersforum

Die drie lesers wat hul menings met ons gedeel het, wen ’n Hedgren Seductionskouersak van R1 895 elk. Het jy ’n life hack, ’n kortpadplannetjie, wat jou alledaagse lewe op een of ander manier makliker maak? Kinnie Jacobs (64), pensioentrekker, Middelburg. Ek maak lysies. Voorin my skryfboek kom my daaglikse lysie van wat gedoen en gekoop moet word; in die middel van die boek skryf ek my korttermynbeplanning (so vir die volgende drie maande) en agter kom my doelwitte vir die jaar. Ek kan dadelik sien wat afgehandel is en dit laat my voel dat ek in beheer is. Sonja Bason (52), administrateur, Klerksdorp Ek verkies dit om die vorige aand reeds twee kledingstukke vir die volgende oggend op standby te hê. Dit maak die wat-moet-ekaantrek- besluit soveel makliker. Madelein Venter (35), reklamekoördineerder, Durbanville…

1 min.
rooirose.co.za

WEN ’N wegbreek Ontsnap aan die stadsgejaag en gaan skep asem by die Cradle-boetiekhotel in die Wieg van die Mensdom. Een gelukkige leser kan ’n nag se verblyf in die “Eienaarskothuis”, plus aandete en ontbyt vir twee wen. LIEFLIKE geskenkpakke Bly koel en vars met Shower to Shower se doeltreffende deodorante. Jy kan een van vyf Shower to Showergeskenkpakke van R1 000 elk wen! #KosbareKiekies Ons #KosbareKiekies-kompetisie het die mooiste foto’s opgelewer - van kleurryke oomblikke in die Bo- Kaap tot spesiale visvangdae van ’n pa en sy seuns. Hier is ’n galery met al die inskrywings! Resepte in ENGELS Het jy geweet ‘rooi rose’ se beste resepte is in Engels beskikbaar? Laat weet al jou Engelse vriendinne en kook saam. Kyk onder ons KOS-afdeling. Charlize Theron Ons wys al ons pragtige Charlizevoorblaaie wat deur die jare verskyn het,…

1 min.
ons ♡ in september

KYK BY UITGESOEKTE DRANKWINKELS. ’n Weelderige blomgeur Prada se jongste fyngeur, La Femme Intense EDP (R1 760 vir 50 ml; R2 200 vir 100 ml), is ’n weelderige blomgeur met soetemaling as die kern. Ilang-ilang en patsjoelie is bygevoeg om die soetemaling te komplementeer. Alles moet blink! Accessorize se nuwe handsakreeks, Eclectic Bloom, skitter van die blomme. Palmtas R999). Juweelkleurige handvatsels sal jou kasdeure vlerke gee (R99 vir twee) H&M. Tydloos Lekkerruik-kerse met name en geure soos Pink Champagne en Peony Glow (R99,99) van Mr Price Home. Chopard se nuwe Happy Sport-horlosie word met praktiese wit en swart bandjies verkoop maar die keuse en vreugde van helder kleure is jou steeds beskore! Koop ’n reeks vervangbare rubberbandjies in helder pienk, groen en pers saam met die horlosie sodat jy na gelang van jou bui en uitrusting die…