ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Fashion
Rooi Rose

Rooi Rose September 2018

rooi rose is die klassieke alles-in-een-tydskrif vir die stylvolle Afrikaanse vrou wat sukses nastreef en haar uniekheid uitleef deur te luister na die klop van haar eie hart. Sy weet wat sy graag wil hê: net die heel beste mode en skoonheidsartikels, gesondheidsraad, onthaal- en dekoridees, alles in haar gunsteling glanstydskrif, rooi rose – altyd SINVOL, STYLVOL & PROPVOL.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Caxton Magazines
Verschijningsfrequentie:
Interrupted
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,62

in deze editie

2 min.
ek & jy seisoene van die lewe

DIE LENTE is voor die deur, dit weet ons, al bibber ons nog so effens tussen sononder en sonop. Ons sien al die groen belofte van warmer dae en die oopheid van helder blou lug. Al hoor ons gereeld ons leef in ’n tyd van aardverwarming en deurmekaar seisoene onthou ek ook nog goed dat dit in 1981 in September in Johannesburg gesneeu het! In die Bybel beskryf die Prediker in poëtiese taal en sprekende simboliek dat daar ’n tyd is vir alles en dat elke ding sy tyd het. Shakespeare het die lewe ook baie raak saamgevat in sewe ouderdomme wat die bestek van ’n mens se lewe uitmaak. Dié tema het die afgelope tyd gereeld aan my gedagtes kom torring, in ’n tyd dat ons my ma se 89ste…

1 min.
gesels saam skryf & wen

DANKIE, CLARE Oe! Ek was lank laas so mal oor iemand soos Clare Wiese-Wentzel. Beeldskoon en met haar voete rotsvas op die aarde, en ondanks ’n miljoenêr-pa kerf sy haar eie pad oop in die lewe. Ek mis nie een episode van Mooimaak nie en leef my met kinderlike opwinding in elke oormaaksessie in. Ek is namens die vroue so dankbaar vir Clare wat hul lewe dramaties verander. Ons het lankal ons eie Clare nodig wat ons weer daaraan herinner dat dit so lekker is om vrou te wees. Ek is versot op die mooie jong vrou wat so eerlik is en openlik erken dat dit vir ons almal maar ’n stryd is om die gewig in toom te hou. As iemand my sou vra watter gas my uitsonderlike aandetelys sal haal, is dit Clare…

1 min.
wenbrief

GELEENDE KINDERS MET VLERKE Ek hoor my ma se stem nog so duidelik: “Jou kinders word net vir jou geleen. Al wat jy moet doen, is om hulle toe te laat om hul vlerke te sprei en hulle te leer vlieg.” Sover was dit nie te moeilik nie, my seuns kon hul drome najaag en ek het die voorreg gehad om my kleinkinders te geniet. Nou het omstandighede ’n bietjie verander. Ek is met ’n baie swaar hart byna op pad lughawe toe, want my seun en sy gesin se meubels en tasse is gepak, hulle gaan oorsee woon en werk. Skielik is ek glad nie so gemaklik met hierdie gevliegery nie – letterlik en figuurlik! Vlerke is buitendien vir engeltjies. Dankie tog vir moderne tegnologie en kleinkinders wat met tablette en selfone…

1 min.
nadia valvekens

Leana Clunies-Ross is een van die talentvolste fotograwe saam met wie ek al gewerk het en sy het die ongelooflike vermoë om regtig my “ essence” , wie Nadia is, vas te vang. Ek was met hierdie shoot mal daaroor dat sy ook my sterk en dinamiese kant vasgevang het in sekere van die foto’s wat in die artikel verskyn. rooi rose se produksiespan is formidabel en dis altyd vir my spesiaal om saam met rooi rose te werk, want hulle het oulike idees, en dit was vir my lekker hoe hulle my donker hare by die stilering geïnkorporeer het. Hul foto’s is altyd natuurlik en stylvol. Ek was ook mal oor die klere wat hulle gekies het. rooi rose , dankie vir die entoesiasme en professionaliteit wat dit altyd…

1 min.
rooirose.co.za

BEDDEgoed Linen Drawer vervaardig en verkoop topgehalte beddegoed en tekstiele vir jou huis. Een gelukkige wenner kan ’n aanlyngeskenkbewys van R5 000 WEN. ‘rooi rose’- WINKEL Is jy op soek na ’n unieke geskenk vir jouself of iemand spesiaals? Gaan maak ’n draai by ‘rooi rose’ se aanlynwinkel: rooirosewinkel.co.za AGTER DIE SKERMS Kom kuier saam agter die skerms by ons voorbladfotosessie met die borrelende Nadia Valvekens. Besoek ons webblad - daar is nog foto’s en video’s te sien. Margaret se Wêreld ‘rooi rose’ se Hollywood-korrespondent, Margaret Gardiner, reis wêreldwyd om onderhoude met glanspersoonlikhede te voer. In haar blog, ‘Margaret se Wêreld’, gee sy ons ’n kykie agter die skerms van haar unieke, opwindende lewe. FACEBOOK • TWITTER • PINTEREST • NUUSBRIEF • INSTAGRAM…

1 min.
ons life in september