ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Lifestyle Vrouwen
SARIESARIE

SARIE

October 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezenkeyboard_arrow_down
EDITIE KOPEN
€ 3,51(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 34,27(Incl. btw)
12 Edities

IN DEZE EDITIE

access_time1 min.
sarie voorbladgesig 2019

Modern en mooi – Voorbladmooi – ís sy. Maar jy sien ook stilte en empatie. En ’n lus vir die lewe, om die wêreld te oorwin. Dis Schané se eintlike mooi . . . Michélle van Breda…

access_time3 min.
michélle sê ...

Verjaardag, Vrouemaand, heerlike lente, Voorbladgesig. Só verloop elke Julie, Augustus, September en Oktober vir ons. Besige maande waarin ons SARIE vier, SA se merkwaardige vroue eer en die koms van ’n nuwe seisoen geniet. Én stap vir stap meemaak hoe ’n leser die Oktober-voorblad vir haarself toeeien. Dis dan dat ons as redaksie terugsit en dink: Ons het julle (die wêreld) mos gesê! Ons blydskap oor ’n leser op die voorblad ken geen perke nie. Dit vul ons met trots, want daardie enkele foto verklap met die eerste ontmoeting op die rak (of die digitale skerm) wie SARIE werklik is. Wat ons hart is. Wie se stories ons vertel en waar ons inspirasie vandaan kom. Dat hierdie leser die selfvertroue en flair het om ’n wenner óók op ’n voorblad te wees. So…

access_time1 min.
ons inspirasie

PIERNEEF & MJ LOURENS SA se landskappe was Pierneef se inspirasie. Orde en harmonie het hy in sy skilderye oorgedra. Saam met die kontemporêre werke van MJ Lourens, bekend vir stedelike landskappe wat harmonie grootliks systap, kry albei versamelings ’n nuwe betekenis. Land Rewoven, saamgestel uit die twee se kunswerke, is tans by die La Motte-museum op Franschhoek te sien. www.la-motte.com DIE OOSTE is in die kollig met die Bokke wat WBrugby in Japan speel, en modetendense wat invloede van hier weerspieël. Soos dié mooi skoene wat herinner aan die fyn blomborduurwerk van Japannese vakmanne. www.prettyballerinas.com BLYDSKAP saam met haar ma’s en pa’s. Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. SA en Mej. Heelal 2017, trou binnekort en vriende en familie het onlangs ’n spesiale kombuistee by Duck Point aan die Vaalrivier vir haar gehou. Aan haar twee ma’s…

access_time3 min.
ons wêreld

ONS MEJ. SA 2019! 1. Zozibini Tunzi is ’n Oos-Kapenaar, ’n lentebaba, en het op 18 September 26 geword. 2. Sy’t tot onlangs ’n internskap by die advertensieagentskap Ogilvy in Kaapstad gedoen. 3. Haar ma en pa, Philiswa en Lungisa, is albei in die onderwys. 4. Dis die tweede keer dat sy aan Mej. SA deelneem. Die eerste keer het sy lang hare gehad. Nou is haar kort hare ’n modegier, veral op sosiale media. 5. Toe haar naam as wenner uitgelees is, het sy op haar knieë afgesak en later gespot sy kon dit seker “mooier” gedoen het! 6. Sy’s mal oor kos en besoek graag nuwe restaurante. 7. Sy sal SA by Mej. Heelal 2019 verteenwoordig. Bronne: YouTube, misssa.co.za 20STE TOEKENNING VIR SA FLIEK Stroop, die plaaslike dokumentêre rolprent oor renosterstropery wat in September verlede jaar uitgereik is,…

access_time5 min.
julle sê ...

’N OOMBLIK SE BEHOORT Hallo, liefste SARIE. Jy het my vandag baie laat huil, maar ek gee nie regtig om nie, want dit was lekker. Ek het op ’n rustige Sondagmiddag in ’n koue en nat Auckland ’n glas wyn sit en drink. Nie vir ’n oomblik was ek homesick nie, totdat my man posbus toe stap en met ’n groot glimlag terugkom. My liefste, wonderlikste, kosbare ouers het vir my ’n SARIE ( Julie 2019) gepos. (Die koerier het hulle R380 gekos, maar hul liefde ken geen perke nie.) My pa se sterk en netjiese handskrif op die koevert laat my al effens bewoë voel, maar dis die sagte serpie, die bekende artikels en die reuk van jul tydskrif wat die trane laat loop. Ek is te suinig om te begin…

access_time1 min.
sarie

REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius SENIOR ONTWERPER Keverne Morland PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma 021 406 3832 Anéne de Klerk (assistent) 021 406 4546 STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 011 713 9931 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 021 406 3875 Magdel Muller (stilis en modeskrywer) KOSREDAKTEUR Herman Lensing 021 406 4540 SKOONHEIDSREDAKTEUR Monica Pienaar 011 713 9908 Suanné Mulder (skoonheidskrywer) DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw GESONDHEIDSREDAKTEUR Lydia van der Merwe (Kst) SENIOR JOERNALIS Suzette Truter SENIOR JOERNALIS Marguerite van Wyk (Kst) TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt (hoofsub) & Natasja Lochner BOEKEREDAKTEUR Phyllis Green REPRODUKSIE Noorieyah Fakier REDAKTEUR: REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar (Jhb) 011 713 9263 KANTOOR-ASSISTENT Donald Toockley WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard Annemie.Lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 INTEKENING, HERNUWINGS & NAVRAE HOOFBESTUURDER: MEDIA24 MAANDELIKSE TYDSKRIFTE…

help