ONTDEKKENBIBLIOTHEEKTIJDSCHRIFTEN
CATEGORIEËN
  • Kunst & Architectuur
  • Boten & Vliegtuigen
  • Business & Financiën
  • Auto's & Motoren
  • Showbizz & Roddels
  • Comics & Manga
  • Handwerk
  • Cultuur & Literatuur
  • Familie & Opvoeding
  • Fashion
  • Eten & Wijn
  • Gezondheid & Fitness
  • Huis & Tuin
  • Jagen & Vissen
  • Kinderen & Tieners
  • Luxe
  • Lifestyle Mannen
  • Films, TV & Muziek
  • Nieuws & Politiek
  • Fotografie
  • Wetenschap
  • Sport
  • Tech & Gaming
  • Reizen & Outdoor
  • Lifestyle Vrouwen
  • Volwassenen
FEATURED
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
 / Lifestyle Vrouwen
SARIESARIE

SARIE February 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 3,59(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,04(Incl. btw)
12 Edities

IN DEZE EDITIE

3 min.
michélle sê ...

Februarie, so ’n effe parmantige maand, die kortste van die jaar. Maar met ’n láng, intense verbintenis tot die liefde. Byna soos ’n tango. Reeds van die 14de eeu word Februarie met sy Valentynsdag op die 14de met romantiese liefde geassosieer. Teen die 18de eeu het #verliefdes blomme, mooi kaartjies en soetgoed vir mekaar gegee. En beloftes gemaak en trou gesweer. Vandag lê die waarde van Valentynsdag grootliks in die kommersiële, lyk dit . . . ’n ontploffing van pienk en rose en sagte speelgoed in al wat ’n winkel is. Die liefdesboodskappe is maar oppervlakkig en stylloos; die blomme en sjokolade dikwels te duur. So ja, ek’s verdeeld oor dié dag. ’n Deel van my sê dis goed dat daar ’n spesiale dag is wat jy toegewyd aan ’n geliefde kan…

1 min.
ons inspirasie

’n Serp verklap hoe jy jou wêreld ervaar. Des te meer as tydlose sy jou stempel is. Die luukse serpe van Mantua Silkwear, skeppings van tekstiel- en klereontwerper Juandi Andrag, word met die hand geverf, of gemaak van sy wat met ’n spesiale ontwerp bedruk is. Elk ’n stukkie drabare kuns en in ’n beperkte hoeveelheid te kry. Prys: R1 800 tot R2 200 Te koop by www.mantua.co.za TANA TROU SARIE Voorbladgesig 2012! Met haar blou oë en mooiste glimlag het Pretorianer Tana Ferreira, ’n grafiese kunstenaar, SARIE-lesers oorrompel. Sy is onlangs op ’n sprokiestroue in die Hemel-en-Aardevallei met Martin van Rooyen getroud. ’n Wenner ook voor die kansel. MOOI VEILIG Ons land is een van son en blou lug en duisende entoesiaste geniet buite-aktiwiteite. Tog is ons bewus van die gevare. run angel is…

4 min.
ons wêreld

Eerste fliek VIR 7DE LAAN-STER Hendrik Cronjé, veral bekend vir sy destydse rol as Lukas in 7de Laan , het as honneurstudent in rolprentwese die ikoniese fliek The Graduate gesien. Hy het tóé al besluit sy eerste fliek moet in dieselfde trant wees. Op Valentynsdag word sy droom verwesenlik wanneer die fliek Liewe Lisa uitgereik word. Hendrik – hy vertolk die rol van Daniël en is ook die skrywer en regisseur – het ’n toneeltjie as huldeblyk aan The Graduate ingesluit. Lisa, wat die soekende Daniël se pad kruis, word gespeel deur Elani Dekker (Monique van Binnelanders ). “Dit was baie bevredigend om die karakters wat so lank in my kop was, te sien lewe kry,” sê Hendrik. SIT AF DAAI SKERM! Julle is op ’n gesinsuitstappie, die een interessante toneel ná die ander…

6 min.
julle sê ...

TJOEF-TJAF INGEPAK Die onafwendbare breek aan: aftree, en af see toe! Ook die besluit om af te skaal. Om gemaklik te lewe het ’n mens immers net sóveel lepels, lappe en lakens nodig. Nou is dit die perfekte tyd om van goeters ontslae te raak en lig te reis op die pad wat oor is. Ek moes destyds my oorlede ma se huis oppak en besittings wegmaak. Net daar het ek besluit: Dít gaan ek my kinders nie aandoen nie, dis ’n emosionele en fisieke nagmerrie. Ek gee self sommer nou al die goed weg wat ek nie meer gebruik nie. Dit is verblydend bevrydend. ’n Mens kom uitstekend met baie minder aardse besittings oor die weg. Nou, in ons minimalistiese en perfekte seehuisie, welgesteld met my tien teelepels, ses sopborde en twee tafeldoeke, wonder…

1 min.
teken in & kry afslag teken of hernu

3 redes waarom jy hierdie kans moet aangryp. Jou SARIEintekening beteken Jy weet jy sal nie ’n uitgawe misloop nie Jy kan kies: jy betaal maandeliks of eenmalig Dis ’n kans om jouself – of iemand vir wie jy omgee – te bederf 087 353 1300 subs@media24.com EN ONS KONTAK JOU SUBS SARIE na 32361 (geen leestekens) EN ONS KONTAK JOU (’n Tarief van R1 per SMS geld) Besoek SARIE.com vir gewone en digitale intekening Bepalings en voorwaardes is van toepassing: Jou intekening word voorsien op ’n vooruitbetaalde basis. Om ononderbroke diens te verseker sal jou intekenaarskap outomaties hernu word en die koste maandeliks verhaal word. Van tyd tot tyd kan die tariewe aangepas word om voorsiening te maak vir omslagprysverhogings. Ons kan ook die betaalinstruksies wysig om ooreen te stem met die tariewe. Dié aanbod geld net vir…

3 min.
nataniël sê ...

Die lewe is rof en kort en hoe ander dit regkry, weet ek nie, maar in my werksjaar is selde tyd om ’n goeie televisiereeks op te spoor en te volg. Daar is wel jaarliks ’n tydjie van stilte, vanaf 26 Desember tot net ná Nuwejaar, dis wanneer my stad sterf en my vriendekring leegloop, dis wanneer daar dae is vir rondsnuffel. ’n Goeie boek is soveel beter as ’n flikkerende skerm, maar tydens my pas afgelope sleglê, ontdek ek ’n nuwe reeks op Netflix, Raiders of the Lost Art. Die titel is duidelik iemand se eerste probeerslag, maar daar is foto’s van Gustav Klimt, Edvard Munch en El Greco, ek druk die knoppie. Die titel maak my gek, die musiek is eintlik bedoel vir ’n riller en die stemkunstenaar is…