ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Lifestyle Vrouwen
SARIESARIE

SARIE March 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezenkeyboard_arrow_down
EDITIE KOPEN
€ 3,68(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,89(Incl. btw)
12 Edities

IN DEZE EDITIE

access_time3 min.
michélle sê ...

Mense vra my gereeld wat is mý inspirasie. Wat is die dinge wat my laat dink soos ek dink, en skryf soos ek skryf. Wel, vandeesmaand kom my inspirasie sommer uit hierdie einste uitgawe. Ek lees Nataniël se Kaalkop voordat die tydskrif finaal drukkery toe gaan, en hy verras my. Want wie sou kon dink dat Nataniël, met sy voorliefde vir perfekte wit, vir skoon lyne en als wat stylvol is, ook in “verweerd” waarde sou vind en dit dan met soveel omgee en begrip verwoord. Toe lees ek Riana Scheepers se Laaste sê en ek’s verwonderd oor die onderwerp. Haar inspirasie ’n tydskrifartikel wat sê elke mens word gedefinieer deur ’n handvol bepalende artikels. Dit raak vir haar ’n speletjie en sy identifiseer haar eie items. Maar o nee, parfuum haal nie…

access_time1 min.
ons inspirasie

GEUR IN DIE kollig Penélope Cruz en parfuum is ’n glanskombinasie. Sy was die eerste Spaanse aktrise om ’n Oscar – vir haar rol in die 2008-rolprent Vicky Cristina Barcelona – te wen. Sy is ook die gesig van Lancôme se nuwe geur La Nuit Trésor. Met note van swart roos, vanielje, pralien en karamel is dit perfek vir jou rooitapytaande. JAAR VIR KORAAL Elke jaar het sy kleur. Vanjaar is dit Pantone se Living Coral – ’n warm, lewendige skakering. Party kenners sê dit is ongevoelig in ’n tyd dat ons koraalriwwe weens aardverwarming vernietig word, maar ons glo hoe meer ons daaraan herinner word, hoe beter. DIE KAAP paartie! “Vuka Ukhanye: Arise and Shine!” is die op en-wakker tema van vanjaar se Kaapstad Karnaval, wat 10 jaar oud is. Weer sal die strate…

access_time4 min.
ons wêreld

Moederstad VAN FEESTE! Kaapstad het by die onlangse World Travel Awards in Lissabon, Portugal, weggestap met die toekenning vir die wêreld se voorste bestemming vir feeste en okkasies. En nie om dowe neute nie. Net vandeesmaand speel dié stad gasheer vir drie internasionale geleenthede: Design Indaba (27 Februarie tot 1 Maart), die 42ste Kaapstad-fietstoer (die grootste fietsren ter wêreld waar jou tyd gemeet word) op 10 Maart, en die Kaapstadse Internasionale Jazzfees wat die laaste naweek van Maart plaasvind. * Einde verlede jaar het The Telegraph die Moederstad vir die sesde keer as die “Beste stad op aarde” aangewys. VROUE WEN BY DIE LOKET ’n Nuwe studie wat 350 lokettreffers van 2014 tot 2017 ontleed het, toon flieks waarin vroue die hoofrol vertolk, het gemiddeld meer geld gemaak as dié met manlike hoofrolle. En…

access_time6 min.
julle sê ...

WEET WAT JULLE HET Ek maak die agterdeur vinnig toe, ’n yskoue winterswind waai my hart deurmekaar. Ná twee weke in Suid-Afrika se sonskyn, is die Engelse Januarieweer ’n yskoue emmer water in my gesig. Die grou lug en triestige koue het ons verruil vir Suid-Afrika se helderblou lug, sonskyn en sorgelose geselse met vreemdelinge op straat. Mense wat sommer met jou praat en grappies maak, mense wat jy van geen kant af ken nie. Jou mense, in jou land. Maande voor ons vlieg, droom ons hele gesin van daardie oomblik wat ons ons voete op Kaapstad se lughawe neersit. Ons praat oor geelperskes, gedroog en vars, skilferkorsmelktert nog warm uit die oond, wat ons sommer op pad van die lughawe af by die Smiling Oven in Somerset-Wes optel. Die kinders bespreek wat…

access_time3 min.
cars.co.za wys topmotors aan

Toyota het vanjaar sy kroon as die Motorhandelsmerk van die Jaar herwin by die Cars.co.za Verbruikersprysaand geborg deur WesBank. Wenners in 13 kategorieë is op ’n rooitapytgeleentheid, wat deur 350 gaste bygewoon is, by Kyalami in Johannesburg aangewys. Sedert sy ontstaan in 2016 het #CarsAwards ontwikkel in SA se voorste motorprysprogram. Benewens die eksklusiewe borgskap deur WesBank, die grootste voertuigfinansier in SA, word #CarsAwards beskou as die energieke, invloedryke openingsgeleentheid op die motorbedryf se glanskalender. Die hoogtepunte by vanjaar se geleentheid: Toyota, wat op die eerste prysaand in 2015-’16 as Handelsmerk van die Jaar aangewys is, kon Suzuki net-net uitstof en sodoende Suzuki van ’n driekuns ontneem. Volkswagen het die meeste kategorieë gewen (4), wat die Duitse motorvervaardiger loshande laat voorloop wat betref getal pryse gewen oor die jare (10 in vier jaar). Mercedes-Benz…

access_time3 min.
nataniël sê ...

Ek sit nou en skryf hier by die tafel in die eetkamer, ek het hierdie vertrek ontwerp nadat ek The Garden Room 18 jaar terug gelees het, 5 baie groot glasvensters sorg dat jy in enige rigting kan kyk na my groen woud. Rustiger was daar nog nooit. Die tafel self is 17 jaar oud, ek het dit laat maak net nadat ek hier ingetrek het. ’n Witgrys raam met vier pote. Binne die raam is ’n glasblad en onder die glasblad is ’n vel wit papier. Om só ’n groot stuk papier van die regte dikte op te spoor, was ’n gesukkel, maar die oorspronklike idee was dat ek na willekeur die papier met lap of kunswerke (nee, nie legkaarte nie) kon vervang vir spesiale geleenthede. Dan sou ons…

help