ONTDEKKENBIBLIOTHEEKTIJDSCHRIFTEN
CATEGORIEËN
FEATURED
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
 / Lifestyle Vrouwen
SARIESARIE

SARIE April 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 3,59(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,04(Incl. btw)
12 Edities

IN DEZE EDITIE

2 min.
michélle sê ...

Pienk was die eerste kleur op aarde. Pienk soos spookasem. Ek dog ek hoor verkeerd. Want die wêreldbekende futuris Li Edelkoort sê dit so in die verbygaan tydens haar trend-praatjie by die Design Indaba in Kaapstad. Kan jy nou glo! Van al die skakerings wat ek vereenselwig het met die ontstaan van ons planeet – lawa-swart, modderbruin, vurigrooi, varinggroen, waterblou – het pienk nooit as te nimmer by my opgekom nie. Pienk, ja, wat in die 19de eeu ’n manskleur was, pienk wat eerste die naam van ’n blom was, wat Jackie Kennedy gewild gemaak het en die Italiaanse ontwerper Elsa Schiaparelli omtower het in shocking pink, wat ons pas weer by die Oscars beleef het, en pienk soos die 4-karaat-diamant in sanger Katy Perry se verloofring. Maar dat pienk ons planeet in…

1 min.
redakteursbrief

Van verlede maand kos SARIE R60. Ongelukkig het ons geen keuse nie, want papier is vandag ’n duur luukse. Maar dít beloof ons: elke uitgawe word spesiaal met ons lesers, met jóú, in gedagte bymekaargesit. Ons verseker ook topgehalte. Elke tydskrif neem minstens 3 maande om te beplan, skryf, fotografeer, ontwerp en vir taalversorging voordat dit trots op die rak kan staan. Dit vra die beste skrywers en spesialisredakteurs, ook tyd en kreatiwiteit. Al wat ons vra, is dat jy dit geniet! Want dis deel van jóú storie, van ons land se storie – en dis als in Afrikaans. Dink dalk só daaraan: R60 is net meer as 2 cappuccino’s; vir SARIE se 148 bladsye kos elke blad 40 sent. Sien ook ons aanbod op bl. 14. As jy nóú inteken,…

1 min.
ons inspirasie

Fees SOOS MIN! Maak jou solank reg vir die 7de Hermanus FynArts wat op dié kusdorp aangebied word. Dis een van die kleurrykste feeste in die land met: meer as 20 musiek-, dansen teaterproduksies waarin onder andere Pieter-Dirk Uys, Karen Zoid, pianis Charl du Plessis, opkomende ster Sima Mashazi en komediant Alan Committie te sien is; ’n reeks gesprekke wat insluit nabetragting oor die 2019-verkiesing; werksessies oor juweelontwerp, skryf- en digkuns en selfoonfotografie; kosdemonstrasies en ’n reeks wynproeë. Wanneer: 7-17 Junie Program: www.hermanusfynarts.co.za Kaartjies reeds te koop MOOI SIT Maak ’n stoel ’n fokuspunt in jou huis, of dit alleen staan of in ’n groep om jou etenstafel. Dié trots SA stoel met sy eikehoutbene is oorgetrek met gehalteseilkatoen wat met die hand bedruk is. Prys: R3 500 per stoel www.lovemilo.com KYK SO ’N KOEI ’n Nguni-koei wat…

4 min.
ons wêreld

ONS IS OP safari! Waar om April se mode te skiet? Aan die Weskus, slegs ’n uur se ry uit Kaapstad, word jy bekoor deur die natuurprag van die private wildreservaat Buffelsfontein. In dié oop landskap kry jy leeus, buffels, kameelperde, sebras, goue wildebeeste, elande, koedoes, springbokke en nog vele meer. Kundige wildbewaarders deel hul kennis op die wildritte, met verskillende pakkette om uit te kies. Geniet die kalmte en laat jou siel asemhaal met verblyf wat wissel van luukse kothuise tot ’n gastehuis. Perfek vir jou en ons modesessie (sien bl. 66). Kontak 022 451 2824 of www.buffelsfontein.co.za vir meer inligting. – Amaria Carstens Koffie OP SY BESTE Die heel eerste koffieroostery in Gauteng wat sy eie bone gerooster het, was Roastmasters. In 1993, toe die destydse San Francisco Coffee Shop (dis…

1 min.
as jy dink aan jou ouma se kombuis, waaraan dink jy?

Sune du Preez My ouma se kombuiskaste was ’n plek vol geheime. Ouma het altyd bederfies gehad en wanneer sy niks gehad het nie, sou sy jou rug krap of koffie maak . . . My Ouma Duifie en haar kombuis was ’n plek van liefde en veiligheid, waar almal tuis was. Elmarie van der Vyver Sagte groen mure, Oupa in sy halfronde stoel besig om koue skaapnek met sy knipmes te eet. Die fyn, wit gehekelde doilie met bloedrooi kraletjies wat soos granaatpitjies geskitter het. Die tjietjie-klank van Ouma wat brood knie in die groot enemmelbak op die sitplek van die ou bentwood-stoel, en die houtstoof. Brenda Terblanche Tafel vol boererate . . . bitter stropies en ’n pil vir elke kwaal. Die enemmelbak met brooddeeg in ’n kombers, soetkoekies in pakkies vir al…

7 min.
julle sê ...

MY KERSBOOM FLIKKER NOU NOG Hierdie Kersfees wat verby is, was my eerste sonder ’n ma of ’n pa. Ons (ek, my man en twee seuns) het saam besluit om geen presente vir mekaar te gee nie. Geen boom en versierings nie. My ma en pa was nie meer hier om dit met ons te deel nie, so die “Xmas spirit” het so ’n bietjie ontbreek. Dis toe dat ek op ’n Kersfees met ’n verskil besluit het. Ek het op ons Table View-blad op Facebook gesien hoeveel mense daar in ons area is wat sukkel en eintlik niks het om na uit te sien nie of om hul Kersfees mooi te maak nie. Party het nie eens ’n boom gehad nie. Toe besluit ek Kersfees 2018 sal my “gee”-fees wees. Ek het…