ONTDEKKENBIBLIOTHEEKTIJDSCHRIFTEN
CATEGORIEËN
  • Kunst & Architectuur
  • Boten & Vliegtuigen
  • Business & Financiën
  • Auto's & Motoren
  • Showbizz & Roddels
  • Comics & Manga
  • Handwerk
  • Cultuur & Literatuur
  • Familie & Opvoeding
  • Fashion
  • Eten & Wijn
  • Gezondheid & Fitness
  • Huis & Tuin
  • Jagen & Vissen
  • Kinderen & Tieners
  • Luxe
  • Lifestyle Mannen
  • Films, TV & Muziek
  • Nieuws & Politiek
  • Fotografie
  • Wetenschap
  • Sport
  • Tech & Gaming
  • Reizen & Outdoor
  • Lifestyle Vrouwen
  • Volwassenen
FEATURED
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
 / Lifestyle Vrouwen
SARIE

SARIE May 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 3,59(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,04(Incl. btw)
12 Edities

IN DEZE EDITIE

3 min.
michélle sê ...

Eers see toe, nou berg toe. En albei werk vir ons. Ek praat oor SARIE se trek, sak en pak, terug na die Media24-gebou in Kaapstad. Ná byna ’n dekade voel dit soos die verlore dogter wat huis toe kom en familie en ou vriende weer groet. Halfpad op in Adderleystraat, op die negentiende vloer, het die SARIE-kantoor tot onlangs oor die see en die hawe uitgekyk. So ’n stuk van Tafelberg was ook in ons visier. Nie ’n dag het verbygegaan dat ons nie die onbeskryflike mooi uitsig waardeer het nie. Meermale het ons gesien hoe besoekers skaars hul oë kon glo. Want nooit kon jy moeg raak vir die groot, wye blou van die oseaan nie – dikwels so glad soos ’n spieël. Soms ook grys en omgekrap as die…

2 min.
ons inspirasie

Vir ons 70ste! Sarie Marais . . . die bekende volksliedjie en trotse naam van SARIE toe dit 70 jaar gelede verskyn het. Nou vier Capital Singers, die Pretoriase massakoor van 1 000 lede, Elvis Blue, Vicky Sampson en Joseph Clark saam met ons ons verjaardag! ’n Keurspel deur Janine Neethling word uitgevoer met ’n akoestiese weergawe van “Sarie Marais”, gevolg deur treffers van Gé Korsten, Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, Sonja Herholdt en Laurika Rauch, en eindig met ’n enorme verwerking van “Sarie Marais”. Kom deel in die nostalgie, hoeka ’n gewilde #tendens wêreldwyd. Als ter viering van SARIE se 70ste! JA, DIS TOSSELS Folklore is die voorkoms, sê die futuris Li Edelkoort, wat gaan oorheers. Tossels, soos dié wat Pretty Ballerinasinsteekskoene versier, is in die kol. Vir meer: 011 325 5411 Prys: R3…

4 min.
ons wêreld

Jasmyn IN OORVLOED Vir die nuutste toevoeging tot Dior se gewilde J’adoreparfuumreeks, Dior J’adore Absolu, wou parfumeur François Demachy die intense soetheid van jasmyn vasvang. Hy het twee van die suiwerste jasmyn-ekstrakte vermeng: sambac-jasmyn, wat in die suide van Indië voorkom, en Grasse-jasmyn, wat vroegoggend met die hand in dié geurstreek in Frankryk geoes word. Saam met roos en magnolia vorm dit ’n stroperige geur wat “oorloop van sonskyn”. R2 300 vir 75 ml EDP by uitsoektakke van Edgars. – Monica Pienaar Barbie HERDEFINIEER SKOONHEID Meer as een miljard mense in die wêreld het ’n gestremdheid – en nou het Barbie ook. Mattel se 2019-Fashionistas-reeks wat in Junie uitgereik word, sluit ’n Barbie-pop met ’n kunsbeen en een in ’n rolstoel in. Die Dreamhouse kry ook ’n rolstoel-oprit. Volgens ’n woordvoerder van dié speelgoedvervaardiger…

7 min.
julle sê ...

’N HEGTE GESIN Ek sit in die vliegtuig en kyk af op die Vrystaatse laslappie-landskap wat minder as ’n week gelede nog “huis” was. Nou is ek ’n Kapenaar, my man en seuntjie kom agterna. Die trane sit vlak. Niemand het gedink die “underdog” gaan die pos kry nie, maar hier is sy op pad na haar eerste bestuursvergadering. Die kollegas by die nuwe kantoor kyk my nog baie skepties aan, min wetend hoe hard ek die afgelope 26 jaar gewerk en geleer het of hoeveel keer my man moes instaan as mamma, want Mamma was by die werk of moes ’n vergadering bywoon. Min wetend hoeveel trane ek die laaste ruk gehuil het omdat ek my gesin vir eers moes agterlaat, alles ter wille van my loopbaan. Dit is dan wanneer…

1 min.
sarie

REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius SENIOR ONTWERPER Keverne Morland PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma 021 406 3832 Anéne de Klerk (assistent) 021 406 4546 STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 011 713 9931 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 021 406 3875 Magdel Muller (stilis en modeskrywer) KOSREDAKTEUR Herman Lensing 021 406 4540 SKOONHEIDSREDAKTEUR Monica Pienaar 011 713 9908 Suanné Mulder (skoonheidskrywer) DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw GESONDHEIDSREDAKTEUR Lydia van der Merwe (Kst) ARTIKELS Suzette Truter SENIOR JOERNALIS Marguerite van Wyk (Kst) TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt (hoofsub) & Natasja Lochner BOEKEREDAKTEUR Phyllis Green REPRODUKSIE Noorieyah Fakier REDAKTEUR: KANTOORBESTUURDER Anita Grindlay-Whieldon 021 406 4547 REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar (Jhb) 011 713 9263 KANTOOR-ASSISTENT Donald Toockley WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard Annemie.Lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970…

3 min.
nataniël sê ...

Die huis is nou vol, vir elke ding wat bykom, moet een die plek verlaat. Dis al hoe ek myself in toom kry en my blyplek sy kalmte behou. Hierdie reël mag nie meer verbreek word nie, ek bly streng. Dus staan ek op ’n Saterdagoggend voor een van die groot boekrakke. ’n Paar nuwe boeke lê in ’n stapeltjie op die tafel. ’n Boek word nooit weggegooi nie, dit kan afgelewer word by ons gemeenskapsbiblioteek, ’n gastekamer versier of gestoor word vir ’n latere slim plan. Hier is honderde kookboeke, ’n paar geliefdes word steeds gebruik, heelwat is gekoop uit desperaatheid. En was ek desperaat! My liggaam is al deur soveel fases, gewig wat wipplank ry, dekades se min slaap, verkeerd eet, te veel drink, bekommer, werk sonder einde,…