ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Lifestyle Vrouwen
SARIESARIE

SARIE June 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezenkeyboard_arrow_down
EDITIE KOPEN
€ 3,68(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,89(Incl. btw)
12 Edities

IN DEZE EDITIE

access_time3 min.
michélle sê ...

Ons weet almal hoe dit is om te trek. Om die oud en bekende agter te laat en die nuwe tegemoet te gaan. Net verlede maand het ek oor SARIE se trek gepraat. Straat-af, tot aan die onderpunt van Adderleystraat in Kaapstad. Ná meer as ’n dekade terug in “ons gebou”. Altyd, met so ’n trekkery, word dinge ontbloot en gevind wat vir lank verdoesel was. In ’n vergete laai, ’n stowwerige kas, ’n donker hoekie, in ’n ou lêer. Die oppak van SARIE se biblioteek, wat grootliks gesluit is omdat ons nie meer iemand het wat heeltyds daarna omsien nie, was méér as bokse volmaak, met moeite toeplak en duidelik merk. Vir ons wat gepak het, was dit ’n rits van emosies. Ons kon onsself net nie help nie: Sowaar!, Kan jy…

access_time1 min.
ons inspirasie

Dis hý, HY INSPIREER ONS Jare gelede het sanger en liedjieskrywer Mathys Roets in ons hart gekruip. En in 2011 het hy ’n spesiale liedjie vir SARIE geskryf waarin hy sing “Dis jy, jy inspireer my . . .” Wel, hy inspireer ons! Met sy lewenslus en die feit dat hy nooit ophou droom nie. Onlangs is hy getroud met sy droomvrou, Jané van Litsenborgh, op die Rietvallei-wynlandgoed tussen die mooie berge by Robertson. – MvB FOTO LIZELLE LÖTTER Sien meer troufoto’s op SARIE.com KALAHARI VIR JAN Hy is SA se eerste Michelin-sjef met sy bekende restaurant, JAN, in Nice, Frankryk. Nou kom Jan Hendrik van der Westhuizen ook Kalahari toe. KLEIN JAN maak sy deure oop in die private wildreservaat Tswalu Kalahari. Dis Jan se droom om dié kontrei se kosskat te…

access_time4 min.
ons wêreld

Ter wille van MOEDER AARDE Die modehuis Ralph Lauren se ikoniese Polo-hemp het nou ’n ekovriendelike weergawe. The Earth Polo-hemp word van herwinde plastiekbottels gemaak en géén water word in die kleurproses gebruik nie. Die vier kleure – groen, wit, babablou en vlootblou – verteenwoordig die aarde. Teen 2025 wil hulle 170 miljoen bottels uit vullingsterreine en oseane verwyder. Sowat 12 word per hemp gebruik. BRON: GQ, Esquire MILLENNIËRS AAN’T KUNS KOOP! Jonges in kappie-tops (hoodies) was ’n nuwe verskynsel by ’n onlangse Sotheby’s-veiling in Hongkong. Die millenniërs kon nie genoeg kry van kunswerke wat deur die TV-animasiereeks The Simpsons geïnspireer is nie en dit is vir altesame $28 miljoen (sowat R400 miljoen) opgeraap. Die hoogste prys was $14,8 miljoen vir ’n skildery wat op die omslag van die Beatles se album Sgt.…

access_time1 min.
net vir pret

25% agter die rug 75% voor en draai dan na agter Watter eksotiese reisbestemming wil jy graag nog besoek? GEWILDSTE KEUSES Maledive Marleen van den Berg Die water, die verblyf, cocktails . . . sagte sand tussen my tone. Een van my bucket list-drome. Griekeland Michelle Snyman Santorini is ’n groot droom van my . . . dis beeldskoon daar, die klomp wit geboue met die mooi seeuitsig! Israel Heidi Enslin Redelinghuys Israel oor Paasfees. Bora Bora Nina Venter de Villiers Ek is glad nie ’n seemens nie, maar daai plek lyk superidillies.…

access_time6 min.
julle sê ...

MA SE LAASTE LEESWENS Ons bure verkoop hul plaas en die groot trek stad toe begin. Ek erf kratte vol SARIE-tydskrifte en ’n SARIE KOS of drie ook tussenin. SARIE’s van 2004 tot 2017 alles netjies intakt. Die groter uitgawes, later kleiner, maar ’n hemelse plesier om weer deur almal te blaai. En met heimwee en verlange dink ek aan my ma. Die kanker (borskanker) het haar vier jaar gelede kom haal. Al my SARIE’s het ek so twee keer ’n jaar aan haar gepos of saamgevat wanneer ek gaan kuier het. Sy was ver van my, 900 km. Met een van my laaste besoeke het sy spesifiek vir ’n SARIE gevra, wat ek wel vir haar gaan koop het. Hoewel sy in daardie stadium feitlik nie meer kon loop nie en net…

access_time1 min.
sarie

REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius SENIOR ONTWERPER Keverne Morland PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma 021 406 3832 Anéne de Klerk (assistent) 021 406 4546 STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 011 713 9931 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 021 406 3875 Magdel Muller (stilis en modeskrywer) KOSREDAKTEUR Herman Lensing 021 406 4540 SKOONHEIDSREDAKTEUR Monica Pienaar 011 713 9908 Suanné Mulder (skoonheidskrywer) DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw GESONDHEIDSREDAKTEUR Lydia van der Merwe (Kst) SENIOR JOERNALIS Suzette Truter SENIOR JOERNALIS Marguerite van Wyk (Kst) TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt (hoofsub) & Natasja Lochner BOEKEREDAKTEUR Phyllis Green REPRODUKSIE Noorieyah Fakier REDAKTEUR: REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar (Jhb) 011 713 9263 KANTOOR-ASSISTENT Donald Toockley WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard Annemie.Lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 HOOFBESTUURDER: MEDIA24 MAANDELIKSE TYDSKRIFTE Nerisa Coetzee FINANSIËLE BESTUURDER…

help