ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Lifestyle Vrouwen
SARIE

SARIE September 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Monthly
EDITIE KOPEN
€ 3(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 13,48(Incl. btw)
6 Edities

in deze editie

2 min.
michélle sê ...

Sy klink soos lente. Hoe mooi skets dié vier woorde haar nie. Jy sién haar, wil haar ken. Want sekerlik borrel sy oor van lewenslus, haar oë blink en haar lag is helder. Van al die kleurryke titels vir Afrikaanse rolprente is hierdie by verre my gunsteling. ’n Romantiese komedie wat drie jaar gelede in September bekend gestel is. Met lente kan jy nie ’n fout maak nie. Net die woord bring ’n gevoel van positiwiteit en hoop. Inspireer nuwe energie en ’n ligter tred. Dis die seisoen waar selfs lipstiffies spog met bekoorlike name soos magnolia bloom, petal pink en juiced berry, en jasmyn en roos parfuums laat sprankel. Hoe kouer die winter, hoe soeter die lente, glo ek. Vir die eerste keer in jare het ons vanjaar weer ’n tipiese Kaapse winter beleef.…

1 min.
ons inspirasie

ONS ‘1949’ ’N WENNER! Bestellings is selfs uit New York ontvang, vertel Casper Bosman van die 1949-bloes wat hy vir SARIE se 70ste verjaardag ontwerp het. Rolene Strauss het op albei Julievoorblaaie die bloes gedra: in swart en met pienk-en-wit strepe. Die inspirasie was die bloes op Sarie Marais se eerste uitgawe op 6 Julie 1949. Sy nuwe ontwerp is ook in ander kleure te kry. Bestel die “1949” by Casper teen R1 500. Stuur e-pos na info@casperdesignerwear.co.za of skakel 083 390 1610. BLOMTYD . . . en Sera Holland is geïnspireer. Dié ontwerp is geskep met behulp van foto’s wat sy van fynbos in en om die berge van die Wes-Kaap neem. Vir meer oor produkte met dié collage, Fynbos Flower Fields, stuur e-pos na sera@ handmadebyme.co.za of besoek www. handmadebyme.co.za. KOM KUIER ’n Bietjie…

3 min.
ons wêreld

‘BAD’ SANDY SE KLERE OPGEVEIL Aktrise Olivia Newton-John gaan die swart leerbaadjie en -broek wat sy gedra het in die slotliedjie (“You’re the One That I Want”) van die ikoniese fliek Grease in November laat opveil. Dit kan tot R1,9 miljoen vir haar kankerbehandelingsentrum in Australië inbring, berig Reuters. Sy het borskanker al drie keer geklop, die laaste keer in 2017. * Vroeër vanjaar is planne vir ’n Grease-voorvolg bekend gemaak. 1,1 miljard Dit is hoeveel glasbottels en -houers vanjaar in Suid-Afrika herwin is. Dit sluit 609 ton in wat deur leerders in ’n jaarlikse nasionale wedstryd bymekaargemaak is – ’n teken dat die herwinningstendens hier is om te bly, aldus The Glass Recycling Company (TGRC). Meer as 80% van glasprodukte het nie op stortingsterreine beland nie. BELEGGINGSLIM Wil jy jou hand waag aan die aandelemark?…

7 min.
julle sê ...

WIE’S JOU TANNIE? Kry toe ’n pap wiel op pad Swakop toe. Nie dat mens gewoonlik krag het vir so iets nie, maar die wind het veral erg gewaai, so almal was half suur toe ons uitklim. Kat ook nog in tou, maar hy moet bly sit en betoog halflyf by die venster uit. Boetie staan en paai terwyl Grootboet halfhartig assisteer dat ons die nodige gereedskap uitkry. Met die bottel-jackie in die hand wurm ek myself onder die bakkie in. Die skouersand is dik en Suzi is laag, so ek smeer omtrent my windverwaaide kapsel dwarsoor die kar se onderstel om ’n geskikte jack-plek te kry. Met min wriemelspasie onder die kar, is dit net die knieë en voete wat kan stoot en druk. Dis tydens dié gebeure dat ek die kar…

3 min.
nataniël sê ...

Moenie oordeel nie, só is ek van kleins af geleer. Dit bly ’n lewenslange stryd, nie net om jou medemens te laat begaan nie, maar ook om die kultuur van voltydse, volgehoue oordeel nie jou eie te maak nie. Soveel hedendaagse vermaak word as kompetisies aangebied, van wellustiges wat op eilande in spanne moet vry tot sjefs wat beoordeel word, van sangers wat beloon of beledig word tot ontwerpers wat swoeg in een of ander dekorwedstryd, as daar iewers ’n lang plank of ’n paar los stoele beskikbaar is, sal ’n ry beoordelaars hulle sit kry. Ons kan nie ontsnap nie, neutraal is uit, jy’s ’n lover of ’n hater. Ek loooove lang stewels! Ek haaaat vrugtekoek! Niks word uitgelos nie, jy luister na Maria Callas op die internet, ’n onbetwisbare…

8 min.
cindy swanepoel die swaan wat dink sy’s ’n hadida

Om sonder ’n ma vrou te moes word, was ’n aanpassing Cindy Daar is ’n wonderlike toneel in Fluitfluit, die bekroonde kortfliek met Cindy Swanepoel as die fluitende predikantsvrou, Ryne de Beer. Cindy roep soos ’n hadida, waarop ’n regte een, iewers in die omgewing, antwoord. Nié deel van die oorspronklike draaiboek nie. “Jis, ons het gelag. Ons het dit uiteindelik in die fliek gebruik want dit het net so perfek gepas.” Cindy se party trick daai, om die gillende voël na te maak. “Dis my spirit animal,” beduie sy. “Ek lag mos nes een. Hulle is luid en soms net ’n bietjie te veel.” Nes sy op skool gevoel het, “altyd die loud, silly een”. Eers toe sy drama aan die Universiteit Stellenbosch gaan swot het, het sy tot haar #vreugde mense…