ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Lifestyle Vrouwen
SARIE

SARIE December 2019

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 2,89(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 28,20(Incl. btw)
12 Edities

in deze editie

2 min.
michélle sê...

“Bekend, geliefd, opwindend, soms met ’n traan, gevul met hoop en troos. En altyd dáár.” Só skryf ’n leser oor die tydskrif op die brieweblad dié maand. Ek lees Isabella Neethling van Durbanville se boodskap ’n paar keer. Vir haar is SARIE soos familie, laat hoor sy. Laat haar voel sy behóórt. Mooi, móói woorde. Vir elkeen wat saam SARIE is – vir die leser wie se stories ons vertel en ons bly inspireer, die redaksie wat passievol gló in hierdie tydskrif, en elke adverteerder wat ons ondersteun, want daarsonder sal ons skaars staande bly. Saam skep ons ’n wêreld waar ons welkom voel, en tuis genoeg om nie net die bekende te geniet nie, maar ook om nuwe dinge met verwondering en selfvertroue te verken. Nooit sal iemand my kan oortuig dat dít nie…

1 min.
ons inspirasie

PRETTY YENDE OORROMPEL PARYS Sy’s ons blink ster, daar van Piet Retief in Mpumalanga. ’n Staande ovasie is waarmee dié operasangeres onlangs vereer is ná haar debuut in die hoofrol van ’n moderne weergawe van Verdi se La Traviata. As Violetta het sy die gehoor van die Paryse Operahuis betower. ’n Rol wat sy al talle kere aangebied is, maar mee gewag het tot sy reg was, het sy gesê. Rég was sy vir seker! VIR JOU! Gabrielle “Coco” Chanel tower ’n beeld van styl en inspirasie op. Die nuwe weergawe van Gabrielle met lemoenbloeisel, jasmyn, ilang-ilang en soetemaling is ’n huldeblyk aan dié modeontwerper. Aktrise Margot Robbie is die gesig van die geur. NATANIËL ONTHOU Eerlik, inspirerend, prikkelend. Dís Nataniël se memoires, Kyk na my: Herinneringe aan ’n kindertyd. Hy is nooit regtig tevrede…

4 min.
ons wêreld

KERSBOOM vir die rykes Ons weet hoe spesiaal ’n eenvoudige Kersboom kan wees, maar hoor hier: In Londen verkoop Petersham Nurseries, die rykmanstuinsentrum in Richmond, Kersbome wat hulle by jou huis kom installeer én versier in die “Petersham-styl waarna baie kliënte aspireer”. So ’n 2,5 m hoë Nordmannden kos £1 700 (byna R32 000). Bekendes soos sanger Mick Jagger en akteur Richard E. Grant word gereeld by die kwekery gesien. Bron: The Guardian FEES VAN LIGTE Johannesburgers skop vanjaar die Kersseisoen af met ’n nuwe fees – die Joburg Zoo Festival of Lights. Besoekers sal saans tussen sewe- en tienuur op ’n verligte roete tussen lewensgrootte dierekarakters in die dieretuin kan wandel. Daar is ’n kos-en-handwerk-nagmark en vermaak vir die hele gesin. In die eerste week word Die Neutekraker deur Joburg Ballet by…

6 min.
julle sê ...

HIER GEE ALMAL, AL KOM DIE REËN NIE Baie dankie vir die artikel “Die droogte verdor nie harte” (SARIE, September 2019). Ek dink nie daar is genoeg bewusmaking van wat regtig aangaan nie. Dis nie mooi nie, so ons wil dit nie sien nie. Ek is self met ’n beesboer getroud en boer ook met skape. In 2016 het ons gebuk gegaan onder die droogte en baie vee verloor. Ons knieë was stukkend, maar die reën het vir ons gekom. Om daardie diere te sien ly gaan sit nie in ’n mens se klere nie. Om jou superpositiewe, passievolle man wat elke liewe koei ken, so moedeloos en magteloos te sien. Want watter koei, wie se genetika oor jare kom, kan vandag nie opstaan nie? Daar gebeur dinge in jou hart wat…

1 min.
sarie

REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius SENIOR ONTWERPER Keverne Morland PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo BEMARKINGSBESTUURDER Carmen Botma 021 406 3832 Anéne de Klerk (assistent) 021 406 4546 STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 011 713 9931 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 021 406 3875 Magdel Muller (stilis en modeskrywer) KOSREDAKTEUR Herman Lensing 021 406 4540 SKOONHEIDSREDAKTEUR Monica Pienaar 011 713 9908 Suanné Mulder (skoonheidskrywer) DEKORREDAKTEURS Lounette Fourie & Anita Rossouw GESONDHEIDSREDAKTEUR Lydia van der Merwe (Kst) SENIOR JOERNALIS Suzette Truter SENIOR JOERNALIS Marguerite van Wyk (Kst) TEKSREDAKTEURS Liesl Roodt (hoofsub) & Natasja Lochner BOEKEREDAKTEUR Phyllis Green REPRODUKSIE Noorieyah Fakier REDAKTEUR: REDAKSIONELE ASSISTENT Liesel Pienaar (Jhb) 011 713 9263 KANTOOR-ASSISTENT Donald Toockley WEBTUISTE DIGITALE REDAKTEUR Annemie Lombard Annemie.Lombard@sarie.com 021 406 4149 INHOUDSBESTUURDER Liani Jansen van Rensburg Liani.jvRensburg@sarie.com 021 406 4146 ADVERTENSIEVERKOPE HOOF: ADVERTENSIEVERKOPE Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 VERKOOPSBESTUURDER (JHB) Susan Pienaar 083 281 7300 SLEUTELKLIËNTBESTUURDER (KST) Charlene Meyer 082 928 5970 INTEKENING, HERNUWINGS & NAVRAE HOOFBESTUURDER: MEDIA24 MAANDELIKSE TYDSKRIFTE…

10 min.
kers fees die terugkeer na vreugde

Géé – jou vreugde is net so groot soos dié van die ontvanger Daar is nie meer tyd, geld of plek vir iets sonder ’n doel nie Die koeke staan op ’n ry in die spaarkamer, elkeen is gelaai met sjokolade, neute, versuikerde gemmer en rosyne, elkeen teug aan die likeur waarmee hy gereeld bedruip word. Langsaan staan die rye glasbottels, gewas en blinkgevryf, wagtend op die lae en lae koekies wat sjef Eric al die afgelope twee maande aan die bak is, agtien verskillende geure, van klapper tot koffie tot karamelrissie. Mý taak is die versigtige inpak van elke laag, die seël van die glasdeksels en die kleurvolle strik om elke nek. Die Kersboom lê wagtend voor die groot spieël (dis waar hy elke jaar pronk, dan is daar twee!),…