ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Huis & Tuin
Tuis Verf DitTuis Verf Dit

Tuis Verf Dit

2019

Al die inspirasie en verf-idees wat jy kan vra – van slim tegnieke en kleurskemas tot vernuftige selfdoenwenke. Voeg net kleur by!

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezenkeyboard_arrow_down
EDITIE KOPEN
€ 3,29

IN DEZE EDITIE

access_time1 min.
tuis verf dit

REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Kaapstad-kantoor 20ste Vloer, Media24-gebou, Heerengracht 40, Kaapstad Kaapstad-posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Kantoorbestuurder Amina Essop 021 406 2401 Johannesburg-kantoor Media Park-gebou, Kingswayweg 69, Auckland Park REDAKSIE Artikelredakteur Kim Arendse • kim.arendse@media24.com Kreatiewe redakteur Marian van Wyk Kosredakteur Johané Neilson • johane.neilson@tuis.co.za Ontwerpredakteur Andrew Maritz Uitlegkunstenaar Jade Cupido Teksredakteurs Desiree Hartney en Johletta Brits Digitale redakteur Shané Barnard • shane.barnard@media24.com Multimediajoernalis Suné Esterhuizen Fotograaf Francois Oberholster Foto-opknapper René Nortjé MEDEWERKERS Shelly Bergh, Simone Borcherding, Kim Bougaardt, Sally Chance, Elza Cooper, Jac de Villiers, Christopher Drake, Janelle Enslin, Gareth Hubbard, Suretha Jansen van Rensburg, ER Lombard, Christo Lötter, Megan Miller, Beatrice Moore-Nöthnagel, Misi Overturf, Justin Patrick, Jan Ras, Marlene Rheeder Kruger, Juané Scheepers, Carin Smith, Annelize Steyn, Amanda van Wyngaardt, Nadine Vosloo, Henrique Wilding Bemarkings-en-funksiebestuurder Andile Nkosi Produksiebestuurder Kerry Nash Algemene navrae Donvé Myburgh 021 406 2387 ADVERTENSIES Hoof: Advertensieverkope (Kaapstad en KZN) Sarah Curtis-Bowles 021 461 2396 Sleutelklantbestuurder (Kaapstad) Charlene Meyer 082 928 5970 Verkoopbestuurder (Johannesburg) Susan Pienaar 083 281 7300 Toonvenster-advertensies Evonne Mehl 021 461 2396 SPESIALE PROJEKTE Skeppende direkteur Michael de Beer Handelsbestuurder (maandeliks) Lise Coetsee Handelsredakteur Gerda…

access_time5 min.
’n bietjie sonskyn

Metaalverf is ’n bekostigbare alternatief vir bladgoud en ’n goeie keuse vir ’n soliede voorkoms.– Sihan Wiid Glansryk in goud Dié treffende fokusmuur in Barbara en Rob Farrell se huis in die Paarl is sorgvuldig aangebring met klein velle bladgoud. SÓ MAAK JY Sihan Wiid van Mink Interiors verduidelik hoe hulle die muur versier het: • Eers het ons ’n maroen basiskleur geverf. Turkoois, omber en maroen werk goed as ’n onderlaag onder bladgoud, want dit skep ’n verouderde voorkoms wanneer dit deurskyn. Ons het maroen vir dié projek gekies omdat dit ’n warm gevoel aan dié breë gang gee. • Ons het ’n kleefmiddel (verguldpasta) aan die muur gewend en die bladgoud versigtig daaraan vasgesit. Gebruik liefs ’n dun laag plastiek of waspapier bo-oor die bladgoud en ’n fyn kwas om die delikate bladgoud aan…

access_time8 min.
g’n beige nie, dankie

As ’n vrou vir jou sê “my gunsteling-kleur is luiperdvelmotief”, moet jy weet ’n toekoms saam met haar hou nie veilige roomkleure of vervelige dekor in nie. Milan Struwig onthou goed hoe Marina hom met dié stelling verras het kort nadat hulle as Stellenbosse dramastudente verlief geraak het. Marina is deesdae ’n dramaturg en dosent, en Milan ’n digitalebemarkingsbestuurder. Dié twee, nou 27 en 28, is in 2017 getroud. Hulle het hul woonstel in die Kaapse stadskom verlede jaar in Mei gekoop, en met die kreatiewe gebruik van verf en helder aksentkleure die atmosfeer dramaties verander. Die Moederstad wys nie sommer haar vriendelike kant vir nuwe kopers nie, en Milan en Marina was soms erg mismoedig – totdat ’n familievriendin en eiendomsagent, Phyllis du Plessis, namens hulle begin rondbel het. Tot hul…

access_time8 min.
dis die ene betowering

Pieter Vosloo en JanHarm Vorster versier hul huis op die rustige dorp Cullinan in Gauteng net soos ’n kunstenaar wat met ’n skoon skilderdoek werk. Die afgewitte binnemure is ongepleister gelaat – die ideale agtergrond vir die versameling rustieke meubels wat hulle met groot sorg oor die jare by skrootwerwe, markte en antiekwinkels aangeskaf het. Hul eie winkel op Cullinan, Rust in White, is nou al ’n instelling onder versamelaars, en die karakter van hul huis volg dieselfde goue draad wat deur alles loop waarmee hulle hulle besig hou – insluitend die trouvenue JanHarmsgat Se Agterplaas en Gastehys JanHarmsgat wat hulle op die dorp bedryf. “ ’n Wit agtergrond het sy eie bekoring,” verduidelik Pieter. “Dit werk regtig goed as jy interessante fatsoene en teksture wil uitstal. Ons is ook mal oor die…

access_time1 min.
’n gratis app vir jou! dulux visualizertm

Sukkel jy om op ’n verfkleur vir jou huis te besluit? Danksy die gratis Dulux Visualizer-app is dit nou makliker as ooit om die perfekte keuse te maak! Die Visualizer-app is ’n innoverende, gebruikersvriendelike oplossing vir jou slimfoon of tablet. Dis interaktief en help jou om die regte besluit te neem. Kry dit in jou app-winkel, laai dit af en begin droom … Neem ’n foto van die muur wat jy wil verf en speel met die opsies; verander die kleure van die mure so dikwels as wat jy wil. Stoor die foto’s, of deel dit op sosiale media om met jou styl te spog. Dis so maklik om die app te gebruik; sien die stappe onder. 1 LAAI JOU FOTO OP Nadat jy die Dulux VisualizerTM-app afgelaai het (dis beskikbaar op Google Play vir Android-toestelle of…

access_time4 min.
leef in volkleur

Die mure en kleure en kuns gesels alte lekker saam.– Mynhardt Toe ons laas in 2016 by die sjef en entrepreneur Mynhardt Joubert en sy man, Ian Engelmohr, ’n rekenmeester en keramiekkunstenaar (van Patat Ontwerpfaam) se dakwoonstel in SuiderPaarl gekuier het, was die mure ’n besadigde wit geverf. Dit was toe nog ’n nuwe blyplek, maar al klaar ’n treffende ruimte met sy interessante argitektuur, aardse houtvloere en ontblote dakbalke. Nou is daar van dié neutrale kleurpalet geen teken meer nie. Want soos dit mos maar gebeur, het die blyplek ontwikkel, en nuwe lae bygekry. Lae verf! “Ek en Ian het deur ’n persoonlike renaissance gegaan en gevoel dié nuwe era in ons lewe moet saamval met vernuwende kleure rondom ons,” vertel Mynhardt. “Ons het ontslae geraak van al die kunswerke waarvan ons…

help