ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans

4/9/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,73(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 33,84(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Sjoe, dit voel konstant vir my of ek in een of ander wetenskapfiksie-eksperiment leef met korona wat oral om ons is. Ek sit en skryf hierdie artikel om 03:00 terwyl ons in ’n grendelstaat is. Eintlik wil ek heeltyd oor my skouer loer om te kyk of hier kameramanne is, want dit voel meer soos ’n realiteitsreeks wat verfilm word as die werklikheid. Ek wonder hoeveel reekse hieroor ons eendag op TV gaan sien! Omdat tvplus digitaal ook verskyn, werk ons span onverpoos voort. Dit is immers nou die heel beste tyd om TV te kyk! Stroomdienste het reeds aangekondig hul kyksyfers klim en ek glo dieselfde geld vir gratis- en betaal-TV. Vir ons by tvplus is dit natuurlik niks nuuts om soveel TV te kyk nie, die omstandighede is…

1 min.
tv plus afrikaans

REDAKTEUR Lucia Poolman ADJUNKREDAKTEUR EN ENGELS-HOOFTEKSREDAKTEUR Craig Falck ADJUNK-NUUSREDAKTEUR Genevieve Terblanche ALGEMENE SKRYWERS Elri Boucher, Emile Butler-O’Brien, Ipeleng Rakgantsho SENIOR ONTWERPER Itumeleng E.U. Kunene BYDRAES Gerda Engelbrecht, Mariette Immelman, Tuduetso Mankuroane, Una Heradien TV-SKEDULES Andrea Lewis, Emile Butler-O’Brien, Kashief Achmat REPRODUKSIE Kurt Ohlson, Lugisani Mulaudzi KANTOORBESTUURDER (JHB) Noleen Mendace ADVERTENSIEVERKOPE: NASIONALE VERKOOPSBESTUURDER David Hay SPACE STATION (DIGITAAL) Joanne Lambley (021 468 8299/011 993 8050) SIRKULASIE: KATEGORIEBESTUURDER Armand Kasselman (021 443 9975) MEDIA24-LEEFSTYL: HOOF, WEEKBLAAIE Minette Ferreira UITGEWER Bea van der Vyver PROJEKBESTUURDER Michael de Beer BEMARKINGSKOÖRDINEERDER Noleen Mendace PRODUKSIEBESTUURDER Jacques du Plooy HOOFBESTUURDER: MEDIA24-LEEFSTYL Ishmet Davidson FINANSIËLE HOOF: MEDIA24-LEEFSTYL Raj Lalbahadur DRUKWERK Novus Print VERSPREIDING On the Dot…

3 min.
big bang theory: nie net vir bleeksiele

Het jy op DStv Premium en DStv Compact Plus ingeteken en op The Big Bang Theory (2007-2019) afgekom? Seisoen 5 word weekdae op Comedy Central (*122) van 18:45 tot 20:05 uitgesaai en jy moet kyk omdat . . . KLIK, KLIK, BOEM Dis nie net vir geesdriftige aanhangers wat elke episode onder ’n mikroskoop gesit het om met elke kykslag iets nuuts te vind nie. Die episodes staan selfstandig, dus as jy iets soek om te kyk en jy kom by Comedy Central, kan jy daardie episode geniet sonder om als van die elke karakter sedert episode 1 te weet. TROEBEL VERHOUDINGS Om op regte afsprake uit te gaan, is soms moeilik, en dit het niks met intelligensie te doen nie – kyk na die bleeksiel-pelle Sheldon, Leonard, Rajesh en Howard. Hulle ontsluit die…

4 min.
deur bloed gebind

In die History Channel (*186) se nu-we vryheidsmaand-dokkie Your People, My People, laat vier algehele vreemdelike elk ’n DNS-toets doen, en ’n ontdekkingsreis begin. Met die toetsuitslae in die hand, neem die aanbieders, Pat Pillai (entrepreneur en voormalige aanbieder by eNews) en Les Aupiais (mediamagnaat en redakteur van die Icon-tydskrif) die vier terug in hul verlede, hul voorvaders se verlede en die verhale wat deur hul bloed vertel word. Langs die pad neem hulle deel aan opvoerings van historiese gebeure wat hul familie beïnvloed het, soos die Slag Van Bloedrivier in 1838, of die lewe van ’n arbeider. En hul reis neem hulle buite die grense van Suid-Afrika. Vir een van die vier, ’n omroeper by East Coast Radio, Minnie Ntuli (’n Idols SA top-16-deelnemer in seisoen 13, 2017) was die…

8 min.
vroue met geld

Vroue neem Hollywood oor en hulle staan sterk in wat eens ’n manswêreld was. Daar is nie meer iets soos net ’n lus vir die oog wees nie . . . jy moet die talent hê wat jou voorkoms steun. Hierdie vermaakmagnate is meer as aktrises – hulle bestuur produksiehuise, behartig uitvoerende vervaardiging, regie, skryfwerk en laat dit na kinderspeletjies lyk. Met miljarde wat jaarliks aan vermaak bestee word, verdien hierdie vroue die groot geld, maak die meeste geraas en hou jou vasgenael voor stroomdienste, soos Showmax. ELLEN POMPEO $22 miljoen (R315 miljoen in 2019) Grey’s Anatomy (2005-nou) Ellen en haar karakter, Meredith Grey, is die rede waarom die mediese drama Grey’s Anatomy so gewild is. Ja, die skrywers, vervaardigers en al die ander het ’n groot rol gespeel in die 16 seisoene tot…

1 min.
nou op showmax

KYK OOK . . . • Omen seisoen 1, fantasie. Kettingkyk vanaf Vrydag 3 April. • Black Tax seisoen 1, komedie. Kettingkyk vanaf Dinsdag 7 April. • Noughts + Crosses seisoen 1, sci-fi. Kettingkyk vanaf Donderdag 16 April. • Hit & Miss seisoen 1, aksie. Kettingkyk vanaf April (datum van uitreiking nog onbekend). • Somizi & Mohale: The Union seisoen 1, realiteit. Kettingkyk nou. • Schalk Bezuidenhout: Snorseun And Schalkie, spesiale skerpskertskomedieprogramme. Reeds beskikbaar. • Three Identical Strangers dokkie. Reeds beskikbaar. • Our Girl seisoen 3, aksie. Kettingkyk nou. • Afskaal seisoen 1, realiteit. Kettingkyk nou. Daar is nie net ’n stormloop na nuwe bekendstellings op stroomplatforms nie, maar ook ’n paar programme wat tans slegs aanlyn uitgesaai is. • Carnival Row fantasie, seisoen 1, 2019, Amazon Prime. • Treadstone aksie, seisoen 1, 2019, Amazon Prime. • The Purge mesmoorde, seisoen 1, 2019,…