ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 6/5/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,74(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 34(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Sommige reekse laat my hoendervel uitslaan van pure lekkerkry, terwyl ander my vel laat kriewel omdat ek nie kan help om te gril nie. Ek is mal oor die nuwe Suid-Afrikaanse Survivor en kan nie wag om te sien hoe die reeks ontvou nie. Maar ek kners op my tande wanneer ek deur die kanale kyk en ’n program soos Dr. Pimple Popper: The Poppy Bowl op TV sien. Tog is die program supergewild onder ons lesers. Kan iemand asseblief vir my verduidelik hoekom? Is dit net omdat mense daarvan hou om grillerige goed te sien wat nie op hul eie lywe is nie? Ek gril sommer weer! Ns. Ek kon nie glo toe ek in die Isidingo-voorskou lees Hendrik, gespeel deur Gérard Rudolf, gaan dood nie. En dit ná al…

3 min.
onderstebo-wêreld

Die meeste kinders is bang vir monsters wat onder beddens skuil. Maar Gideonette de la Rey (Anchen du Plessis) is bang vir iets anders in die Afrikaanse fliek Meerkat Maantuig (2017, nou beskikbaar op Showmax). Sy is bang sy gaan dood. Of eerder, sy is bang sy word ’n slagoffer van die De la Rey-vloek, want almal met die naam Gideon in hul familie, sterf jonk. “Al is haar naam Gideonette, kan sy steeds nie die gevoel afskud dat die dood op haar spoor is nie,” verduidelik die skrywer en vervaardiger, Hanneke Schutte. Wanneer die tiener se predikantpa, Gideon (Drikus Volschenk), skielik sterf, nes sy pa 30 jaar voor hom, versterk dit die 13-jarige Gideonette se geloof aan die vloek in so ’n mate dat sy haarself van die wêreld onttrek…

4 min.
schalk bezuidenhout

Noem die naam Schalk Bezuidenhout en die eerste gedagte is helderkleurige truie, ’n woeste krulkop en sy kenmerkende snor. “Sonder my snor sou ek soos ’n jong tiener lyk,” skerts die 26-jarige komediant. Schalk het gou in menige kyker se hart gekruip as Danny Beyers in die komediereeks Hotel (2016-nou) en naam gemaak in die fliek Kanarie (2018) as die gay jong man Johan Niemand wat weermag toe gaan. Deesdae laat hy kykers skater in die satiriese nuusreeks, Die Ware Naarheid (2018-nou). Wat was die eerste TV-program wat jy kamma-kamma saam met jou vriende gespeel het? Mighty Morphin Power Rangers (1993-1999). Ek was die pienke. Dis nie altyd ideaal om die pienk Power Ranger te wees nie, maar iemand m en ek was nie die sterkste nie. Wie was jou eerste TV-liefling?…

3 min.
moenie mis nie

Woensdag 5 Junie BOBBY EN KARLIEN: IN JOU SKOENE Seisoen 2 VIA (*147) 20:30 Episode 5 (realiteit) Bobby hou sy lyf balletdanser wanneer hy deur sy suster Karlien uitgedaag word om vir 48 uur in die skoene van ’n beroepsballetdanser te loop. Donderdag 6 Junie HEERLIK HALAAL NUWE REEKS! Seisoen 1 VIA (*147) 17:30 Episode 1 (leefstyl) Die kosbloggers en susters Gadija en Mymoena besoek kosgeesdriftiges en help hulle om hul geregte en aanbieding te verbeter. • Lees meer op bl. 45. Vrydag 7 Junie DR. PIMPLE POPPER: THE POPPY BOWL SPESIALE PROGRAM! TLC (*135) 20:00 (realiteit) Dr. Sandra Lee gee ons drie uur van drukkende, uitsypelende TV wat tegelyk boei en walg en jou van die kassie laat wegkyk. Tog gaan dit die hartsnare roer om te sien watter verskil dermatologie in pasiënte se lewe maak. Saterdag 8 Junie RIVERDALE Seisoen 3 M-Net (*101) 20:00…

1 min.
tergende vraag!

Hoekom het hulle nie die aanbieder Ewan Strydom vervang toe hy onlangs Expresso verlaat het nie? – ANDREW, FACEBOOK Die besluit is redelik maklik vir ontbytprogramme soos Expresso (2010-nou), sê die inhoudsvervaardiger Dumisa Lengwati. “Ons het ses aanbieders gehad toe Ewan hier was. Ons het nog vyf fantastiese aanbieders in die span en die program sal met hulle voortgaan.” Omdat die aanbieders pligte deel en hul insetsels nie gespesialiseerd is nie – vir byvoorbeeld weerverslaggewing waar ’n agtergrond in weerkunde en geografie nodig sou wees – is vervanging nie noodsaaklik vir die program om voort te gaan nie. Op Carte Blanche (1988-nou), waar twee aanbieders in die ateljee is tydens uitsending, sal ’n nuwe spanlid ingebring moet word as ’n aanbieder soos Macfarlane Moleli weggaan. – Lucia, redakteur • SMS ook jou tergende vrae na…

2 min.
lekkerkyk-tv-reekse

WARRIOR (AKSIE) Seisoen 1 begin Donderdag 4 Julie op M-Net (*101) 22:10 Moet weet: Die aksiebelaaide misdaaddrama met ’n immigrasieverhaal speel in die 1870’s in San Francisco af gedurende die Tong-oorlogtydperk, toe hand-tot-hand- en byl-tot-byl-gevegte tussen Chinese bendes in die strate uitgebreek het. Dis by Cape Town Film Studios verfilm en die reeks van nege episodes is geskoei op ’n konsep waaraan die gevegskuns-superster Bruce Lee in die jare voor sy dood in 1973 gewerk het. Verbysterende gevegskunsroetines, kleurryke kostuums en visueel boeiende tonele maak die reeks die moeite werd om te kyk. IDOLS SA (REALITEIT) Seisoen 15 begin Sondag 7 Julie op Vuzu (*116) & Mzansi Magic (*161) 17:00 Moet weet: Die Idols SA 2018-wen-ner, Yanga Sobetwa, se debuut-CD, Promised Land, is verlede maand uitgereik, en dis tyd vir ’n nuwe ster. Idols SA…