ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 6/19/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,74(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 34(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Daar is deesdae so baie nuwe kykgenot op TV ’n mens kan beswaarlik byhou. En die reekse wemel van rolprentsterre. Die Oscar-bekroonde Meryl Streep is nou te sien in die tweede seisoen van die trefferreeks Big Little Lies – die eerste seisoen het my op die punt van my stoel gehou! – en Richard Gere wat vroue die wêreld oor laat swymel, is te sien as ’n skatryk magshonger mediamagnaat in die dramareeks MotherFatherSon. Gepraat van kykplesier. Drie reekse in die Chicago franchise is nou op die kassie. Chicago Fire seisoen 7, Chicago PD seisoen 6 en Chicago Med seisoen 4 word Dinsdae sommer na mekaar uitgesaai vir drie uur se kykgenot. As daar een vrou op TV is wat ek hoop liefde gaan vind is dit Beatrice van Arendsvlei. Die arme…

3 min.
fiksheidsoorlewing

Is jy verslaaf aan werklikheidsreekse waar rugstekery hand aan hand gaan met liggaamlike en geestelike uitdagings? Natuurlik is jy – dis waarmee Survivor (2000-nou) en Survivor South Africa (2006-nou) kykers lok. As jy Showmax het, kan nou jy vier seisoene stroom – Survivor SA seisoen 6 en Survivor VSA 32, 33 en 34. Maar Jeff Probst en sy Amerikaanse weergawe was nie die eerste reeks nie. Dit is eers in 2000 verfilm . . . amper ’n dekade ná Charlie Parsons die reeks in 1992 vir die Britse produksiehuis Planet 24 gemaak het. “Ek het geweet dit kan groot wees op TV, maar ek kon niemand oorreed om dit te doen nie,” het Charlie gesê, en bygevoeg die eerste weergawe, Expedition Robinson, is in 1997 in Swede verfilm. Kykers sal nie…

1 min.
bederf-brokkie

Survivor voer dalk ’n paar skelmstreke in die mou, maar wanneer die deelnemers in temperature van 40+ grade speel, is ’n mediese noodgeval ’n feit. Soos in Survivor Kaoh Rong (nou op SABC3 Maandae om 19:30): wanneer Caleb flou word en weggeneem word, is dit werklikheid. Hy het ná ’n uitdaging stilweg van die stamme weggeloop. Terwyl Jeff en die mediese span twee ander deelnemers gehelp het wat weens sonsteek flou geword het, kon Caleb skaars in die bosse beweeg. Die noodgeval was so groot net twee mense van die filmspan het met verfilming voortgegaan – die ander het alles gelos om Caleb by te staan.…

3 min.
graeme richards

Graeme Richards het omtrent al alles voor die kamera gedoen en van 2012 af groet hy kykers weekdae op die ontbytreeks Expresso (2010-nou). Die 41-jarige TV-ster het in 1996 as aanbieder by Junior TopSport begin, en in 1998 was hy die seremoniemeester vir die Mej. SA-skoonheidskompetisie. Hy het in 2003 ’n terugkerende rol gehad as Richie in Isidingo (1998-nou), maar een van sy belangrikste TV-aanstellings was in 2013 in die realiteitsdansreeks Strictly Come Dancing (2006-nou), waartydens hy sy professionele dansmentor, Lindsey Muckle, ontmoet het. Sy is die ma van hul tweejarige seun, Jack. Maar anders as so baie TV-persoonlikhede wat nie eintlik TV kyk nie, is Graeme goed ingelig oor wat op die kassie aangaan. Wat was die eerste TV-program wat jy en jou vriende kamma-kamma gespeel het? Die aksiereeks The…

3 min.
moenie mis nie

Woensdag 19 Junie LETHAL WEAPON SEISOEN BEGIN! Seisoen 3 1Magic (*103) 20:30 Episode 1 (aksie) Riggs is dood en alle oë is gerig op Murtaugh se nuwe spanmaat, Cole (Seann William Scott). Terwyl Cole en Murtaugh op die dak van ’n bewegende lorrie kruip, neem albei aan die ander een gaan agter die stuurwiel inskuif. Dit lyk asof Cole net die malletjie is wat Murtaugh nodig het. Donderdag 20 Junie HAWAII FIVE-0 SEISOEN EINDIG! Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Episode 24 (aksie) Nie eers die akteurs het geweet wat in dié plofbare slotepisode gaan gebeur nie – hulle het die draaiboek gekry met tonele wat uitgesny is! Daar is twee lokvalle en skokkende inhegtenisnemings. • Lees meer op bl. 57. Vrydag 21 Junie ROSWELL, NEW MEXICO NUWE REEKS! Seisoen 1 M-Net City (*115) 20:00 Episode 1 (sci-fi) Daar is iets snaaks aan…

1 min.
tergende vraag!

Hoekom is die Wêreldbekersokkertoernooi en Nasiebeker gewaarborg vir SABC maar nie die toernooie vir krieket en rugby nie. Is dit te duur? – TANYA, E-POS Terwyl koste ’n rol speel (die Wêreldbeker-sokkertoernooi kos miljarde, terwyl rugby en krieket aansienlik minder is), is die verspreiders en beheerliggame die grootste struikelblok, verduidelik SABC3 se publisiteitsbeampte, Doulha Domingo. Onderhandelings om die Wêreldbeker-kriekettoernooi vir die kanaal vas te maak het maande geduur, onthul Doulha. “Ons het die transaksie beklink in die week waarin die toernooi begin het.” Beheerliggame soos FIFA, die Internasionale Rugbyraad en die Internasionale Krieketraad besluit wie saai wat uit. Hulle stel dit dalk nie beskikbaar wanneer ’n kanaal soos SuperSport die regte koop nie. Daar is ook bepalings, voorwaardes en vereistes betrokke wat ’n potensiële uitsaaier dalk nie kan nakom nie (soos ’n…