ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 8/14/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,74(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 34(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Almal gons deesdae oor internet-stroomdienste. Ál meer mense wend hulle aanlyn vir kykstof – of jy nou plaaslike reekse soos Die Byl en Minki soek, of wil opvang met oorsese trefferreekse soos Stranger Things. In dié uitgawe kyk ons watter stroomdienste op jou radar moet wees (bl. 8). Die kinkels in van ons plaaslike sepies hou my tans vasgenael voor die kassie. Die polisie is op Wade se spoor in Suidooster, die vuiste klap in Getroud Met Rugby en daar’s ’n geskarrel nadat ’n lyk op die Stryders se oefenveld ontdek word. En in Arendsvlei lag die bose Wendy laaste omdat arme Beatrice in die tjoekie sit vir ’n moord wat sy nie eens gepleeg het nie. Ons was erg geskok toe ons hoor die drie beoordelaars van MasterChef Australia – George…

3 min.
resep vir ’n ramp

Megan Tucker (Diaan Lawrenson, wat tot 2016 die rol van Paula in 7de Laan, 2000-nou, gespeel het) is die toonbeeld van glansende voorstedelike perfeksie. Dis nou tot die dag dat die kaartehuis inmekaar tuimel en haar sjarmante kansvatterman Lloyd (Neels van Jaarsveld, dr. Gideon Basson in Binnelanders, 2005-nou) vir belastingbedrog in hegtenis geneem word en agter tralies beland in die tragies komiese Suid-Afrikaanse fliek Table Manners (2018, eksklusief op Showmax). Megan se lewe word op sy kop gekeer en sy verloor eensklaps haar huwelik, huis en besittings. VRIENDE IS ALS Gelukkig vir haar het Megan vriende en familie wat reg is om die stukke op te tel wanneer sy uitmekaar val. Haar lewenslange beste vriendin Lindiwe (Renate Stuurman, Sheree in seisoen 1 van die telenovela The River, 2018-nou) gee vir haar verblyf.…

3 min.
eden classens

‘Juicy Justin’ – almal se gunsteling-kelner by Oos-Wes in die sepie Suidooster (2015-nou) – weet hoe om die sjarmekrane oop te draai en die meisies se harte te laat smelt, veral as hulle daai blokkiesmaag en bultende spiere sien. Eden Classens (28), die Kaapse akteur agter dié karakter in Ruiterbosch, is trots op sy gesonde liggaam en is nie skaam om sy klere te laat waai en selfies van sy sexy lyf in die sosiale media te deel nie. Hy moedig boonop sy aanhangers aan om ook ’n gesonde leefstyl te volg. Sy spiere kom nie vanself nie. Dit verg harde werk en opoffering, vertel dié model en akteur, wat verlede jaar ook met sy danspassies op die kassie beïndruk het en as die naaswenner van die plaaslike danskompetisiereeks Dancing With The Stars…

3 min.
moenie mis nie

Woensdag 14 Augustus SIEN, SLAAP, SMAAK NUWE REEKS! Seisoen 1 VIA (*147) 17:30 Episode 1 (leefstyl) In hierdie reisprogram stel die eksentrieke paartjie en bloggers Henk en Suna Brand reispakkette vol adrenalien, avontuur en plaaslike kulinêre ervarings saam. Donderdag 15 Augustus NOOT VIR NOOT NUWE SEISOEN! Seisoen 44 SABC2 (*192) 19:00 Episode 1 (realiteit) Die gewilde musiekprogram is terug met ’n nuwe aanbieder, die formidabele Emo Adams, ’n nuwe stel en DJ Shelly wat die plate gaan speel. Die sanger Snotkop vermaak die gehoor in die eerste episode. • Lees meer op ble. 34 en 35. Vrydag 16 Augustus THE GOOD PLACE Seisoen 3 M-Net (*101) 22:00 Episode 6 (komedie) Ons steier nog oor die feit dat Donkey Doug uit Jason se legendariese Florida-stories toe al die tyd sy pa is. En dan ontmoet ons hom en verken geniale idees soos om…

1 min.
tergende vraag!

Ek hoop nie e.tv is van plan om Days Of Our Lives uit sy skedule te sny nie. Dis ’n slegte teken dat uitsendings vervroeg is. – CONRAD, FACEBOOK Moenie vrees nie . . . ten minste nie nou nie. Joe Strydom, die kanaal se bemarkingskenner en reklame-agent, verduidelik die verskuiwing van Days Of Our Lives (sien bl. 21) van sy gewone 17:15 weekdag-tydgleuf na 16:45 was “roetine”. Daar is niks sinisters oor Salem se nuwe posisie in die weekdagrooster nie. “Ons gaan beslis nie ontslae raak van Days Of Our Lives nie,” sê Joe, en voeg by: “Ons het nuwe programme op e.tv en eExtra se skedules ingesluit. Days is geskuif om die uurlange oorgeklankte telenovela Die Vreemdeling (sien op bl. 27) te akkommodeer.” Die Vreemdeling vervang die plaaslike telenovela…

4 min.
tv sonder stres

I’n Mens kan nooit te veel TV kyk of te min tyd hê om TV te kyk nie. Met die internet-stroomdiens kan jy een episode op ’n slag of ’n hele seisoen kyk. Jy kan selfs kies waar en hoe. Geen TV nie? Stroom dit na jou skootrekenaar, persoonlike rekenaar, tablet of foon. Vasgevang op ’n bus? Laai die program af van ’n diens soos Showmax (sien bl. 4) en kyk dit later. SHOWMAX Wie: Dié Suid-Afrikaanse platform is nie net ’n video-op-aanvraag-diens nie, dit vervaardig ook oorspronklike programme soos die dramareeks The Girl From St. Agnes (2019). Wat: Hope plaaslike programme, insluitende sepies en telenovelas van DStv-kanale, soos Mzansi Magic, VIA en kykNET. Showmax bevat alles van Die Byl (2016-nou) tot Elders: Japan (2019). Daar is plaaslike reekse, soos The Voice SA…