ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 8/28/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,74(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 34(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Dit voel asof jy ’n wipwarit van emosies beleef wanneer jy voor die kassie inskuif. Sommige kykstof laat jou bloed kook – dink uitstemaand op Survivor SA en superfeekse soos Wendy van Arendsvlei wat letterlik met moord wegkom! Ander laat jou moedeloos sug en kop krap oor hoekom Kupido se liefdespyle party mense net nie wil tref nie. Die geskeide ma van agt, Kate Gosselin van Kate Plus 8-faam, is immers so raadop dat sy nou haar 18-jarige tweeling, Mady en Cara, inspan om haar na liefde te help soek in haar nuwe pasmaatreeks Kate Plus Date (bl. 30). Ons vou al ons hande in afwagting saam vir die splinternuwe aanlyn blitssepie Die Testament wat op 2 September afskop (bl. 8). Dis ’n kruising tussen Dallas, Dynasty en Egoli, die episodes…

3 min.
fliekmanie

Wanneer jy klaar die dramas, komedies, realiteitsreekse en leefstylreekse, wat jou gunstelinge is, gestroom het, en jy het nog tyd vir iets anders, klik op die fliekknoppie. Daar is hope kort- en vollengte flieks. En baie van hulle is plaaslik en eksklusief. KANARIE (2018) Om gedurende die 1980’s in die Suid-Afrikaanse weermag te wees, is nie vir sissies nie, of vir enigeen wat nie verlangend na vroue staar nie, of nie agter verbygaande vroue fluit nie en in ’n kroeggeveg betrokke raak net om te wys is die sterkste, taaiste en manlikste ou nie. En dit is vir Johan Niemand ’n probleem. Hy is ’n onbeholpe 18-jarige, maar hy kom nie net van ’n stil dorpie nie, hy is ook gay en flambojant. Die komediant Schalk Bezuidenhout lyk baie anders as wat sy…

3 min.
ashish gangapersad

Ashish Gangapersad het onlangs die Hillsiders warm onder die kraag gehad en die vroue – veral die vuurvreterprokureur Lesedi (KB Motsilanyane) – laat swymel – as die moeilikheidmaker en sjarmante joernalis Kevin in 7de Laan (2000-nou, lees meer op ble. 10 en 11). Dié karakter verskil hemelsbreed van Ashish se ander karakters soos die vriendelike gay IT-spesialis Prada Naicker in Isidingo (1998-nou) wat hy van 2011 tot 2014 vertolk het. “Prada soek altyd vir die silwer randjie. Hy sal sy eie geluk prysgee om ander te help,” sê die 35-jarige Ashish. Vir hom is dit ’n geval van hoe meer werklik die storielyn, hoe beter. “Ek sal graag ’n reeks wil sien wat die lewe verken van die beskuldigdes van die Rivonia-verhoor, van hul jeug tot hul gevangenskap en stryd…

3 min.
moenie mis nie

Woensdag 28 Augustus PROJECT RUNWAY Seisoen 17 1Magic (*103) 19:00 Episode 2 (realiteit) Die modelle pryk met futuristiese modifikasies aan hul lyf wat ewe tuis sou lyk in ’n sci-fi-reeks, soos Krypton. Nie eers ’n gevreesde spanuitdaging kan die episode bederf nie. Een span lewer werk wat die asem wegslaan en van die loopplank af tot reg in ons lewens in kan stap. Donderdag 29 Augustus SAVAGE BUILDS NUWE REEKS! Seisoen 1 Discovery Channel (*121) 21:00 Episode 1 (realiteit) Wil jy sien hoe die MythBusters-ingenieur Adam Savage bo sy huis in ’n tuisgemaakte, 3D-gedrukte, koeëlvaste, Iron Man-pak van titaan sweefhang? Dis al die ophef werd. Vrydag 30 Augustus THE INBETWEEN NUWE REEKS! Seisoen 1 M-Net (*101) 21:00 Episode 1 (sci-fi) Die moordsaak waarin die heldersiende Cassie in die eerste episode betrek word, is veral ysingwekkend. ’n Ooglose lyk spoel op die…

1 min.
tergende vraag!

Ek’t agtergekom baie reekse wat op TV geadverteer word, soos The Twilight Zone op M-Net, word nie uitgesaai nie. Wat loop skeef by die kanale? – YOLANDA, E-POS Een van die grootste probleme is bande wat laat by uitsaaiers aankom, verduidelik M-Net se publisiteitspan. “Wanneer ons ’n program oorsee bestel en koop, word ooreengestem oor afleweringsdatums en ons probeer daarby hou. Ongelukkig is daar soms vertragings en ons word gedwing om die uitsending met ’n maand of twee uit te stel.” Dis nie net internasionale programme wat uitsaaiprobleme het nie. Plaaslik vervaardigde inhoud loop soms ook deur. Die tweede seisoen van die Afrikaanse realiteitsdokkiereeks Bolhuis, wat die privaatspeurder Mike Bolhuis volg terwyl hy misdade oplos, is kort voor dit einde Julie uitgesaai sou word, verwyder. Die kanaal wou geen kommentaar lewer…

3 min.
kort en kragtig

Vergeet van tot laatmiddag of saans wag vir jou daaglikse dosis sepiekykgenot. Jy sal eersdaags al om agtuur soggens kan regskuif vir hope drama wanneer Netwerk24 se eerste blitssepie Die Testament begin. Die aanlyndiens Netwerk24 het tot nou net toegang tot die nuus in Afrikaans en Afrikaanse tydskrifte en koerante gebied (teen R99 per maand). Nou spog hy met sy eie aanlyn sepie. Vanaf Maandag 2 September kan intekenare vir drie maande elke weekdag inskakel om die drama en wel en wee te volg van ’n skatryk gesin wie se patriarg skielik sterf. Die episodes is net vyf minute lank en kan op enige tyd of plek op jou slimfoon of rekenaar gekyk word. “Hier is ’n vermaaklike storie elke weekdag wat jy sommer kan kyk terwyl jy wag vir die ketel om…