ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 10/23/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,74(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 34(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Noem net die naam Brooke Logan en dit ontketen ’n stortvloed van herinneringe by Bold-aanhangers. Brooke, die ewige bruid, Brooke, die verleidster, krap-in-andervroue-se-slaai-Brooke . . . Maar noem haar wat jy wil. Kykers van The Bold And The Beautiful kan nie genoeg kry nie van dié gewilde karakter en die lief en leed van die Forrester-kliek, wat sedert 1988 weekliks in ons sitkamers gekuier het tot die sepie in Maart skielik van ons kassies af verdwyn het. Maar nou kan Bold-kykers weer breed glimlag. Dié Amerikaanse sepie is terug in Suid-Afrika – maar nie op TV nie. Hy beweeg nou in die digitale era (lees meer op bl. 18). Dié uitgawe is propvol nuwe kykstof. Ons vertel als wat jy moet weet oor Trackers, ’n TV-reeks wat op Deon Meyer se boek gegrond…

3 min.
algehele anargie

Sons Of Anarchy (2008-2014) en sy splinterreeks Mayans M.C. (2018-nou) laat wiel op die Showmax-katalogus en hul motorfietsdramas wat fokus op ’n bietjie – ten minste 30% – motorfietse en sommer hope drama, aksie, bakleiery, verraad, die erekode en alles wat jy jou kan indink oor onafgeronde motorfietsryers vol tatoes. Die oorspronklike reeks volg Jax Teller (Charlie Hunnam), ’n tweede geslag-lid van SAMCRO (Sons Of Anarchy Motorcycle Club Redwood Original) – ’n klub wat sy oorlede pa (John, vertel deur Nicholas Guest) gestig het en waarvan sy stiefpa, Clay (Ron Perlman), nou die president is. Jax ontdek sy pa se manuskrip oor SAMCRO se bestaan, wat hy gesien het dit sou word (’n misdaadbende) en, meer kommerwekkend, dat Clay en Jax se ma, Gemma (Katey Sagal), nie vertrou kan word nie. KLIM…

4 min.
james alexander

Jy ken dalk nie vir James Gracie nie, maar die naam James Alexander sal wel ’n klokkie lui: Hy het die rol van Tristan van Reenen in die M-Net-sepie The Wild (2011-2013) vertolk. Die 41-jarige akteur keer terug na ons skerms as Lemmer in die nuwe aksiereeks Trackers (lees meer op ble. 34 en 35) en onthul hy het sy naam in 2016 verander toe hy en sy aktrisevrou, Anel, na Los Angeles verhuis het. “Hier is ’n paar James Alexanders. Gracie is my ma, Elsie, se nooiensvan en nadat my agente gekyk het na my voorstel ‘James Glitterpony’, wat hulle ‘te uniek’ genoem het, het ek my ma gevra of sy sou omgee. Sy was baie opgewonde,” sê James, en voeg by: “My pa, Jim Alexander, se naam het…

3 min.
moenie mis nie

Woensdag 23 Oktober MINKI NUWE SEISOEN! Seisoen 4 VIA (*147) 20:00 Episode 1 (geselsprogram) Minki is terug met nuwe gaste en leer eerste Mnr. Suid-Afrika 2019, Heinrich Gabler, beter ken. Sy verras hom met iemand wat hom inspireer. • Lees meer op bl. 43. Donderdag 24 Oktober BROOKLYN NINE-NINE NUWE SEISOEN! Seisoen 6 1Magic (*103) 19:30 Episode 1 (komedie) Jake en Amy nooi kapt. Holt om saam met hulle aan hul wittebroodsaktiwiteite deel te neem wanneer hulle by dieselfde oord beland. Hy doen dit teësinnig. Vrydag 25 Oktober LOST CITIES WITH ALBERT LIN NUWE REEKS! Seisoen 1 National Geographic (*181) 21:00 Episode 1 (dokkie) Die ontdekkingsreisiger Albert Lin is in Acre, Israel, op soek na stories oor die verlore goud van die Knights Templar tydens die Kruistogte. Sy verkenning van klipmure en argeologie is die ware skat, danksy kundige historici. Saterdag 26 Oktober RUNAWAYS SEISOEN…

1 min.
tergende vraag!

Wat gaan aan op die kanale wat programme sonder kennis verander? Ek het ’n lokprent van Chicago P.D. gesien en dit is deur Shades Of Blue vervang. – JEAN, SMS Die e.tv-skedule het sedert begin Oktober aansienlik verander. Daar is geen kennis gegee nie vanweë die baie veranderinge, waaronder Chicago P.D. wat van sy uitsaailys verwyder is. “Ons moes op die nippertjie ’n paar verstellings doen,” verduidelik die kanaal se skakelspan. “Ons het ’n seisoen van die geselsprogram The Late Show With Stephen Colbert ontvang, wat om 23:00 uitgesaai gaan word. Dit vervang gevolglik die flieks wat gedurende die week uitgesaai word, want dié tydgleuf is meer gepas vir geselsprogramme.” Die verandering is aangebring lank nadat tvplus na die drukkers is en nadat navraag gedoen is – die verandering is by…

3 min.
hillside raak leeg

Die afgelope paar maande het drie groot sterre in 7de Laan (2000-nou) aangekondig hulle verlaat die sepie: Annelisa Weiland (Hilda), Vinette Ebrahim (Charmaine) en Theodore Jantjies (Xander). Hilda het Hillside reeds gegroet, die moederhen en Oppiekoffie-baas, Charmaine, verdwyn nog vandeesmaand van ons kassies en vroeg Januarie is dit ook die laaste sien van die prokureur Xander. En toe onlangs kom die jongste slag vir kykers: die Beleef-kelnerin Olivia (Nadia Herbst) groet ook. Nadia (24), ’n boorling van die Paarl in die Wes-Kaap, het die 7de Laan-stel al op 2 Augustus verlaat. “Daar was trane, en dit was ongelooflik moeilik om koebaai te sê, en die feit dat ek my familie nie meer elke dag gaan sien nie was vir my erg,” vertel die aktrise. Wanneer en hoe presies Olivia Hillside verlaat, wil…