ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 12/4/2019

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,74(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 34,04(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Daar is nóg goeie nuus vir DStv-intekenare! Curiosity-Stream (*185), CBS Justice (*170) en Euronews (*414) is ook nou bygevoeg. Curiosity-Stream fokus op programme soos die oorsprong van bv. kossoorte. En daar is heerlike aksie-dramas op CBS Justice, soos Cold Justice, Fame Kills en Stalker. Indien jy dink jy het nuus nodig sodat jy nie heeltemal in ’n vermaakkolk verval nie, bring Euronews jou op die hoogte van wat in die wêreld aangaan. Boonop is Euronews in al die DStvpakkette beskikbaar. Dit voel soos ’n vroeë Kersgeskenk. Nie dat ek weet wanneer ek dié kanale se kykstof ingepas gaan kry nie – daar is reeds soveel opwindende nuwe reekse wat begin, asook gewildes, soos Die Byl, wat eersdaags terug is. Hou die tydskrif dop vir meer inligting oor Projek Dina wat…

3 min.
reg en verkeerd

Die biografiese misdaaddrama Godfather Of Harlem (2019, nou op Showmax) onthul in tien episodes hoe die bende-en-dwelmbaas Ellsworth (Bumpy) Johnson (Forest Whitaker) beheer oor Harlem teruggekry het van die Genuese misdaadfamilie nadat hy weens dwelmklagte elf jaar tronkstraf in Alcatrax uitgedien het. Met sy terugkeer in die 1960’s ontdek Bumpy sy voormalige buurt is deur rasseverdrukking, korrupsie in die polisiemag, geweld en uitbuiting verwoes. Om dié storie te pak het groot druk meegebring, het Forest gesê terwyl hy in Suid-Afrika was om die program te adverteer. “Julle het die werklike Bumpy, Martin Luther King en Malcolm X hier. ’n Mens kan nie halfhartig wees wanneer jy ikone in jou storielyn het nie. Jy moet hul name eer, asook hul stories en jou eie storie,” sê die 58-jarige akteur. Hy was die…

3 min.
jawaahier petersen

Die 31-jarige Jawaahier Petersen het vanjaar ’n groot loopbaanskuif gemaak toe sy ná 12 jaar haar werk as kliniese maatskaplike werker verruil het vir dié van ’n aktrise in Suidooster (2015-nou, lees meer op bl. 10). Haar rol as Kaashifa, ’n naïewe, koekerige Moslem-vrou met ’n groot liefde vir kosmaak, het sy blitsvinnig haar eie maak en gou ’n gunstelingkarakter onder die kykers geword. Tans toor Kaashifa met heerlike kolwyntjies en gebak as medesjef in die restaurant Oos-Wes en hou die inwoners van Ruiterbosch se mae gevul. Maar is daar TV-genot wat Jawaahier gelukkig maak? Sy vertel ons meer. Wat was die eerste TV-program wat jy kamma-kamma saam met jou vriende gespeel het? Die kinderprogram Kideo (1990-1991). Ek, my sibbe, nefies en niggies het almal inspirasie van Kideo geneem wanneer ons…

3 min.
moenie mis nie

Woensdag 4 Desember SPYSKAART Seisoen 2 SABC2 (*192) 19:00 Episode 5 (leefstyl) Sjef Yolani maak heerlike swartknoffel-pasta met mosselsous as hoofgereg, en sjef Lindé leer meer oor asyn in Stellenbosch. Maar eers kry vleisliefhebbers ’n groot bederf wanneer sy een van die sappigste steaks voorberei wat ons nog op ’n TV-program gesien het. Selfs Gordon Ramsay sal sy lippe aflek. Moenie hierdie heerlike episode misloop nie. Donderdag 5 Desember MUSIEK ROULETTE Seisoen 5 SABC2 (*192) 19:00 Episode 16 (realiteit) Nádine is verbaas om te sien hoe mededingend die deelnemers raak terwyl die boerpot groei, en die sanger Arno Jordaan is eerste op die verhoog en vermaak die gehoor met sy liedjiekeurspel. Vrydag 6 Desember BEST BAKER IN AMERICA NUWE SEISOEN! Seisoen 3 Food Network (*175) 19:00 Episode 1 (realiteit) Jy gaan jou verkyk! Die tema is koninklike troukoeke en die bakkers…

1 min.
tergende vraag!

Wat gaan aan met SABC3 en Amazing Race? Ek kla nie oor die talle seisoene van Survivor nie, maar ons kan sekerlik ook ander realiteitsprogramme op Maandagaande kyk? – ROY, FACEBOOK Die voortdurende uitsendings van Survivor US (2000-nou) op Maandae gaan nog vir ’n ruk volgehou word, onthul SABC3 se publisiteitskoördineerder, Doulha Domingo. “Die huidige seisoen 33 van Survivor gaan in Januarie 2020 onmiddellik deur seisoen 34, genaamd Game Changers, gevolg word.” In dié seisoen, wat in 2017 in Amerika uitgesaai is, gaan 20 deelnemers terugkeer om nog ’n slag die groot prys te probeer wen nadat die aanbieder, Jeff Probst, hulle uitgesonder het as “van dié wat die meeste invloed gehad het tydens die program”. The Amazing Race word tans Sondae om 18:00 op M-Net uitgesaai, en dit lyk nie…

2 min.
slyp die messe

WHY WOMEN KILL (drama) Seisoen 1 begin Ma. 13 Jan. op M-Net (*101) 21:00 Moet weet: Drie vroue uit drie verskillende eras (1963, 1984 en 2019) het twee goed gemeen: Hulle woon in dieselfde huis in Pasadena, Kalifornië, en almal se huwelike is deur skandale geruk. Kirby Howell-Baptiste (Sasha in die donker komedie Barry, 2018-nou) en Ginnifer Goodwin (Snow White in die fantasiereeks Once Upon A Time, 2011-2018) blink uit in hul rolle as Taylor en Beth Ann, maar Lucy Liu (Joan in die aksiereeks Elementary, 2012-2019) is meesterlik en briljant as die sosiale vlinder Simone wat reeds twee keer geskei is en nou vir wraak lewe. GREY’S ANATOMY (drama) Seisoen 16 begin Ma. 6 Jan. op M-Net (*101) 19:00 Moet weet: Seisoen 16 van Grey’s begin met dubbel episodes en genadiglik moet…