ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 3/11/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,73(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 33,88(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Teen dié tyd weet julle reeds ek is gek oor al die Bachelor-reekse. Ek weet self nie hoekom nie. Dis totaal onnatuurlik vir ’n klomp vroue om om een man se aandag mee te ding. Boonop is hulle almal so mooi en slank dat ek spieëls vermy wanneer ek ’n episode of twee gekyk het. Tog kan ek nie ophou nie. En ek is net so verslaaf aan die huidige The Bachelor SA. Die drama onder die vroue word nou lekker warm. En Marc is vir my soveel natuurliker en gemakliker voor die kamera as verlede jaar se Bachelor, Lee Thompson. Hy het so ’n oulike manier om ’n “s” uit te spreek wat hom amper soos ’n ondeunde seun laat klink. Welgedaan, M-Net, dis regtig ’n lekker reeks. En…

2 min.
smaaklike etes

Die pad na ’n mens se hart loop deur jou maag. Kos wat met liefde (en darem ook speserye) berei is, is die perfekte manier om jou waardering vir iemand te wys. Maar as jy ’n ramp in die kombuis is, moenie dink dis ’n verlore saak nie. Bestel sommer wegneemetes en sit saam met jou geliefde aan vir smaaklike TV-kos. Hier is 'n driegang-maaltyd van die heerlikhede waarin jy jou kan verlustig. VOORGEREG JAN (2019-nou, seisoen 1 en 2) Begin plaaslik met ’n voorgereg van Jan Hendrik van der Westhuizen. Sy Franse druiwe met bloukaas en moskonfyt (seisoen 2, episode 2) is ’n smaaklike gereg en maklik om te berei met drie plaaslike bestanddele. Die geheim lê in die opdiening. Niks sê “ek het jou lief” nie soos die tyd en sorg…

3 min.
stephanie baartman

Stephanie Baartman (34) is dol oor haar karakter, Bibi, in die sepie Getroud Met Rugby (2016-nou). Dié skoonheidskenner en saloneienaar is ’n vriendin duisend en altyd bereid om ’n klant op te dollie vir ’n spesiale geleentheid. Dis net jammer haar liefdeslewe is een groot gemors. In haar onlangse verhouding het die sakeman Buys (Roderick Jaftha) handgemeen geraak en haar gemanipuleer. Stephanie sê sy wil graag hê Bibi moet liefdesgeluk vind en hopelik is dit iets wat in die toekoms sal gebeur. Intussen vertel Stephanie ons van haar TV-gewoontes. Wat was die eerste TV-program wat jy kamma-kamma saam met jou vriende gespeel het? Musiek was maar altyd my eerste liefde, en in ons huis was Noot Vir Noot (1991-nou) ’n groot gunsteling. Dit was my jonger boetie en sussie se werk…

4 min.
moenie mis nie

Woensdag 11 Maart VERGEWE MY NUWE REEKS BEGIN! Seisoen 1 VIA (*147) 19:30 Episode 1 (dokkie) In dié dokkie-reeks van 13 episodes word die slagoffers en oortreders van misdade genader om hul kant van die saak te stel. Bekende sake, asook sake wat minder deur die media gedek is, word bespreek. Die saak van Jasmin-Lee, die 4-jarige meisie wat in 2015 deur haar oom verkrag en vermoor is, is eerste in die kollig. • Lees meer op bl. 41. Donderdag 12 Maart NOUGHTS AND CROSSES NUWE REEKS BEGIN! Seisoen 1 M-Net (*101) 22:10 Episode 1 (sci-fi) Die plekke in Suid-Afrika waar dié program opgeneem word, bied kykers ’n heeltemal nuwe perspektief. Die ommeswaai van swart en wit mag lyk op die oog af eenvoudig, maar dis ’n heel ander storie wanneer jy na die wreedhede in apartheidstyl op die…

1 min.
tergende vraag!

Hoekom het M-Net Madam Secretary Donderdae tot 23:10 verskuif? Dis te laat vir kykers wat die volgende dag gaan werk en dit het nie herhalings nie. – MARI, FACEBOOK M-Net het hierdie besluit geneem om plek te maak vir twee opwindende plaaslike produksies, verduidelik sy skakelbeampte Portia Hlongwane. “The Bachelor South Africa se eerste episode vir die tweede seisoen in middel Februarie was 90 minute lank, en dit is opgevolg deur die nuwe dramareeks Still Breathing wat kort daarna by die programrooster gevoeg is.” Sy sê verder die kanaal se besluit is aangespoor deur die feit dat Madam Secretary se seisoen feitlik klaar was, wat sou beteken die laataandgleuf sou net vir twee of drie episodes geld. “M-Net het in plaaslike produksies belê en gaan in die toekoms meer van dié…

2 min.
oud, maar nog lank nie koud

Pomponmeisies skitter, want ons bloed is glitter! Dié ikoniese kreet word deur elke pompondanser van die Stryder-rugbyspan geleer, gesing en onthou – of jy deel is van die huidige rasieleiers of nie. En oudlede bly altyd deel van die familie. Wanneer die danser Mia (Louise van Greunen) ’n neerhalende aanmerking oor gewese dansers in Potties maak, besluit die voormalige pompondansers Maryke (Marijke van der Westhuizen) en Mieke (Leandie du Randt) dus om hulle ’n les te leer om die tradisies te eer. Maar dit gaan nie so maklik wees vir die twee “ouer” vroue om hul staal teen die jongeres te wys nie. UITGEDAAG OM TE DANS “Mia praat ’n klomp snert oor hoe sy nie kan glo hulle (die huidige pompons), gaan ook eendag net ou, gewese pompons wees nie,” sê Leandie.…