ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 3/25/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,73(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 33,88(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Die slim mense sê die enigste ding wat konstant is, is verandering. En die afgelope jaar het die TV-landskap so verander en ontwikkel dat die tydskrif ook gereeld by nuwe kyk- en leesbehoeftes aangepas is. Dis nou weer tyd vir ’n klein regruk en ek (en die span) is opgewonde oor die nuwe bladsye wat vanaf dié uitgawe deel is van tvplus. Navorsing wys ’n groot deel van ons lesers teken in op stroomdienste en ’n groot aantal het wel DStv. Daarom het ons besluit om meer bladsye daaraan af te staan. Moenie bekommerd wees nie, ons skeep nie die sepiestories en ander artikels af nie. Die tydskrif se formaat lyk dalk effens anders, maar al die gunstelinge is steeds daar. Laat weet my asseblief of julle die nuwe inhoud…

4 min.
die sterre in een lyn

M-Net se nuutste, plaaslike aanbod, Still Breathing, is so gemeensaam, dat die akteurs sê dit voel asof hulle hulleself speel. Die reeks se draaiboekskrywer, medevervaardiger en medester, Tiffany Barbuzano (Grace In Sober Companion, 2016), sê die idee vir die reeks het ontstaan uit haar man, Johnny Barbuzano, regisseur en medevervaardiger, se wens om hul leefwêreld te weerspieël. Die gevolg? ’n Boeiende drama oor ’n groep ou vriende wat uitmekaar gedryf het namate hulle ouer geword het, maar weer bymekaargebring word wanneer tragedie toeslaan. “Die verfilming en die skryfwerk van Still Breathing het my toegelaat om te verken wat smart is en hoe dit mense raak,” sê Tiffany. “Ek het my suster twee jaar gelede aan borskanker verloor. Die skryfwerk het my gehelp om dit te verwerk.” In Still Breathing is Tiffany se…

3 min.
dit lyk lekker

Access-intekenare het vir die heel eerste keer toegang tot Afrikaanse inhoud van die kykNET-kanale (DStv-kanale 144, 145 en 146) met die loodsing van kykNET Lekker, DStvkanaal 148, wat Maandag 9 Maart was. “kykNET Lekker is net in die DStv Access-pakket beskikbaar,” bevestig Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale. “Dit is die eerste Afrikaanse kanaal op Access – die enigste Afrikaanse kanaal in die DStv-Access-pakket.” En pleks van een van die bestaande kykNET-kanale, soos kykNET & kie, vir Access-kykers oop te stel, verduidelik Karen: “kykNET het ’n ongelooflike argief met ’n kluis vol uitsluitlik en plaaslik vervaardigde Afrikaanse inhoud. Ons het gekyk na die gewildste reekse wat oor die afgelope 20 jaar gemaak is, en het ’n verskeidenheid genres gekies om te deel.” WAT IS OP LEKKER kykNET Lekker sal iets vir die hele gesin…

4 min.
die warmkol

Die hele wêreld is paniekerig weens die Asiatiese koronavirus wat honderde mense besmet en laat sterf – en dit versprei regoor die aarde. Dis nie snaaks nie. En dis beslis nie die soort ding wat jy self kan dokter nie. Wat jy kán doen, is om jouself voor te berei vir die kieme wat jou lewend wil verslind. Gryp jou ontsmettingsmiddel, sit ’n gesigmasker op en stroom hierdie reekse by Showmax . . . MY GELYKENIS Hierdie Afrikaanse kort film van 2019 handel oor die talentvolle en ongelooflik intelligente genetikus wat alles op die spel geplaas het om kieme te stuit, want sy is heimlik self sterwend ná ’n mediese diagnose. Maar hoe meer Hilde Roodt (Charlenè Brouwer) met gene en DNS en virusse vroetel, hoe meer besef sy daar is sekere…

1 min.
kettingkyk, stroom en geniet!

INSECURE Dit is maklik om aansluiting te vind by Issa Rae se komediereeks Insecure (2016-nou). Dit is ná twee jaar uiteindelik terug. In seisoen 3 het Issa Dee (Issa Rae) beheer geneem, van slegte verhoudings ontslae geraak, haar kredietgradering verbeter, veilige verblyf en ’n werk met ’n salaris gekry. Wat kan ons nog verwag? Terwyl Issa se selfvertroue haar in dié seisoen laat opbeweeg, raak ook die mans in haar lewe, Lawrence (Jay Ellis) en eksliefie Nathan (Kendrick Sampson), meer volwasse. “Ek dink in dié seisoen beweeg ons karakters na ’n hoër vlak. Hulle betree daardie volgende fase in hul lewe waarin hulle baie van hul besluite doelbewus neem,” sê Issa. Seisoen 4 is beskikbaar op Show-max op Maandae (vanaf 30 Maart) om 22:30 nadat dit op 1Magic (*103) uitgesaai is.…

1 min.
kyk ook . . .

• The Orville seisoen 2, sci-fi. Kettingkyk op Showmax vanaf 30 Maart. • Press seisoen 1, drama. Kettingkyk op Showmax vanaf Maart. • Brooklyn Nine-Nine seisoen 6, komedie. Kettingkyk op Showmax vanaf Maart. • The Planets seisoen 1, dokkie. Kettingkyk op Showmax vanaf Maart. • Westworld seisoen 3, sci-fi. Nuwe episodes Woensdae ná uitsendings Maandae op M-Net (*101) om 22:00. • Noughts And Crosses seisoen 1, sci-fi. Nuwe episodes Donderdae ná die M-Net-uitsendings om 22:05. • Gomora seisoen 1, telenovelle. Nuwe episodes weekdae vanaf Maandag 30 Maart, ná die uitsendings op Mzansi Magic (*161) om 19:30. • I’m Sorry seisoen 1, komedie. Kettingkyk op Showmax vanaf 30 Maart. • Hackerville seisoen 1, riller. Duitse en Engelse onderskrifte. Kettingkyk op Showmax vanaf Maandag 30 Maart.…