ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 5/7/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
Meer lezen
EDITIE KOPEN
€ 1,74(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 34(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Die lewe is tans vir my so onvoorspelbaar soos ’n uitstekende spanningsreeks. Die inperking gaan in fases opgehef word en teen die tyd wat dié uitgawe afgehandel is, het ons steeds nie geweet presies hoe die pad vorentoe lyk nie. Baie produksies, plaaslik en internasionaal, word deur die pandemie geraak. In verskeie artikels (soos dié met Therese Benade wat nou in Suidooster speel, lees meer op bl. 23), vertel akteurs hoe projekte uit- of afgestel is. Ander programme, soos Survivor, se opnames het nie betyds vir uitsending by die SABC uitgekom het (lees meer op bl. 5). Dis beslis ’n moeilike tyd vir kunstenaars en my hart gaan uit na hulle! Ons is baie gelukkig en bevoorreg dat ons by tvplus steeds kan skryf oor produksies en vir julle die…

4 min.
moenie mis nie

Woensdag KILLING EVE Seisoen 1 FOX (*125) 20:45 Episode 1 (aksie) 6 Mei Die gevatte en vreemde MI5-agent Eve (Sandra Oh) is fantasties in een van die beste spioenasierillers op TV in jare. En Villanelle (lekker naam) is ’n bedrewe sluipmoordenaar, wat ’n man met ’n haarnaald kan doodmaak. Dis geen wonder Eve is behep met haar wanneer hulle hul spioenspel speel nie! HAWAII FIVE-0 NUWE SEISOEN BEGIN! Seisoen 10 M-Net (*101) 19:00 Episode 1 (aksie) 13 Mei ’n Paar bekendes sluit aan by die reeks vir die bekendstelling van sy laaste seisoen. Nyssa Al Ghul (Katrina Law) van die superheldreeks Arrow is hier om die hardekoejawels op hul knieë te dwing. Rob Morrow van die komediereeks Northern Exposure is ’n gasspeler wat ’n dodelike geheim versteek. Donderdag BETER ASSIE BURE Seisoen 3 SABC2 (*192) 19:00 Episode 11 (realiteit)…

1 min.
tergende vraag

Hou iets anders as jou gunstelingreeks jou snags wakker? Ons is hier om jou TV-probleme op te los. Hoekom het SABC3 en eExtra Survivor en Vierspel Vuurspel gekanselleer en met herhalings vervang? – GENE, FACEBOOK Die COVID-19-virus het nie net plaaslike produksieskedules met die inperking erg ontwrig nie, dit het ook die aankoms van internasionale programme beïnvloed, volgens Doulha Domingo, reklameagent van SABC3, en Joe Strydom, reklameagent van e.tv. “Ons het gehoop die opnames van Survivor (2000-nou) sou voor die inperking opdaag, maar dit het nie gebeur nie,” sê Doulha, en voeg by die kanaal gaan seisoen 36 uitsaai sodra die inperking opgehef word en internasionale pakkies deur die doeane toegelaat word. Die vertaalde telenovelle Vierspel Vuurspel (oorspronklik Içerde genoem toe dit in 2016 in Turkye uitgesaai is) is ook geraak, voeg…

1 min.
jy’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

7 min.
dítkykonsnou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Senior (in-die-oomblik-) skrywer, komma-misbruiker. Hou van: mode- en ontwerprealiteitsprogramme, die karakters is so absurd hulle is ’n spieëlbeeld van realiteit vir my. Hou nie van: waremisdaadreekse oor seksuele marteling en mishandeling nie. Dit verdonker my wêreld vir dae aaneen sonder om enigsins op te voed. Ek kyk nou: elke episode van die BA (Bon Appétit) Test Kitchen op YouTube (hulle is gemiddeld 15 tot 30 minute lank). My mening oor die reeks: Dis so ’n groot plesier om dié groep sjefs dop te hou, ek hou werklik van hul op-die-skermpersoonlikhede. Hulle leer my so geduldig die resepte wat ek eerlikwaar nooit gaan gebruik nie. Ek sal nou nie sê ek sal my lewe aflê vir sjef Claire Saffitz nie, maar ek kom sommige dae baie naby daaraan. Haar openhartigheid, vernuftigheid en…

1 min.
stroomkyk

HOLLYWOOD NETFLIX | 2020 | DRAMA | SEISOEN 1 | KETTINGKYK VANAF VR. 1 MEI Ryan Murphy (skepper van American Horror Story, 2011-nou) herskep Hollywood se goue era gedurende die 1940’s, maar kikker dit op deur mense van alle rasse, geslagte en seksuele oriëntasie vir al die rolle in te span, vanaf die draaiboekskrywers tot die vervaardigers en ateljeehoofde. Kom kyk wat Hollywood sou kon lewer in ’n meer gebalanseerde wêreld. RUN SHOWMAX | 2020 | ROMANTIESE RILLER | SEISOEN 1 | NUWE EPISODES MA. VANAF 4 MEI As jy ooit gewonder het hoe die lewe sou wees indien jy weggeloop het, is dié ’n lighartige kykie na die idee. Phoebe Waller-Bridge en Vicky Jones vertel die verhaal van twee eksliefdes, die motiveringspreker Billy (Domhnall Gleeson) en die nougetroude, verstrooide Ruby (Merritt Wever), wat saam…