ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 7/2/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
EDITIE KOPEN
€ 1,80(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,04(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Dit lyk my Kwarantyn (bl. 15) lok baie gemengde reaksie uit (nes Cas Oppie Kassie, ook op kykNET). Ek onthou nog die eerste Big Brother in Suid-Afrika – ek het soveel ek kon na die 24-uur-kanaal gestaar. Ek kon net nie genoeg kry nie. En Ferdinand, wat nou die aanbieder van Kwarantyn is, was nogal, uhm, interessant tydens die program. Met Kwarantyn staar ek weer gereeld na die kassie. Sommer terwyl niks eintlik gebeur nie – nou die dag het hulle net kos gemaak. Maar op ’n manier laat die families se doen en late my meer normaal voel. Dis seker die aantrekkingskrag van realiteits-TV. En ek moet erken ek kan nie wag om te sien watter familie wen nie! Op ’n ander noot: Ek weet wat die uiteinde is van…

4 min.
moenie mis nie

Woensdag MET ’N HUPPEL IN DIE STAP NUWE SEISOEN! Seisoen 8 kykNET (*144) 17:30 Episode 1 (leefstyl) Die voormalige nuusleser en deesdae TV-aanbieder Riaan Cruywagen gee stof tot nadenke oor tuisversorging en hoe die lewe ná 50 vir baie mense nuwe betekenis kry. Hy luister by aftreeoorde hoe die Covid-19-grendelsituasie hulle raak en hoe hulle tydens die pandemie moes aanpas. MINKI NUWE SEISOEN! Seisoen 5 VIA (*147) 19:30 Episode 1 (leefstyl) Hierdie geselsprogram word aangebied deur die geliefde voormalige model Minki van der Westhuizen. Sy nooi verskeie gaste om by haar op die program aan te sluit, soos die gewilde sangeres en voormalige aanbieder van Boer Soek ’n Vrou, Leah, wat haar inspireer. Minki verras selfs haar gaste met nóg ’n gas. Donderdag DIE BRUIDBOETIEK Seisoen 1 VIA (*147) 17:30 Episode 5 (leefstyl) Die mode-ontwerper Diaan Daniels en sy span help bruidsgroepe…

1 min.
agter die skerms

SUPERNATURAL Seisoen 15 M-Net City (*115) 20:00 Episode 1 (sci-fi) Vrydag 10 Julie Dis die begin van die einde vir Supernatural (2005-nou) wanneer die allerlaaste seisoen wegspring met die broers Sam (Jared Padalecki) en Dean (Jensen Ackles) wat weer met hul engelpel Castiel (Misha Collins) saamspan. Die seisoen begin waar seisoen 14 geëindig het met God (Rob Benedict, Jonathan Laurents in Masters Of Sex, 2013-2019) wat die hel se poorte oopgemaak en al die slegte demone op Aarde vrygelaat het. “Episode 1 is soos ’n mini-apokalips waartydens die demoonjagterbroers en Castiel bose geeste moet afweer en die lewende dooies moet hanteer,” sê die uitvoerende vervaardiger Andrew Dabb. Vanaf die eerste oomblikke is die drie in ’n konfrontasie met God, wat in ’n apokaliptiese bui is, maar nie met ’n vloed soos in die…

1 min.
jy’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

8 min.
dítkykonsnou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Senior skrywer en vermaaksentrum vir katte. Ek kyk nou: Watchmen (2019), seisoen 1, op Showmax. My mening oor die reeks: Watchmen gebruik ’n tydsprongverhaal oor superhelde om gestruktureerde rasisme en polisiegeweld in Amerika, die misbruik van mag, die marginalisasie van swart stemme en vigilante te verken. Daar is ook talle surrealistiese vertellings, spannende spesiale effekte en prikkelende karakters wat onderlangs soos ’n geestelike bom broei. My gunsteling-oomblik: Die herskepping van die ware Tulsarasoproer in 1921 in die eerste episode was net so pynlik om te kyk soos die nuus in Junie. Van daar af het die program my vermaak met wonderlik bisarre oomblikke, soos die afgetrede vigilant Ozymandias wat lewende babas snags soos visse gaan vang in episode 4. Hoekom kyk ek dit nou? Omtrent elke akteur met wie ek oor…

3 min.
stroomkyk

DAS BOOT SHOWMAX | 2018 | PERIODEDRAMA | SEISOEN 1 | KETTINGKYK VANAF WO. 1 JULIE Dié vervolg op Wolfgang Petersen se fliek Das Boot van 1981 is gegrond op Lothar-Günther Buchheim se gelyknamige boek van 1973 en sy vervolg in 1995, Die Festung. Dit handel oor die bemanning aan boord van ’n Duitse duikboot tydens WO2 en die weerstandsbeweging in die besette Frankryk wanneer woede begin oorkook toe hul lojaliteit bevraagteken word. TRIGONOMETRY SHOWMAX | 2020 | ROMANTIESE DRAMA | SEISOEN 1 | KETTINGKYK VANAF WO. 1 JULIE Die Londense paartjie Gemma (Thalissa Teixeira, Sylvie in The Musketeers, 2014-2016) en Kieran (Gary Carr, Officer Best in Death In Paradise, 2011-nou) kry ’n huismaat om die huur te help betaal. En dit lyk asof Ray (Ariane Labed, Catarina in Black Mirror, 2011-nou) in elke opsig…