ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 8/13/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
EDITIE KOPEN
€ 1,80(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,04(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Laat ek maar bieg: Die fliek Hoofmeisie (2011) laat my altyd giggel. Daar is een toneel waartydens Hannes Muller (hy speel Llewellyn Greeff) vir Annemicke Kotze (sy speel Melissa) lesse gee. Hy trek die snaaksste gesigte en sê vir haar dinge soos: “Maak soos ’n slap slak.” Ek kan nie help om te lag nie. En die gemene Susan (Melissa Massyn) wat enigiets sal doen om as hoofmeisie gekroon te word, het my net so laat skater. Ek kan dus nie wag om te sien wat Melissa in haar nuwe rol van Nesie in Getroud Met Rugby (lees meer op bl. 26) gaan doen nie. Maar ek is oortuig daarvan sy gaan vir lekker drama sorg. En hoe wonderlik is dit nie om Theodore Jantjies ook weer in ’n sepie…

4 min.
moenie mis nie

Woensdag MET ’N HUPPEL IN DIE STAP Seisoen 8 kykNET (*144) 17:30 Episode 7 (leefstyl) 12 Augustus Die aanbieder Riaan Cruywagen en veldaanbieder Lieb Bester wys daar is wel lewe in jou goue jare – jou beste jare begin ná 50. Hulle besoek families met ’n sterk familiegeskiedenis en vind inspirerende stories by dié mense. En het self ’n paar waardevolle lesse geleer. • Lees meer op bl. 43. MILES APART, MILES TOGETHER NUWE REEKS! Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Episode 1 (realiteit) 19 Augustus Dié aangrypende reeks, wat voor die inperking en reisverbod verfilm is, herenig Suid-Afrikaners wie se familielede oorsee woon. In die eerste episode, kom ’n briljante student van Amerika af huis toe vir ’n prettige besoek aan sy familie in KwaZulu-Natal. Donderdag LAAT DIE POTTE PRUT NUWE SEISOEN! Seisoen 11 VIA (*147) 20:00 Episode 1 (realiteit) 13…

1 min.
agter die skerms

BARKSKINS Seisoen 1 National Geographic (*181) 21:00 Episode 1 (periodedrama) Donderdag 13 Augustus Periodedramas wat in die koloniale tydperk in die VSA op die grens afspeel, het dikwels kleurlose puriteinse klere. Barkskins se kostumier, Anna Terrazas, wou iets lewendiger skep, maar wat steeds histories akkuraat is vir die kolonie in New France in 1690. “Ons het na talle skilderye uit die 1690’s gekyk – voor, tydens en daarna – om ’n aanvoeling te kry vir die kleur en tekstuur. Ons het nou saamgewerk met ’n kostuumhistorikus om die silhouette te bepaal en werklik die vorm van die klere van ons era te ontdek,” sê Anne. “Dis ’n tydperk dié wat beïnvloed is deur lig en kleur, dus het ek begin deur kleure te probeer vind wat elke karakter sou dra. Ons het…

1 min.
jy’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

7 min.
dítkyk ons nou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Senior skrywer, wat tydens die inperking haar dieet vermy. Ek kyk nou: Dinner At Somizi’s (2020), seisoen 1, op Showmax. ook op 1Magic (*103), Vrydae om 19:00 en op DStv Catch Up. My mening oor die reeks: Tydens die inleiding gooi Somizi glinsterstof in ’n pan. Daardie glinsterstof kom van hoe Somizi tale vermeng en sy vernuftige woordgebruik. Die verfilmingsopset vereis dat Somizi en sy gaste langs mekaar agter sy kombuiseiland staan, asof hulle in ’n skoolopvoering is, maar sy warmte en uitbundigheid laat hom desondanks met hulle aansluiting vind, want wanneer jy die deksel effens lig, is dit eintlik ’n deernisvolle program vol onderhoude met glanssterre. Ns.: Ons hoop dit is ’n ateljee en nie Somizi se huis nie, want dis die enigste deel van die program sonder…

1 min.
kyk ook

Daar is nie net ’n stormloop na nuwe uitreikings op stroomplatforms nie. Kettingkyk ook nou al dié reekse wat in hoërskole afspeel. • School Of Rock seisoen 1-2 komedie, 2016-2018, Showmax. ’n Aflosonderwyser gee musieklesse en vorm ’n rockorkes met sy leerlinge. • PEN15 seisoen 1 komedie, 2019, Showmax. Twee eienaardige bes-ties vind hul pad deur die hel van hoërskoollewe. • Glee seisoen 1-6 musiekdramedie, 2009-2015, Showmax. Wanaangepastes en gewilde kinders span saam en baklei in hul sangklub. • The Girl From St Agnes seisoen 1 misdaadriller, 2018, Showmax. ’n Moord op ’n student by ’n SA spogkosskool lê geheime bloot. • Blood & Water seisoen 1, drama, 2020, Netflix. ’n Suid-Afrikaanse meisie sluit aan by ’n privaat spogskool om te soek na haar suster, wat by geboorte gesteel is.…