ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 9/10/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
EDITIE KOPEN
€ 1,80(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,04(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Om in ’n pastorie groot te word, is beslis effens anders as om nié ’n dominee vir ’n pa te hê nie. Dit het dalk al verander, maar toe ek klein was, was die hele gemeente se oë op my en my broers en suster. En ons was maar lekker stout! Dis seker hoekom ek die fliek, Dominee Tienie, wat Sondag 20 September 14:30 op kykNET wys, so geniet het. Dit het my onmiddellik teruggevoer na my kinderdae met my pa se groot studeerkamer, die gemeentelede wat daar kom sit het, en ek wat dikwels om die hoek gestaan en afluister het (of probeer het!). Maar ek sal die fliek aanbeveel vir enigiemand om te kyk. Dis werklik hartroerend. Dominee Tienie word met deernis deur Frank Opperman vertolk en gaan…

4 min.
moenie mis nie

Woensdag OMGEE-ENGELE NUWE REEKS! Seisoen 1 VIA (*147) 18:00 Episode 1 (leefstyl) 9 September Martin Bester, aanbieder van Breakfast With Martin Bester op Jacaranda FM, help die afgelope 15 jaar mense in nood met die projek Good Morning Angels. In die nuwe reeks besoek Martin en sy mede-aanbieder, Dianne Broodryk van die wonderwerke. • Lees meer op bl. 55. FBI: MOST WANTED NUWE REEKS! Seisoen 1 M-Net (*101) 21:00 Episode 1 (aksie) 16 September Julian McMahon het sy teaterdrag in Nip/Tuck verruil vir ’n koeëlvaste FBI-baadjie as spesiale agent Jess LaCroix. Sy sending in dié FBIaksiesplinterreeks? Om die 10 mees gesoekte misdadigers op die FBI se lys een vir een vas te trek. • Lees meer op bl. 20. Donderdag TOUCHED BY AN ANGEL Seisoen 3 SABC2 (*192) 14:00 Episode 14 (drama) 10 September Die engelgids Monica word vandag tot die uiterste gedryf en…

1 min.
agter die skerms

NCIS: LA Seisoen 11 M-Net (*101) 19:00 Episode 10 (aksie) 15 September Eric Christian Olsen speel vanaand spesiale agent Marty Deeks in NCIS: LA (2009-nou), en is ook medeskrywer van die episode. Dit handel oor posttraumatiese stresversteuring wanneer die direkteur Hetty (Linda Hunt, Judge Hiller in The Practice, 1997-2004) aangeval word deur ’n voormalige rekruut (gespeel deur die SA akteur Carl Beukes, die aartsengel Gabriel in Dominion, 2014-2015). “Een ding waarin ons wou delf, was: Wat is die emosionele nasleep van ’n gewelddadige lewe?” sê Eric. “Ek het On Killing: The Psychological Cost Of Learning To Kill In War And Society (1996) deur Dave Grossman gelees. Dit verken die dilemma van soldate in WO II waartydens hulle ’n vuurwapen moes afvuur, ’n lewe neem, hoe mense nie daarvoor gemaak is nie, en hoe…

1 min.
jy ’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

7 min.
dítkykonsnou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Senior skrywer. Gemoed: “Pa het my op die maan gelos.” Ek kyk nou: The Umbrella Academy (2019-nou), seisoen 2 op Netflix. My mening oor die reeks: In seisoen 2 is die kibbelende Hargreaves-sibbe met hul supermagte in die 1960’s gestrand. Hulle word van 1960 tot 1963 geskei, enkele dae voor die sluipmoord op pres. J.F. Kennedy van die VSA. Die kostuums is in die kol, die doelwitte duidelik (herenig, keer die nuwe apokalips, gaan huis toe), die musiek is gepas en die humor is onaangetas wanneer Klaus (Robert Sheehan, Vladek, 2017 in Fortitude, 2015-2018) ’n kultus begin deur liedjies se lirieke op te sê. Maar Alison (Emmy Raver-Lampman, wat met dié rol bekendheid verwerf) se reis het die grootste impak wanneer sy by die burgerregtebeweging betrokke raak. Ons sien…

1 min.
kyk ook

Daar is nie net ’n stormloop n nuwe uitreikings op stroomplatforms nie. Kettingkyk ook die volgende programme en episodes oor ons vriende met tentakels. • Ocean Odyssey seisoen 1 (episode 1) dokkie, 2020, Amazon Prime Video. • Blue Realm seisoen 1 (episode 2) dokkie, 2017, Amazon Prime Video. • Uncaged . . . Up Close In The Wild seisoen 2 (episode 2) dokkie, 2012-2016, Amazon Prime Video. • Planet Earth seisoen 1 (episode 11) dokkie, 2006, Apple TV+. • The Blue Planet seisoen 1 (episode 2 en 5) dokkie, 2011, Apple TV+. • Blue Planet seisoen 2 (episode 2 en 9) dokkie, 2017, Apple TV+ • Nature seisoen 38 (episode 1) dokkie, 1982-nou, Apple TV+. • A Curious World seisoen 1 (episode 7) dokkie, 2015, Showmax. • Night On Earth seisoen 1 (episode 4) dokkie, 2020, Netflix.…