ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 9/24/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
EDITIE KOPEN
€ 1,80(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,04(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Nes ek dit min of meer regkry om saans die programme te kyk wat ek nie wil misloop nie (dis nou buiten wat ek deur die dag en oor naweke kyk), word nuwe reekse vrygestel. En dan moet ek van voor af probeer om alles ingepas te kry! Maar ek kla nie te veel nie, want ek is baie opgewonde om te sien hoe Ekstra Medium en Kompleks gaan wees. In my jonger dae het ek gefloreer op drama: Werk, die liefde, vriendskappe – alles was ’n wipwarit. Maar deesdae verkies ek beslis ’n "medium", soos in die storie (bl. 20) – geen drama nie, net alles gemiddeld. Maar ’n ekstra gemiddelde lewe is ook nie te versmaai nie. Die reeks klink belowend! En Kompleks (ble. 18-19) klink ietwat ingewikkeld,…

4 min.
moenie mis nie

Woensdag KNIEDIEP IN DIE WARM WATER Seisoen 1 SABC2 (*192) 19:30 Episode 12 (komedie) 23 September Wonderwaters Spa is ’n plek waar mense ontspan terwyl die personeel kop bo water probeer hou, nie altyd hul klante eerste stel nie, en meer gesteld is op hul eie doen en late. Vandag verras Swannie Darne, en Eldridge word deur ’n klant oor sy oefenklas gepaai. NCIS SEISOEN EINDIG! Seisoen 14 SABC3 (*193) 21:30 Episode 24 (aksie) 30 September Ducky en Palmer het hul hande vol met liggaamsbou – letterlik. Die verskeurde lyk van ’n SEALvlootsoldaat word op ’n rivierwal gevind en terwyl Gibbs die span na Paraguay neem vir die ondersoek, hou die twee forensiese spesialiste hul lyf dr. Frankenstein in die lykshuis. Donderdag WORLD ON FIRE NUWE REEKS! Seisoen 1 M-Net (*101) 22:30 Episode 1 (drama) 24 September Wat dié periodedrama oor die…

1 min.
agter die skerms

WORLD ON FIRE Seisoen 1 M-Net (*101) 22:30 Episode 1 (drama) Donderdag 24 September Om ’n stad in ’n ware oorlog te vernietig is doodmaklik – jy werp net ’n bom uit ’n vliegtuig! Woonstelblokke word binne sekondes ’n hopie rommel. Maar dis anders wanneer jy dit vir ’n periodedrama, soos die minireeks World On Fire van 2020, doen. Die drama is regoor Europa verfilm in plekke soos Praag, Manchester, Londen, Parys en Berlyn. Die hoofvervaardiger Peter Bowker, regisseur Adam Smith en produksie-ontwerper Paul Spriggs, sê hulle het alles in hul vermoë gedoen om dinge realisties te laat lyk, veral die Poolse stad Warskou (in episode 1), wat tydens die ware WO II verwoes is. “Ons het baie gepraat oor die uitbeelding van Warskou voor die oorlog, want dit was een van die…

1 min.
jy’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

7 min.
dítkyk ons nou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Senior skrywer. Ek het besluit my toonnaels moet uitgroei. Ek kyk nou: Die realiteitsprogram Glow Up (2019-nou), seisoen 2 op Netflix. My mening oor die reeks: Dié Britse program fokus op effek te en glansgrimering. Die beoordelaars Dominic Skinner en Val Garland kom uit die gesofistikeerde, kommersiële kant van grimering, en werklike kunstenaars bied aan die begin van elke episode ’n meestersklas aan. In dié seisoen dupliseer die deelnemers die Londense modeweekvoorkoms, en skep onder meer ’n glansvoorkoms vir Strictly Come Dancing (2004-nou) en TV-wondeffekte. Weens die tyddruk in ’n realiteitsprogram is die resultate soms aaklig. Een kunstenaar se werk in episode 2, wat glo deur die musikant wyle Jimi Hendrix geïnspireer is, het my die TV laat uitjou. My gunsteling-oomblik: Ek het ineengekrimp terwyl ek episode 5 (nagmerriegrimering) gekyk…

1 min.
kyk ook

Daar is nie net ’n stormloop na nuwe uitreikings op stroomplatforms nie. Kettingkyk ook die volgende programme oor oorloë en gevegte. • Das Boot seisoen 1 WO II-drama, 2018, Showmax. • Six seisoen 1-2 VSA SEAL-soldateoorlogdrama, 2017-2018, Showmax. • The Long Road Home seisoen 1 dokkie, VSA weermag in Irak, 2017, Showmax. • World War II In Colour seisoen 1 dokkie, 2018, Netflix. • Age Of Tanks seisoen 1 ingenieursdokkie, 2017, Netflix • Rise Of Empires: Ottoman seisoen 1 historiese dokudrama, 2020, Netflix • WW II War Diaries dokkiereeks oor die tydperk 1939-1945 tydens WO II, 2016, Amazon Prime Video. • The Fall Of Great Empires seisoen 1 dokumentêre program oor die antieke geskiedenis, 2004, Amazon Prime Video.…