ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 10/8/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
EDITIE KOPEN
€ 1,80(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,04(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Dis fantasties om te sien hoe almal planne gemaak het om te midde van die inperkings weens die Covid-19-pandemie aan te gaan met hul werk. Soos WWE wat ’n hele ThunderDome gebou het sodat kykers aanlyn kan inskakel en steeds deel van die aksie kan wees (lees meer op bl. 11). Maar ek moet erken, dis net nie vir my dieselfde om programme soos America's Got Talent te kyk waar die “gehoor” nou ook net op skerms deel van die teater is nie. Dis jammer, maar ek mis die energie van mense wat lag, hande klap en sterre toejuig. Ek kan nie wag vir regte gehore om weer deel te wees van sulke programme nie! En van die os op die jas: Ek is tans verslaaf aan Legacy. Die episodes…

4 min.
moenie mis nie

Woensdag MINKI NUWE SEISOEN! Seisoen 6 VIA (*147) 19:30 Episode 1 (geselsprogram) 7 Oktober Minki van der Westhuizen is terug met ’n nuwe seisoen. Sy nooi verskeie mense wat haar inspireer, soos die RSG-aanbieder Martelize Brink wat sedert kleintyd in ’n rolstoel gekluister is. Minki het ’n paar verrassings vir Martelize, soos ’n skoolvriendin wat by hulle aansluit. • Lees meer op bl. 15. 9-1-1 NUWE REEKS! Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Episode 1 (aksie) 14 Oktober Hoewel hy ’n held was in ’n noodgeval en sy spanmaats daardeur beïndruk het, krap die heethoofdige leerlingbrandweerman Buck sy preutse nuwe baas, kapt. Bobby Nash, om deur die LAPD-brandweerwa ná ure te “leen” vir ’n sekskapade. • Lees meer op ble. 5 en 15. Donderdag LAAT DIE POTTE PRUT Seisoen 11 VIA (*147) 20:00 Episode 9 (realiteit) 8 Oktober Sjef Marinda Engelbrecht is reg vir…

1 min.
agter die skerms

9-1-1 Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Episode 1 (aksie) Woensdag 14 Oktober Die noodpersoneel van 9-1-1 (2018-nou) – brandbestryders, polisie, paramedici – stel elke dag hul lewe in gevaar in situasies soos huisinbrake en motorongelukke. “Dié stories kom van die hoofopskrifte,” sê die skepper van die reeks, Brad Falchuk (medeskepper van American Horror Story, 2011-nou), maar die program voeg ook ’n paar bisarre storielyne by. “Om stories te vertel is maklik, maar om koel en vreemde goed te vind, is effens moeiliker,” verduidelik Brad. “Ons het die sosiale media gebruik. Sommige van die stories is nie net redding nie, of iets wat jy gewoonlik op TV sien nie, dis die goed waarna mense op YouTube soek en nie genoeg van kry nie.” In episode 1 sit ’n pasgebore baba vas in ’n afvoerpyp…

1 min.
jy ’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

7 min.
dítkykonsnou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Senior skrywer. Ek begin vanjaar vroeër met Halloween. Ek kyk nou: The Boulet Brothers Dragula (2016-nou), seisoen 2 (van 3) op Showmax. My mening oor die reeks: Fopdossery, glans en gruwel. Hoewel die reeks nie so glad afgerond is soos RuPaul’s Drag Race (RPDR, 2009-nou) nie, is sy definisie van fop-dos breër en die voorkoms meer avant garde, waartydens die deelnemers verstommend innoverende gruwelgrimeereffekte skep. Die uitdagings is op die gruweltema geskoei. Byvoorbeeld, in episode 1 moet die koninginne hul fopdosssery meng met die konsep van die Cenobites in die 1987-fliek Hellraiser (wat misvorm was volgens die manier waarop hulle geleef en gesterf het). Die straf vir verloor, is om die reeks op jou eie gruwelgeïnspireerde wyse te verlaat Glad nie vir kinders geskik nie. My gunsteling-oomblik: Dis gemeen –…

1 min.
kyk ook

Daar is nie net ’n stormloop na nuwe uitreikings op stroomplatforms nie. Kettingkyk ook die volgende programme vir Halloween, deel 1 . . . • The Walking Dead seisoen 1-10 zombie-gruwel, 2010-nou, Showmax. • Fortitude seisoen 1-3 sielkundige gruwel wat in die Noordpool afspeel, 2015-2018, Showmax. • The Purge seisoen 1-2 moordchaosriller, 2018-2019, Amazon. • 13 Nights Of Elvira grukomediefliekkommentaar, 2014, Amazon. • Lore seisoen 1-2 gru-antologie wat die werklike grondslag van monsters verken, 2017-2018, Amazon. • Ju On: Origins seisoen 1 Japannese gruvoorfliek van die The Grudgefliekreeks, 2020, Netflix. • Santa Clarita Diet seisoen 1-3 zombiekomedie, 2017-2019, Netflix. • Daybreak seisoen 1 post-apokaliptiese grukomedie, 2019, Netflix. • Dead Set seisoen 1 satiriese grukomedie, zombies val die stel van ’n realteitsproram aan, 2008, Netflix.…