ZINIO logo
ONTDEKKENBIBLIOTHEEK
Showbizz & Roddels
TV Plus Afrikaans

TV Plus Afrikaans 10/22/2020

TV Plus is aimed at dedicated viewers of the two million South Africans who spend more than 25 hours a week in front of the TV. It is typically South African and has no overseas partners or ties. It is not just another TV schedule, but provides valuable information on programmes. TV Plus caters for readers obsession, like a close friend with whom you comfortable watch your favourite soapie, share a cup of tea and chat about what can still happen. There are wonderful stories, gossip and glamour from here to Hollywood, plus everything the couch sports lover may want. There are exciting pictures, recipes, fashion, beauty, irresistible competitions and essential information for kids about their own programmes entertaining and educational.

Meer lezen
Land:
South Africa
Taal:
Afrikaans
Uitgever:
Media 24 Ltd
Verschijningsfrequentie:
Biweekly
EDITIE KOPEN
€ 1,80(Incl. btw)
ABONNEREN
€ 35,04(Incl. btw)
26 Edities

in deze editie

1 min.
van lucia

Dis tans omtrent vir my ’n gesukkel om al die TV te kyk wat ek graag wil. Daar het die afgelope ruk soveel goeie programme begin, ek sukkel om by te bly! Inconceivable (lees meer op bl. 6) is tans een van my gunstelinge. Ek neem Legacy op maar kyk dit elke oggend saam met my tweede koppie koffie – en dis net so verslawend soos die boeretroos. Ek wens dit was vyf dae per week. Ekstra Medium laat my glimlag, en Kompleks (lees meer op bl. 17), laat my na my jeug verlang. En elke keer wanneer ek met my pa gesels, vertel hy vir my van ’n Deense of ander oorsese reeks wat hy kyk en maak my dan so nuuskierig dat ek dit ook moet probeer. Nou…

4 min.
moenie mis nie

Woensdag NCIS NUWE SEISOEN! Seisoen 17 M-Net (*101) 19:30 Episode 1 (aksie) 21 Oktober Gibbs het nie genoeg tyd om te verstaan hy sien nie ’n spook nie – hy en die springlewendige agent Ziva moet hardloop voor hulle geskiet word. Eers wanneer hulle veilig is, kan hy haar uitvra waar sy die afgelope paar jaar was en waarom sy nie dood is nie. • Lees meer op ble. 5 en 16. DIE VLIEËNDE SPRINGBOKKIE Seisoen 2 SABC2 (*192) 19:30 Episode 4 (komedie) 28 Oktober Die ruimte is nie vir sissies nie, vind Pat uit wanneer haar skepping wakker word. Om die probleme te vererger word die tuig deur die ruimtepolisie voorgekeer en almal moet hul ruimtepaspoorte hernu. ’n Skok wag op Maggie wanneer die burokrasie, waarvoor sy so lief is, terugkap na haar. Donderdag WRAAK MY MOOI NUWE SEISOEN! Seisoen…

1 min.
agter die skerms

NCIS Seisoen 17 M-Net (*101) Woensdag 21 Oktober 19:30 Episode 1 (aksie) Agent Ziva David (Cote de Pablo) se terugkeer na NCIS (2003-nou) is dig gehou. Nadat sy in die laaste minute van seisoen 16 verskyn het, is nooit amptelik bevestig Cote en haar karakter sal in seisoen 17 wees nie. “Daar was twee draaiboeke,” sê die uitvoerende vervaardiger, Frank Cardea. “Een was vir die spelers en die span, waarin geskimp is Ziva is dalk ’n hallusinasie van Gibbs (Mark Harmon), en ’n draaiboek met die ware terugkeer.” Die span het tot uiterstes gegaan om die spelers te verras met die terugkeer van hul vriendin, wat die reeks in 2013 (seisoen 11) weens onverklaarde redes verlaat het. “Voor episode 1 van seisoen 17 verfilm is, het ons nie haar tonele in die draaiboek…

1 min.
jy’t geen idee nie!

By tvplus kyk ons ongelooflik baie televisie. En al hou ons dalk nie van alles nie, doen ons ons bes om elke program ’n regverdige kans te gee. Maar dis nie als werk nie. Ons raak diep verknog aan reekse. Stroomdienste laat ons toe om na hartelus te kettingkyk, en ons gunsteling-programme in te pas by al die regstreekse TV-kykery wat ons professioneel doen. Ons kan agteroor sit met ’n lekker opfrissertjie nadat ons intense dramas en rillers oor donker temas gekyk het. En soms kan ons afskakel en net ’n oomblik geniet wanneer ons kniediep in seisoen 4 van ’n reeks vol kinkels is met 40 verskillende sleutelkarakters. Hier is waarna tvplus kyk vir pret (benewens al die wonderlike Afrikaanse inhoud op kykNET en VIA) . . . TVPLUS STROOM op die volgende…

8 min.
dít kyk ons nou

Naam: Genevieve Terblanche Pos: Vervloekte senior skrywer, moenie ná middernag voer nie. Ek kyk nou: Net die eerste episodes van seisoen 1-8 van die gru-antologiereeks American Horror Story (AHS, 2011-nou) op Showmax. My mening oor die reeks: Ek is dol oor hoe die AHS-reeksskepper Ryan Murphy (Ratched, 2020, en Scream Queens, 2015-2016) programme begin. Sy eerste seisoene is gewoonlik baie goed, al is dit morsig, maar neig om daarna te ontspoor. Ek het drie minute van seisoen 1 van AHS gekyk en was vreesbevange al het ek goed geweet wat die intrige is. Maar wat was die Blair Witch Project (1999)-nonsens van Roanoke in seisoen 6? Die terugkeer van briljante akteurs om verskillende rolle in die seisoene te speel is ’n bedekte seën. Jammer vir jou indien jy nie van Evan Peters (Stan…

1 min.
kyk ook

Daar is nie net ’n stormloop na nuwe uitreikings op stroomplatforms nie. Kettingkyk ook die volgende reekse oor reeksmoordenaars waarvan jy dalk nie weet nie. • Mindhunter seisoen 1-2 FBI-misdaaddrama, 2017-nou, Netflix. • Confessions Killer seisoen 1 dokkie oor Henry Lee Lucas, 2019, Netflix. • Serial Killer Culture TV seisoen 1-2 dokkie oor werklike misdaadfanatici, 2017-nou, Amazon Prime Video. • Conversations With A Killer: The Ted Bundy Tapes dokkie, 2019, Netflix. • Extremely Wicked, Shockingly Evil And Vile ware biografiese fliekdrama oor Ted Bundy, 2019, Showmax. • YOU season 1 bekruiperdrama, 2019, Netflix. • Scream seasons 1-2 reeks oor mesmaniakke, 2015-2019, Netflix. • Perfume season 1, Duitse riller oor reeksmoordenaars, 2018, Netflix.…