VAN DIE REDAKTEUR
Al die kombuise van my jeug het 'n tafel in gehad. Of dit nou 'n groen formika-tafeltjie was of 'n houtontbythoekie, ons kinders was altyd daar aan die gesels terwyl my ma kos gemaak het. En net voor elke Desembervakansie was dit die plek waar sy haar jeugdige produksielyn in plek gehad het om die koffiekoekiedeeg te vang wat uit die deegmeultjie kom of die gemmerkoekies te rol vir die volgende kind om dit met die vurk plat te druk. Daar moes bokse vol koekies saamgaan Kaap toe vir die familie. Die kombuis was en is nog altyd vir my 'n gelukkige plek. Selfs skottelgoedwas is vir my lekker. Goeie ding ook, want ek hou nie van 'n wasbak wat vir my 'vuil kyke' gee soos in ons plakkaat op…