Van die REDAKTEUR
Kontak my by • terena@ideasfactory.co.za • instagram.com/terenaleroux Die einde van 2018 was vir my die einde van meer as net nog ’n jaar - dit was ook die einde van my huis en my daaglikse lewe deel met my seun, Anton. En ons was lank saam. So lank dat selfs die bouer langsaan vir my gesê het, ‘laat ons nou maar eerlik wees, Terena, dis hoog tyd dat jou kind uittrek’. Maar hoog tyd of nie hoog tyd nie, ’n leë nes is ’n aardige ding. (En 28 jaar is nié so oud nie!) Omdat ek nie vir ongemaklike leemtes in my hart of in my huis kans sien nie, het ek dadelik besluit om ietsie te vind om dit mee te vul. Soos om onmiddellik inspirasieborde te begin bymekaarsit vir die oormaak en…