VAN DIE REDAKTEUR
Kontak my by • terena@ideasfactory.co.za • instagram.com/terenaleroux Daar is min dinge wat die tyd so kan laat omvlieg soos ’n projek met ’n spertyd. Toe ek besluit het Januarie en Februarie is die tyd om my huis en my liggaam (in daardie volgorde) in orde te kry, het ek gedink daar’s hope tyd, maar helaas nie. Die huis het meer vertrekke as wat daar naweke in ’n maand is en net om alles wat moes uit by hul nuwe bestemmings te besorg, was op sigself ’n uitdaging. Opgee was nie ’n opsie nie. Noudat my kind sy eie nes het (bladsy 36), kon ek nie dat my leë nes afsteek nie. My huis moes eenvoudig leër! Om geliefde ou besittings af te staan aan die liefdadig-heidswinkel, hawelose mense, ’n ouetehuis of twee en die…