VAN DIE REDAKTEUR
Dit is nou twee en ’n half jaar dat ons ons eie potjie krap, soos die oumense sou sê. En daarom dat ek uitgawe vir uitgawe hierdie brief in my tuiskantoor sit en skryf. Wanneer mense my vra of dit nie ’n eensame lewe is nie, wys ek hulle altyd daarop dat ek onverstoord kan werk, dat ek met ’n kombers oor my bene kan sit sonder dat enigeen vir my kyk, en dat ek my verwarmer tot styf teen my kan trek sonder om ’n brandgevaar vir die maatskappy in te hou. Ook dat ek darem gereeld ander spanmaats sien. Maar ja, dit is nie die mees sosiale lewe nie en ek mis dit soms om sommerso oor die koffiekan idees uit te ruil en te hoor en sien wat…