VAN DIE REDAKTEUR
Wanneer laas het jy so na die klankbaan van jou lewe sit en luister dat jy soos ’n wolf vir die maan ween? Nie soseer omdat dit hartseer herinneringe oproep nie, maar bloot omdat dit jou soos ’n tydmasjien deur die fases van jou lewe neem. En sommer net omdat musiek nou maar eenmaal dinge in ’n mens loswoel. Dit was die geval toe ek musiek begin speel het om vir Hannes my lysie van vyf gunstelingliedjies aan te stuur. En dit was nie in die aand as die maan ’n mens se emosies in elk geval so ’n bietjie roer nie. Nee, sommer helder oordag op ’n Vrydagoggend, toe ek in die naam van werk die kans kry om musiek te luister wat ek in jare nie gehoor het nie. So…