VAN DIE REDAKTEUR
Om dié uitgawe bymekaar te sit was… anders. ’n Mens kan dit seker baie ander dinge noem, maar ‘anders’ som dit vir my die beste op. Ons werk al drie jaar lank uit ons huise, so daaraan is ons gewoond. En vergaderings wat van my eetkamertafel na Teams en Zoom en sommer net WhatsApp-video verskuif het, was gou nie meer ’n nuutjie nie. Maar vir ’n selfdoentydskrif wat nie kan gaan aankope doen by ’n selfdoenwinkel (eers heel toe en toe net oop vir professionele mense) of ’n lap- of wolwinkel nie, kan dinge taai raak. Ook vir ’n taalpuris wat aanmekaar die betekenis van ‘selfdoen’ wil uitwys! Daar is egter altyd ’n plan en so begin ek in my kaste rondkrap vir oorskietlap wat ek stuk vir stuk op my skerm…