VAN DIE REDAKTEUR
‘Ek was op die regte tyd op die regte plek,’ is wat ek dit gewoonlik noem. So het ek 22 jaar gelede in Kaapstad aangekom ná ’n ingewing-van-die-oomblik-besluit om my middae met my kind by die Dieretuinmeer in Johannesburg te verruil vir middae op die strand. Ek het vryskut-stileerwerk gedoen en maar min mense in my nuwe stad geken. Dit was net mooi tóé dat Woman’s Value ’n moderedakteur op vryskutbasis nodig gehad het. Wat my geplaas het waar ek moes wees toe die tydskrif ’n jaar later ’n assistentredakteur wou aanstel, wat my weer die kans gegee het om my voete te vind voordat dit ’n jaar later begin is en ’n tweetalige redakteur gevind moes word. Ses jaar later was ek terug in Johannesburg, nou as uitgewer, en gereed…