VAN DIE REDAKTEUR
Dit maak nie saak hoeveel keer ons iets oor wabi-sabi doen nie, dit praat net altyd met my hart. Imperfeksie is nou maar eenmaal net mooi perfek vir my. Vanmiddag nog praat ek met iemand wat graag foto’s vir haar boek teen die beskadigde muur in my voorportaal wil kom stileer. Ek kan eenvoudig nooit daardie water-verwoeste muur laat regmaak solank ek hier woon nie – dis ons beste foto-agtergrond nóg. Alles lyk goed teen sy verrinneweerdheid. Selfs ’n eiendomsagent wat die huis kom waardeer het, het tot my verstomming gesê sy’s mal oor my ‘fokusmuur’. Om nie te praat van die druk wat dit van ’n mens afneem as jy net so ’n bietjie kan ontspan oor die goed in jou huis en lewe wat nie juis fotoof storiegereed is…