VAN DIE REDAKTEUR
Ek en my drawwerseun sit vanoggend en gesels oor ’n koppie koffie. Ons bespreek sy tone wat nou maar eenmaal nie goed lyk met die naels wat aanmekaar uitval van die aanhoudende gestamp in die drafskoene nie. Maar dit maak nie saak nie, want dis die onafwendbare gevolg van iets wat hy regtig geniet en wat goed is vir hom. Dit laat my dadelik kyk na my hande. Ek sê gereeld vir mense ek dra nie my naels lank en geverf nie, want ek het werkershande. Hulle tik en kook en verf en boor; help my om die goed te doen wat my gelukkig maak. Ek kan boonop aan niks ergers dink as die geluid van lang naels op my rekenaar se toetsbord nie. In haar artikel oor hande op bladsy 78…