REDAKTEUR
Ons beplan net nooit meer ’n nuwe uitgawe van Idees sonder ’n bakkie Zoo-koekies op die tafel nie. Ek dink dit was Louisa wat daarmee begin het toe dit haar beurt was om gasvrou te wees vir ons tweemaandelikse dinkskrum. Almal was so kinderlik opgewonde daaroor dat dit ’n instelling geraak het. Toe Marguerite se artikel op bladsy 76 oor hoe ons kinderherinneringe ons lewe en kreatiwiteit vorm inkom, het dit dus al die regte snare gestreel met ’n gesonde skoot nostalgie, ’n paar lewenswaarhede en… Zoo-koekies. Maar nie haar óf my eie kinderlekkertes was net in soetgoed te vinde nie. Ek onthou hoe ons midwinter Sondagoggende op die kerkbank ingeryg gesit het, al drie ons dogters met dieselfde styl, maar darem eie kleur geruite poncho aan. Ek wonder nou wie besluit…