VAN DIE REDAKTEUR
KONTAK MY BY • terena@ideasfactory.co.za • instagram.com/terenaleroux Ek span nou seker die wa voor die osse, maar ek voel ek moet in hiérdie brief iets sê en nie eers volgende keer nie. Volgende keer sal ek báie sê, maar hier wil ek net noem: Toe ek vyf jaar gelede ons Nuwejaarsbrief geskryf het, was dit om julle te groet. Seker die ergste brief wat ek nog ooit moes skryf, trane in die oë en my vingers bewerig op die sleutelbord. En hier sit ek nou nog, vyf jaar se briewe later, en gesels steeds met julle, dié keer met ’n ligte hart en hand. Dankie aan almal van julle! Dalk daarom dat hierdie uitgawe vir my so ’n lekker mengsel van kreatiwiteit, positiwiteit en aandagtigheid daarin het. Soms gebeur daar net iets tussen die…