Van die REDAKTEUR
Ek is ’n lysiemaker. Eerstens omdat ek van nature ietwat deurmekaar en aandagafleibaar is en my lewe móét orden. En tweedens omdat dit my ongelooflik baie plesier verskaf om afgehandelde take af te tik. Ek is inderwaarheid een van daardie mense wat iets wat die oggend bygekom en ek toe gedoen het, by die lys sal voeg net sodat ek dit ook kan afmerk. Voor my lysies het ek elke gedagte en afspraak neergeskryf op geel plakpapiertjies wat my kantoor vol opgeplak was. Tot ek een Maandagoggend by die werk kom en ontdek my nuwe PA het elke iedere een van hulle afgetrek en weggegooi. Sy wou my verras met ’n silwerskoon, minimalistiese kantoor…Siestog, ek dink nie sy het enigeen ooit weer só probeer verras nie. Maar nou is daar ’n nuwe…