Van die REDAKTEUR
Wát is dit met Idees en die blomme?’ het iemand my eenmaal gevra. Ek het nie geweet waar om te begin antwoord nie. ‘Want ons is lief vir blomme en dis ongelooflik mooi en spesiaal en dit maak ons gelukkig. Vir ons én vir ons lesers. Want ons is almal eende van dieselfde dam wat net eenvoudig hóú van mooi goed. En as dit nog boonop pienk ook is … ’ Nou ja, dan moet julle weet hoe gelukkig ons almal was om hierdie uitgawe bymekaar te sit en om die blaaie een vir een te sien inkom en bymekaarkom. Van die Suid-Afrikaner Carolyn Gavin se voorblad-Frida uit Kanada tot Georgianna Lane se asemrowende foto’s op ons openingsblaaie. Vir háár het ons op Instagram raakgeloop toe sy foto’s uit haar boek…